‘SA moet oor die doodstraf praat’

Narend Singh. Foto: IVP

Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het ʼn beroep op die regering gedoen vir ʼn nasionale debat oor die herinstelling van die doodstraf.

Narend Singh, die IVP se hoofsweep in die parlement, het gesê die party is al deur baie Suid-Afrikaners genader wat versoek die doodstraf moet weer ingestel word. “Ons mening is dat die regering minstens die kwessie in die nasionale diskoers moet plaas vir bespreking deur die land se burgers.”

Singh meen dit kan gedoen word met ʼn soortgelyke proses as wat onlangs gevolg is met die grondwetlike hersieningskommissie oor die onteiening van grond.

“Kom ons praat oor die doodstraf, kom ons praat oor harde arbeid in tronke sonder die kans van vroeë parool vir gewelddadige kontakmisdade, kom ons hou die gesprekke. Ons doen ʼn beroep op die regering om onmiddellik só ʼn nasionale proses van diskoers te fasiliteer.”

Die konstitusionele hof het in Junie 1995 beslis dat die doodstraf ongrondwetlik is en afgeskaf moet word.

Singh het gesê die IVP het al by verskeie geleenthede gesê gewelddadige misdade soos verkragting en moord is buite beheer in Suid-Afrika.

“Daar blyk geen antwoord of betekenisvolle gevolg of afskrikmiddel te wees vir die pleeg van gewelddadige kontakmisdaad in Suid-Afrika te wees nie.

“Ek kan sonder ophou voortgaan oor die verskriklike moorde wat elke dag in Suid-Afrika voorkom. Ons regstelsel- en misdaadvoorkomingsisteem faal ons. Gewone Suid-Afrikaners voel nie meer en is nie meer veilig nie.”

Talle Afrika-lande, soos Nigerië, Uganda, Soedan en Zimbabwe, pas nog die doodstraf toe. Ander internasionale lande waar die doodstraf ook geld is in China, Japan, Pakistan en Indië.

Volgens Amnestie Internasionaal was daar in 2017 minstens 993 teregstellings in 23 lande. Die meeste hiervan was in China gevolg deur Iran, Saoedi-Arabië, Irak en Pakistan.

In China word die meeste mense tereggestel, maar die presiese syfers is egter nie bekend nie aangesien die inligting as ʼn staatsgeheim geklassifiseer word. Buiten vir China het 84% van alle teregstellings in die vier lande hierbo genoem plaasgevind.

Amnestie Internasionaal het gesê 1 634 mense is in 2015 reg oor die wêreld tereggestel, die meeste sedert 1989. Volgens die organisasie is minstens 2 591 mense in 2017 in 53 lande die doodstraf opgelê. Minstens 21 000 het teen einde 2017 op teregstelling gewag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Casper ·

Dit sal nie werk nie. Die mense word dood geskiet en hulle gee nie om nie. Dit gaan net meer regs kostes wees.

Jana ·

Die toepassing van die doodstraf gaan baie eensydig toegepas word.

B ·

Todat dit as ‘n instrument teen minderhede gebruik word?

(Want van die ANC en hul Regsbank verwag ek enige iets)

Eish ·

Dit is my vrees ook. Gedagtig aan die wyse waarop die land bestuur word, kan dit n baie gevaarlike oefening word.

Ruiklont ·

Alleenlik indien moord en verkragting 100% bewys kan word

Blommie ·

Nee wat dit sal nooooit ooooooit realiseer nie. Jy word gevang omrede jy moord pleeg dan laat hulle jou gaan op BORGTOG hangende jou saak. Dis belaglik man, veral as hulle MEER as genoeg bewyse het dat jy dit gedoen het of jy ERKEN het jy he dit gedoen… Nee ons laat jou gaan solank jy nie n VLUG risiko is nie. De hel met JY IS N MOORDENAAR en die kanse is 99% daar dat jy dit weer sal doen.

JSO ·

Mense gaan vir jare tronk toe oor ‘n sekere woord wat geuiter was. Al die K-woord cowboys sal nou die doodstraf kry,

GP ·

Sal goeie besprekings punt wees. Begin deur ernstige misdaad swaarder te straf, al is dit nognie doodstraf nie. Langer tydperke tronk straf, geen vroee parool nie.

Privaat tronke moet hersien word, sover ek weet is dit amper soos hotelle. Maak lewe in die tronke swaarder sodat dit afskrik middle kan word.

Andre ·

Die Eerste wereld dele het die doodstraf meestal afgeskaf. Dit is plekke waar die Polisie nog doelgerig is in hul ondersoeke. Dink voordat julle besluit dit is reg vir Suid Afrika met totaal onbevoegde personeel in sekere dele van die land. Verskoning aan die wat nog trots in hul werk het. Dit gaan geen verskil aan statistiek van ernstige misdaad maak nie. Kyk na die statistiek van arrestasies en skuldig bevindings aan ernsige misdade. Plaas bevoegde personeel in ondersoek eenhede en gee hul die nodige hulpmiddels, moet nie die kar voor die perde inspan nie. Politisie moet eerder kyk om die konflikte wat hulle veroorsaak uit die weg te ruim voordat hulle uitsprake het oor die doodstraf.

Johanna Botha ·

Kyk bv na Botswana ….het die doodstraf en daar is byna geen moorde …..SA het dit noe en 52 moorde van onskuldige mense per DAG!

Veritas ·

So bek moet jêm kry . gevangenisstraf is gladnie meer die afskrikmiddel wat dit was nie. Onlangs met ‘n oukêrel gepraat wat toendertyd in Sonderwater gevangenis was vir huisbraak. Hy sê dit was net die regte medisyne vir hom anders sou hy seker later gehang het. Sedert sy ontslag loop hy ‘n nuwe paadjie en het sy lewe heeltemal verander. Hy is vandag ‘n gerespekteerde lid van die kleurlinggemeenskap aan die Oosrand en werk met die jeug. Volgens hom, is die beste ding wat ooit met hom gebeur het, die herinnering aan die tyd toe ‘ hardepad’ nog gegeld het.

Wimpi ·

Hul sal nie dit terug bring te veel van hul broers gaan dit dan moet kry.

marco polo ·

Eerste stap gaan wees dat terdoodveroordeeldes die bevolkingsamestelling moet weerspieel. Pasop waarvoor julle wens, met n polisiemag en regstelsel wat toenemend anti wit is

christa ·

die ANC sal nooit toestem tot die doodstraf nie, wie gaan dan oorbly om vir hulle te stem

Talie ·

Ek stem saam Christa. En sal baie eensydig toegepas word. As sekeres net skeefkyk gaan hulle boet met hulle lewens.

Colleen ·

Goeie idee. Ek het lanklaas so ‘n goeie voorstel gesien in die media.

Gerhard ·

Pasop vir BEE en AA toepassing van daardie straf. Ek dink baie sal jammer wees as dit wet word.

Jennifer ·

Dit sal absoluut die beste ding ooit wees. Die een wat die daad wil pleeg sal 2 keer dink voor dat hy moor of verkrag. Verseker sal die misdaad syfer aansienlik daal.

Afrikaanse Knaap ·

Ek stem IVP NOU.
Dis ‘n baie beter debat as eiendom.

Debbie ·

Ek verstaan die redenasie daaragter, MAAR, en GROOT maar, glo ek nie ons kan n duidelik onbevoegte, korrupte en rassistiese regering met die doodstraf vertrou nie – hul sal dit eenvoudig misbruik en verder rasseverhoudinge afbreek. Ons kan dit NIE tans brkostig. Ek stel voor hul kyk eerder na swaar arbeid gedurende tronkstraf ASOOK n poging om die meestal vrot polisiemag op te knap

Edd ·

Voor dat jy op die waantjie spring moet jy eers mooi dink oor wie maak die wette. Nou nou word jy gehang in meer as die figuurlike sin daarvan vir jou opienies. Die heidige regering het klaar meer as genoeg krag om te misbruik.

Sê maar net ·

Wat gaan gebeur…sou ‘n inbreker jou lewe bedreig…en…jy skiet hom dood…gaan jy die doodstraf kry…

Nonnie ·

Wanneer mense hulself weer mag beskerm tydens aanvalle by hul huise en nie as skuldige aan misdaad inhegtenis geneem word nie, sal die aanvallers verseker klaar 2 keer dink voor hul die misdade wil pleeg. Maar omdat jy eers moet wag dat ta binne jou huis is en jou lewe in gevaar is is ons hande afgekap om jouself en jou geliefdes te beskerm want skiet nou net eerste op die skelm word jy aangekla. Hul het baie meer regte…

Staak ·

Hierdie is, bitter soet!
Die NP het die doodstraf opgehef maar die groot meerderheid van die land se bevolking ondersteun dit.
Sal die gebruik van die K-woord die deur oopmaak om dit te verklaar as geweldsmisdaad strafbaar met die dood.
Dit is n baie goeie voorstel maar ek voorsien dat baie blankes verkeerdelik tot die dood veroordeel sal word.

Spike ·

Dit bly die beste afskrik middel, maar jy kannie die anc regering daarmee vertrou nie, aangesien hulle nie rasionele mense is nie.

Marinda ·

Een van die beste besluite ooit. Dalk kom ons land dan reg.

Netso ·

Suid Afrika kan nie eers die wet toepas nie! Hoeveel sit nie in die tronk vir ernstige misdaad nie! Nee, nee en weer nee hierdie “lat” gee ek nie vir iemand is SA om mee rond le loop en onbevoegtheid op alle vlakke om mee te slaan nie!

GM ·

Ek wens dikwels die doodstraf kon opgelê word vir moordenaars en verkragters. Glo ek dit kan werk in S.A.? Beslis nie!
Kyk na die dubbele standaarde wat huidiglik toegepas word. Wie dink julle gaan aan die kortste ent trek? Be careful what you wish for nè?

Gerhard ·

Die probleem hier is dat, soos enige wet, sal dit met dubbele standaarde toegepas sal word. Moordenaars wat boere vermoor sal nog steeds wegkom. Skiet die boer iemand op sy plaas sal hy amper verseker die doodstraf kry.

Cherokee ·

Daar is gewoonlik ‘n massa koorsingers vir die doodstraf. Dit is somtyds die enigste wat gesê word in eenwoord-kommentare. Nou dat die IVP wil hê dit moet oorweeg word, het die deuntjie heeltemal verander. Nou sing die deuntjie weer van blankes wat die slagoffers sal wees en daai tipe snert. Behalwe vir die enkelinge wat by hul standpunt hou. Jul ander se wysie is vals. Net soos wanneer julle konserwatisme bepleit maar DA stem.

Lerato ·

In vergelyking met Botswana waar die doodstraf geld, is die moordsyfer ‘n fraksie van die DAAGLIKSE moorde in Suid Afrika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.