SA moet hande vat teen ‘rassiste soos Andile Mngxitama’, sê TLU SA

Andile Mngxitama, president van die BLF. Foto: ANA.

Die opruiende haatspraak van Andile Mngxitama van Black First Land First (BLF) op 8 Desember tydens ‘n saamtrek in Potchefstroom waar hy sy volgelinge aanhits om wit mense te vermoor moet in ‘n baie ernstige lig gesien word, het Louis Meintjes, president van TLU SA, gesê.

“Suid-Afrika is tans in ‘n emosioneel onstabiele tydperk en sodanige uitsprake kan nie geduld word nie. TLU SA het ‘n klagte teen hom aanhangig gemaak en hierdie sal ʼn toets wees om te sien hoe daar teen hom opgetree gaan word. Daar word tans ʼn vlaag van plaasaanvalle en -moorde ervaar en hierdie optrede van Mngxitama kon gewis bygedra het om die situasie te vererger. In vorige gevalle waar wit mense slegs volgens die ervaring van swart mense neerhalende opmerkings gemaak het, is daar baie streng teen hulle opgetree,” het Meintjes bygevoeg.

“Daar is geen wyse hoe daar gebou kan word aan ‘n toekoms solank mense soos Mngxitama vry rondloop en hierdie soort aanhitsing pleeg nie. Hy hoort in die tronk.”

TLU SA doen ʼn beroep op die publiek gedoen om op by www.stopblf.com hul besonderhede in te vul en sodoende ʼn geoutomatiseerde e-pos aan president Cyril Ramaphosa, die minister van polisie, die nasionale kommissaris van die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag te stuur om onmiddellik teen BLF en sy leier Andile Mngxitama op te tree, te arresteer en die maksimum toelaatbare vonnis vir aanhitsing tot geweld en rassehaat op te lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Skroef ·

En die vf+, solidariteit, afriforum, afrijeug en sommer helpende hand ook skitter met hulle swye.

Jos ·

Die DA en Cope het ook al klagtes ingedien teen BLF. Net jammer die ou is nog nie toegesluit nie

1+1 ·

Ons moet die emosionele hoegrond behou. Ons kry dit op hierdie staduim goed reg. Ons sien ook die emosie agter baie van die kommentare op MM. Ons kan nie bekostig om nou kop te verloor nie.

Kasper ·

So waar is die MRK nou? Dog dit is net meestal wittes wat rasisties is en haatsprak uiter volgens hulle. Kyk baie mooi, hierdie BLF sal net mooi niks oorkom nie. Sover is ook geen woord gerep vannaf die anc oor die haatspraak nie, inteendeel hulle almal sien hierdie ou as ‘n hero, want hy se reguit hoe hulle almal voel teenoor ons blankes. Word wakker mense!

Grys ·

As hulle niks oorkom nie sal die beste wees om te vertrek vinnig, want hoe nader aan die verkiesing hoe erger die moontlikheid vir baie lewensverlies…

Vryheid ·

Dit is mense soos Andile wat maak dat daar altyd rassehaat en spanning sal wees sonder enige versoening.

danie * ·

HULLE KOM AL VIR JARE NIKS OOR NIE !! WAT GAN HULLE STOP AS PlAASMOORDE NIE EERS GESTOP KAN WORD NIE???

Nikita ·

Dankie Snowball..ook gedoen..sommer van my familie sin ook. Komaan mense stuur asb die link wyd..laat ons saamstaan..vir volk en Vaderland!

Elize ·

En as mens nie facebook het nie waar word gekla? Ek stel nie belang in facebook nie en daarom is my stem verlore

Al ·

Elize kliek net op die skakel. Jy hoef nie Facebook te hê om dit te kan doen nie.

Johannes ·

Elise, wie het enigiets gesê van Facebook? Dit is op die Internet. Jou stem is nie verlore nie.

David ·

Ek is seker die oorgrote meerderheid mense wil vrede en versoening hê. Ongelukkig is daar altyd een of twee vrot appels om almal se lewe te versuur.

Ek hoop van harte daar word ernstig teen sulke mense opgetree, anders gaan dit regtig net nog meer skade aanrig aan menseverhoudinge in ons land.

Paul ·

As radikales soos hy en Julius nie doen wat hulle nou doen nie, hoe anders gaan hulle oorleef?

Paul ·

Maar is hulle dan nie die nuwe generasie helde om na op te sien nie. DIS hoe laat dit in die dag geraak het. Kyk dan hoeveel respek net die nuwe minister van finasies vir Julius, en hulle word altee deur die MRK saggies oorgesien.

Uiltjie ·

SALAMANDER, ek sien jy praat van ” emosionele hoë grond behou”. Julle gaan mooitjies in Andile se strik in loop! Hy WIL gearresteer word! Daarna word hy opgehef tot Madiba status en dan stem die mense vir hom!

Awie Opperman ·

Al wat nodig is, is vir een onstabiele persoon om ‘n aanslag op hierdie perd se lewe te maak vir die situasie om heeltemal hand uit te ruk. Dis ook vrugbare grond vir ‘n false flag aanval. Blf se ondersteunersbasis is redelik klein, maar dit sal vir politieke gewin uitgebuit word deur die EFF, al het hulle hom “onteien”. Ek glo hy en EFF en ANC werk agter die skerms saam, daarom ook die stilswye van anc en eff.

Paul ·

En ek nog ‘n Boplaas port van der jare gelede, met ‘n “bin nr” en die ou SA vlag op die etiket. Dit het ook ‘n koevertjie wat met ‘n goue koord aan om die nek vasgemaak is. In die koevertjie is Die Stem se woorde, al vier verse.

DIT is mos nou versamelgoed.

En waar is vandag se produkte met landsvlag en volkslied, watter Landgoed is bereid om dit op hul gebottelde produkte te waag?

Wessel ·

Lee blikke maak die meeste geraas maar n vonk kan baie lewensverlies veroorsaak hy moet swaar gevonnis word

Terdoux ·

Ja daar is haatspraak teen die blankes, sommer oop en bloot; gebeur ook al hoe meer. Ons hoor Eskom is basies bankkrot, vra die regering om 100 miljard van sy skuld oor te neem; SAL en SABC gaan ‘n reddingsboei kry. EN op die ou end sal ons as belastingbetalers maar weer vir dit als moet opdok…. en ons sal maar net aanhou op webwerfe murmureer! Moet tog net nie vra dat om saam staan en iets doen nie, (bv belasting weerhou) dan skroom ons gou weg … en so sal dit maar aangaan tot ons een mooi dag opstaan, en dan het als in duie gestort…. Ek vra jou hoeveel gevaarligte moet daar dan nog flikker voor ons wat nog daardeur gaan ondergaan, sal opstaan?

Piet ·

Terdoux, ek wonder regtig altyd waar kom julle daar aan dat ek my belasting kan weerhou. Ek het dit gedoen en het aanmanings gekry en my boekhouer het my belowe dat hulle wel die balju na mens se huis toe stuur. Na ek al my opgawes ingevul het kom ek toe agter dat ek geld sou terug ontvang, maar ongelukkig het die boetes nou alles opgeslurp. My eiendom wat ook agterstallig is sal op n veiling verkoop word aan n ander eienaar met of sonder my medewete. Ja mense moet saam staan maar wat jy se moet darm sin maak. Dis net so goed jy wil he ek moet gaan oorlog maak met my 38 special. Dit is bloot nie n goeie idee nie.

Oplossing ·

Tronkstraf keer nie die 28’s se leier nie, ‘n sluipmoord sal in verdere geweld ontaard, iets van Bo sal welkom wees.

Martin ·

Maar net nog n statestiek, niks gaan hiervan kom nie, want sy velkleur is reg.

Gemaskerde Sopbeen ·

Oplossing, jy gaan lank wag vir “iets van Bo”. Jy kan nie aanjaag en verwag “iets van Bo” gaan die uitkoms van jou besluite verander nie. Die ruggraatlose Blanke Afrikaner was verantwoordelik vir die huidige toestand van die land………..en nou bly daar net twee werkbare opsies oor: Of jy pas aan by hierdie nuwe self-gemaakte “nuwe Suid Afrika”, of jy vat jou tas en gaan bly waar dit vir jou meer aanvaarbaar is.

kolla ·

Jy kan mos nog steeds die wapen opneem of het jy intussen bang geraak.

Natascha ·

Stuur hom en al die ander ook tronk toe, hul het mos nou n voorbeeld gemaak van die wittes, nou hoekom kon die mense niks oor?????
Maar lyk my rassisme is net gemik op ons uitverkorendes.

Gemaskerde Sopbeen ·

WANNEER WORD OPROEPE SOOS HIERDIE GESIEN AS ‘N AMPTELIKE OORLOGSVERKLARING SODAT EK MYSELF KAN VOORBEREI EN VERDEDIG?

Andre ·

More sopbeen,as jy nog nie begin voorberei het nie dan is jy n bietjie laat en sal moet begin spring my ou maat want die dinge is op die voorstoep

Oplossing ·

Tronkstraf keer nie die 28’s se leier nie en ‘n sluipmoord sal in verdere geweld ontaard, iets van Bo sal welkom wees.

Onwrikbare Boervrou ·

Dankie dat ons leiers minstens die keer almal reageer.
Sal my naam ook byvoeg, wetend dat dit gestuur word aan ‘n man wie onlangs plaasaanvalle ontken het. Wat is die alternatief? Ek weet nie, maar weet wel dat wanneer ons leiers ons burgery begin mobiliseer (soos die ANC,EFF,BLF met hulle lede doen) deur saam te trek en landwyd vergaderings te belê, ons wel oplossings sal vind. Tot dan, laat ons toe dat dit wat met hierdie man gebeur het, voortgaan: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/boer-82-sien-nie-kans-vir-plaas-na-aanval/

Anoniem ·

Laat reg en geregtigheid sy loop neem ! Dié leiers is arrogant en plaas hulle eie persoonlike agenda’s eerste bo nasiebou en vrede ! So gesindheid is nie volhoubaar NIE ! Tjaila tyd is naby vir sulke mense ?

Die Leeu ·

@Anoniem
Nie in hierdie land nie. Hier, word swart mense vereer vir hul openlike rassisme.

Hanna Hoekom ·

En van ons president se kant af? Hoor enige iemand iets? Net n dawerende stilte… Kan ons dit maar as n “stille goedkeuring” vertolk, Cyril? Wat n patetiese staatshoof! Niks beter as jou voorganger nie.

brens ·

Rupert is net so skuldig!! geen party of mens wat rassehaat aanvuur behoort n party te wees nie; rupert dink sy geld kan hom alles koop!! hierdie hele debakel maak my siek!!

Agnee Brens ·

Nie regtig nie, gaan kyk gerus na die opgevoede swartmense se kommentaar op Rupert se gesprek, hulle was mal daaroor en sê hy het hulle as swartmense bemagtig en weer in hulleself laat glo, so moet asb nie nou weer die skuld by Rupert gaan soek nie.

Bosvark ·

Ek mag nie die k woord se nie. Maar hulle kan haat spraak en moord aanhuts. Een van die dae is dit ons beurt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.