SA model toegang tot Palestina geweier

Shashi Naidoo. Foto: Instagram

Die model en televisiepersoonlikheid, Shashi Naidoo, is Woensdag verbied om Palestina binne te gaan vir haar beplande besoek om haar van die ware feite van die konflik in die gebied te vergewis.

Naidoo het onderneem om dié feitebesoek af te lê nadat ʼn herrie verlede maand om haar kop losgebars het toe sy in ʼn inskrywing op sosiale media na Gasa as ʼn “sh*thole” verwys het.

BDS SA (Boycott, Divestment and Sanctions) het Woensdag in ʼn verklaring gesê Naidoo is deur Israeliese owerhede toegang tot Palestina geweier in opdrag van Aryeh Deri, Israel se minister van binnelandse sake, en Gilad Erdan, Israel se minister vir openbare sekuriteit.

“Naidoo is nou deel van ʼn groeiende lys van Suid-Afrikaners wat verhoed is om Palestina binne te gaan, onder wie aartsbiskop Desmond Tutu, min. Blade Nzimande, Isabel Phiri, die leier van die Wêreldraad vir Kerke, en vele ander Suid-Afrikaanse burgers,” lui die verklaring.

“Israel wys ook Jode weg wat krities is teenoor Israel, soos rabbi Alisa Wise van die Joodse Stemme vir Vrede. Hierdie onderdrukkende gedrag is hoe Israel Palestyne behandel wat onderwerp word aan soortgelyke maar erger vorme van beperkings en weerhouding van vele ander vryhede, soortgelyk aan hoe ons as Suid-Afrikaners destyds tydens apartheid behandel is.”

BDS SA het gesê Israel “laat net mense toe wat sy lof besing” en is nie ontvanklik vir objektiewe besoekers nie. Die beweging het gesê die land se vasbeslotenheid om inbraak te maak op mense se reg op vryheid van beweging en uitdrukking is genoeg rede vir Suid-Afrika om onmiddellik en onvoorwaardelik die Suid-Afrikaanse ambassade in Israel af te gradeer. “Daar kan geen twyfel wees dat Israel ʼn vyandige houding teenoor Suid-Afrika het nie.”

Volgens BDS SA is dit “vernederend” om te weet dat Suid-Afrika nie regse en ekstremistiese Israeli’s toegang tot die land weier nie.

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) het in reaksie op die nuus dat Naidoo toegang tot Palestina geweier is, gesê dit is jammer dat sy besluit het om die feitebesoek deur BDS te doen.

“Die BDS is gegrond op die beginsel dat Israel geboikot moet word totdat dit ophou om as Joodse staat te bestaan. Baie van die veldtogte wat die organisasie in Suid-Afrika van stapel stuur, het gelei tot blatante anti-Semitiese voorvalle.

“Uit Naidoo se mediakonferensie op 20 Junie het dit duidelik geblyk dat die doel van haar besoek nie sou gaan oor Shashi wat meer oor Palestina wou leer nie, maar meer om haar te ‘heronderrig’ om dieselfde oortuigings as BDS te handhaaf,” het die SAJBD in ʼn verklaring gesê.

“Ons hoop dat me. Naidoo die BDS sal verwerp en binnekort deur behoorlike kanale na Israel en Palestina sal terugkeer om meer te leer oor die kompleksiteit van die konflik en die werklike lyding wat deur Israeli’s en Palestyne ervaar word weens ʼn gebrek aan ʼn werkbare vredesproses.”

Maroela Media het vroeër berig Naidoo het verlede maand om verskoning gevra nadat sy in ʼn reeks inskrywings aan die debat rakende die onrus tussen Israel en Palestina deelgeneem het. Sy het na Gasa as ʼn “sh**hole” verwys en pro-Israel-stellings gemaak. Sy het ook na Gasa gekap omdat sy meen hulpbronne nie aangewend word om die land se bevolking te help nie, maar eerder “om Israel uit te wis”.

Nadat sy onder ʼn golf van kritiek deurgeloop het, het sy dié inskrywings verwyder. Sy het later gesê sy het dom opgetree om die woorde van ʼn vriend elektronies “net so te kopieer en te plak” in ʼn flou poging om “slim te lyk” op sosiale media sonder dat sy die inskrywing behoorlik gelees het.

Naidoo het sedertdien nog nie weer haar verskyning op sosiale media gemaak nie. Sy het op 21 Junie in ʼn inskrywing op Instagram gesê sy het besluit om in die lig van die gebeure “sabbatsverlof” van sosiale media “en die lewe in die algemeen” te neem. Sy het die kommentaarfunksie op haar profiel gesluit en gesê haar blad het ʼn platform vir haat, woede en konflik geword en dat sy haar nie daarmee vereenselwig nie.

“Ek belowe jou ek skram nie weg van die voorval of die gevolge daarvan nie, maar ek dink die een ding wat ons almal kan wys word uit die afgelope paar dae is dat woorde van haat net nog meer haat kweek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Gertryda ·

Ek sou ook haar toegang weier
Hul moet leer om te DINK voor hul praat
Daardie lande het in elke geval niks met haar uit te waai nie

Eish ·

Wat op dese aarde verwag julle?
n Begeleide toer?
Heeltemal korrekte optrede deur Israel.
Wie sy neus skend, skend sy aangesig.

marous ·

As jy te bitter is word jy uitgespoeg ….Israeliese gesegde

volla ·

Sy klink vir my heeltemal deurmekaar. Maak eers pro-Israeliese bewerings maar gaan toe onder die dekmantel van ‘n anti-semestiese beweging na Palestina. So deurmekaar soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartie boks.

Koos de Meyer. ·

Mooi wat wil sy daar gaan soek. Nog net weer ‘n klomp leuns as sy terug kom. Pleks daarvan dat sy haar neus uit ander lande se sake hou.

Haan ·

Israel. Ewig die slagoffer en glad nooit skuldig. Durf kritiek lewer en jy word uitgekryt as ‘anti semities’
Ek is nie pro Palestina nie, maar die skreiende onregte waarmee Israel wegkom laat mens wonder hoekom die geldmag en media nie meer daaroor te sê het nie… Hmmm

Helizna ·

Want die geldmagte en media het dieselfde base, nl. Those which May Not be Named…

KFN ·

Let well asseblief. Daar bestaan nie ‘n land soos Palestina now. Dit is Israel.

jaco ·

Die Palestyne wil ‘n eie staat hê en Israel het vir hulle die Palestinian Authority gegee. Dis nie die ideaal nie, maar dis darem beter as niks. Dan kan die ANC, wat ook ten gunste van ‘n Palestynse Staat is, mos maar wit tuislandstatus aan die Wes-Kaap gee. Dit sal nie veel anders as Palestinian Authority wees nie.

Rupert Ashford ·

Reg so Israel. BDS staan nie ‘n oplossing voor nie maar slegs vernietiging van Israel. Wonder watter groepe in die wereld sal dit voorstel en mag dalk so ‘n organisasie befonds? Follow the money…

anton ·

Goedso vir Israel.
Julle het nie mense nodig om julle in n slegte lug te probeer stel nie.
Bly julle staan by jul beginsels. Min lande kan dit sê en wil net altyd polities korrek wees.
Ook bly oor die ander Suid Afrikaners wat julle jul land verbied het.

Callie ·

As die wittes in die land net meer soos die mense van Israel was en wil wees. Hulle stuit vir niks en gee nie hulle geboorte reg weg nie. Hulle het trots en is Christene

Kryger ·

Hahaha, lag ek nou lekker.
Callie, Hoewel daar sekerlik Isrealse Christene is, is dit nou nie eintlik waarvoor die Joodse bevolking bekend staan nie…lol

Yessssssssss ·

DIT IS REG SO, EK ONDERSTEUN DIT 100%. Ons eie land is in SHAMBLES maar hulle wil in ander lande gaan inmeng. Staan op julle punt en hou die nuuskieriges uit . hulle het NIKS daar te soek nie .. van wanneer af weet ‘n model iets van Israel se politiek? Plaas dat sy die PROBLEME EN RASSISME IN SUID AFRIKA help aanspreek en help om die MOORDE op onskuldige mense … en dit te veroordeel .maar nee kom ons gaan soek moeilikheid in ANDER lande … POS HULLE!!

Bepaal jou by mooilyk.... ·

….en los die belangrike sake vir mense wat nie ander se woorde hoef te “copy en paste” om “slim te LYK” nie!

Israel het volste reg om te besluit wie in en wie uit hul land.
Hulle is nie gepla oor wat MENSE van hulle dink nie.

Casper Labuschagne ·

Nee, hier kan ‘n myl ver gesien word dat die BDS organisasie ‘n strik stel ter wille van propaganda teen Israel en daarom word toegang belet. Tipies van linkse propagandastrikke wen hulle na alle kante toe – waar sy toegang belet word of sou sy ook toegang kry ter wille van net nog meer BDS propaganda teen Israel.

Mooiskoot Israel, skop haar sommer ook dadelik uit die land uit en moet haar nooit weer toelaat nie.

HPV ·

Doen so voort Israel, julle het miljoene ondersteuners reg oor die wêreld en word respekteer, die respek wat julle verdien asook afdwing ! Destyds was ons broers in oorlog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.