Die minister van landbou het Maandag gesê indien daar nie ʼn verligting van die droogte vir boere kom nie, sal Suid-Afrika moontlik van April of Mei mielies van die Verenigde State van Amerika moet invoer.
Minister Senzeni Zokwana het tydens ʼn perskonferensie oor die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa)- handelsooreenkoms, gesê die land het slegs vier of vyf maande se mielievoorraad.
“Die land sal dalk van April of Mei af moet begin mielies invoer indien niks anders gedoen word nie,” het hy gesê.
Zokwana het gesê buiten die maatreëls om water te bespaar, moet die land nuwe boorgate installeer, nuwe voorraad opbou, vee red en die uitdaging van brande trotseer. Indien Suid-Afrika mielies moet invoer, sal kospryse verhoog.
Invoerheffings word onder Agoa op meer as 7 000 Suid-Afrikaanse produkte wat die Amerikaanse mark betree, uitgeskakel. Dit sluit tekstiel en vervaardigde items in en is ʼn program wat 39 sub-Sahara-lande bevoordeel.
Onder dié wet geniet Suid-Afrika ook belastingvrye toegang tot verskeie landbouprodukte. Die totale handel tussen Suid-Afrika en die VSA in 2015 beloop ongeveer R217 miljard.
Suid-Afrika moet Maandag invoere van Amerikaanse hoender, vark en beesvleis toelaat, anders sal die land sy belastingvrye voordele vir landbouinvoere onder Agoa verloor.
Zokwana, minister van handel en nywerheid Rob Davies, en minister van gesondheid Aaron Motsoaledi, het Maandag vergader oor Agoa-onderhandelinge. Klik hier om meer te lees.
Lees alle vorige berigte oor Agoa op Maroela Media.
Mosanto mielies gevaarlik!!
marianne, jou opmerking is ongevraagd en opruiend.
Wat op dees aarde laat jou dink dat Monsanto mielies gevaarlik is?
Invoere klink na’n oplosing maar wat van die gehalte en prys
Dit is maklik om te sê graan moet ingevoer word maar watse gehalte en prys.
Amerika het self probleme met voedselproduksie agv die droogte in Californie- hul hoof voedsel produksie gebied.
Waarom mielies invoer? Ons kan mos Post Toasties eet.
En Post Toasties word van wat gemaak….?
Hierdie droogte is vreeslik lelik.
Dee,
Post Toasties? wat jy waar kry?
Hahajaja, Mooi Dee, lekker vang jy nou n paar mense.
Obama het hom klaar vererg vir jou en Davies agbare minister. Ek stel voor julle begin rys invoer.
Ek sien net hongersnood aankom.
Rys gaan ook nie werk nie China het groot tekort daarin, dalk moet die ANC maar by hul vriend en rolmodel in Zim gaan vra vir kos.
Seer sekerlik was daar sedert 1994 ‘n klompie vet jare ook. Wat het geword van daardie oorskot? Natuurlik daar in Mugabeland! Van beplanning vir die maer jare word daar nie aan gedink. So gaan staan dus bakhand by Amerika.
Selfs ‘n bobbejaan soos EK het geweet dat dinge gaan een of ander tyd verkeerd loop.