Klank: SA moet beleid oor Israel hersien, vra SAIRV

Frans Cronje. Foto: Facebook

Frans Cronje. Foto: Facebook

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) sê die land behoort sy buitelandsebeleid oor Israel te hersien.

Frans Cronje, die direkteur van die instituut, meen Suid-Afrika se beleid is op die oomblik te eensydig teenoor Israel, en moet aangepas word.

Cronje sê daar moet ernstig gekyk word na ‘n beleid wat eerder fokus op konstruktiewe betrokkenheid. Hysê ook nouer bande tussen Israel en Suid-Afrika sal tot voordeel wees van al twee lande en kan self bydra tot positiewe bemiddeling in Gasa.

Die klankinsetsels is deur GROOTfm 90.5 vervaardig. Luister gerus na GROOTfm by 90.5fm. Die radiostasie bedien die groter Pretoria metropool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

G A de Lille ·

Was Israel nie betrokke by die bosoorlog in SWA nie ? Is die R4 nie gebasser op die Galil nie ? Terloops die mening in die VSA is dat Israel n bietjie te swaar word om finansieel te dra . Miskien skuld Suid Afrika hulle ? Dominee se in elk geval dat hulle is die uitverkore volk van die Bybel .Tim la Haye se dat “god will bless America if we bless Israel “

Carel ·

Mense…. wat dink almal? Moet Israel net aanvaar as die outjies vuurpyle op Israel gooi? Dink almal dit is aanvaarbaar? Ek hoor nie iemand kla as dit gebeur nie – hoe onosel kan mense wees?
Kom nou – verstaan Israel word aangeval en hy sal homself moet begin verdedig – hy kan nie nou net sy grond oorgee nie – wat die oplossing is weet ek nie maar as iemand my aanval sal ek myself verseker verdedig.

Ek hoor nou die EFF wil nou na Gaza gaan – hulle weet nie eers waaroor dit gaan nie (weet ook nie eers of hulle weet waar dit op die kaart is nie) – hulle dink hulle kan daar gaan droogmaak soos hier – hullle gaan nogal ontnugter word. Hulle moet maar hoop hulle kom nie onder skoot nie…..daai rooi hoedjies sal nogal uitstaan teen die woestyn sand….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.