SA moet wegbeweeg van ‘rasklassifikasie’

(Foto: pixabay)

Die organisasie Sakeliga het mondelinge voorleggings gedoen aan die portefeuljekomitee oor indiensneming en arbeid oor die voorgestelde wysigingswetsontwerp op billike indiensneming.

Die wetsontwerp magtig die minister van arbeid om rassedemografiese teikens vir indiensneming aan individuele ondernemings voor te skryf wat op elke werksplek en op elke beroepsvlak in werking gestel moet word, terwyl daar terselfdertyd met boetes of die weerhouding van nakomingsertifikate gedreig word as dit nie gedoen word nie.

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sê daar is drie onderliggende probleme met die wetsontwerp: die tydsberekening van die bekendstelling daarvan, die uitwerking van die visie daarvan en dat rasseklassifikasie iets is waarvan Suid-Afrika moet wegbeweeg en nie moet benadruk nie.

“Die wetsontwerp beoog ʼn toekoms waar elke organisasie, op elke werksplek, op elke beroepsvlak en in al sy spanne, die rassedemografie van die land, die provinsie of die sektor weerspieël, wat die minister ook al kies.

“Enige afwyking van hierdie standaard word deur die wetsontwerp as ʼn oortreding beskou en is onderhewig aan regstelling deur die staat deur middel van die oplegging van boetes of erger,” sê Le Roux.

Hy sê die probleem hiermee is dat dit slegs bereik kan word deur werksgeleenthede vir sommige mense in die gebiede waar hulle oorverteenwoordig is, te beperk en dat daar dan van hulle vereis kan word om werk in ander dele van die land te soek waar daardie rassekategorie onderverteenwoordig is.

“Dit sou ʼn nuwe soort migrerende arbeidstelsel beteken met ʼn nadelige uitwerking op die stabiliteit en lewenskragtigheid van konkrete gemeenskappe in alle rassegroepe waaruit lede sou moes emigreer om aan die visie van die wetsontwerp te voldoen. Ons praat van miljoene mense uit alle rassegroepe wat moet verhuis as die wetsontwerp ooit dit bereik waarna dit streef.”

Le Roux sê sulke planne word nie maklik ʼn werklikheid nie.

Hy sê die wetsontwerp neem ook nie in ag dat die vaardigheidspoel waaruit werkgewers kan kies nie die rassedemografie van die land weerspieël nie. “Die manier om dit op te los is nie om die verskeidenheid te ignoreer nie, maar om jou te verbind tot die volgehoue opvoedings- en opleidingspogings waardeur hierdie verskeidenheid oor tyd inkrementeel kan en sal verander of reeds verander het.”

Volgens Sakeliga is dit nou – met swak ekonomiese groei weens die Covid-19-pandemie en die inperkingstyd – boonop ʼn uiters slegte tyd om verdere rompslomp in werking te stel.

Le Roux sê rassekwotas is ongrondwetlik en onversoenbaar met die waardes van nierassigheid in die Grondwet en grondwetlike bedoelings. Hy sê die Grondwet verwys net na breë demografiese verteenwoordiging in die openbare sektor, maar verwys nie na die private sektor nie. Hy sê dit is ook nie dieselfde as eng rasseverteenwoordiging nie.

Martin van Staden, ʼn regsgenoot by Sakeliga, sê die wetsontwerp stel die minister in staat om self reëls te maak, dat dit ʼn onaanvaarbare wye ministeriële diskresie verleen en dat daar óf geen impakstudie op die wetsontwerp gedoen is nie, óf dat een gedoen is en nie gepubliseer is nie.

Hy sê die wetsontwerp bemagtig die minister om die kriteria voor te skryf waaraan hyself moet voldoen wanneer hy ekonomiese sektore identifiseer waarvoor rasverteenwoordigende teikens gestel word.

“Ons kan nie dat mense die reëls opstel wat hulle self moet nakom nie. Die parlement moet die kriteria in die wetgewing opstel,” sê Van Staden.

Hy sê ook sonder dat ʼn impakstudie gepubliseer is, beskou Sakeliga die wetgewende proses as onvolledig en buite werking. Hy sê só ʼn studie moet gedoen en bekend gestel word en dat die openbare deelnameproses weer opnuut moet begin.

Van Staden sê sonder dat die parlement vertroud is met die waarskynlike gevolge van die wetsontwerp, kan dit die groei- en indiensnemingsvooruitsigte van Suid-Afrika ondermyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Danie ·

Rassisme en rassehaat sal altyd deel wees van Suid Afrika want die regering blaas dit aan. Die swart mense tree rassisties op teenoor die wittes en die wittes teen die swartes. Dit sal nooit uitgewis word nie. Die swartes haat ons wittes vir die apartheid en nou haat ons weer die swartes omdat ons ons besighede en werk moet afstaan aan hulle. Jy hoor dit heeldag en aldag.

Roggeveld ·

Dis ‘n foutiewe haat deur swartes teenoor blankes, want apartheid het aan hulle ongekende geleenthede en ontwikkeling gebring (selfs ‘n verlinkse Zille het dit per ongeluk genoem!) wat hulle andersins nooit sou gehad nie. Hier sou net etniese volksoorloe (soos wat op groot skaal gebeur het) tussen die swart volke wees indien oom Jan nie hier geland het nie.

Alet ·

Dit is so en ek sien dit in die jeug van vandag. My seun is 16 en vra my vrae wat ek nie kan antwoord nie en daai vra krap onder sy vel. En ek is jammer hy is nie blind nie maak nie saak hoe ek probeer doekies omdraai nie

Pieter ·

Ek haat niemand. Wat my wel laat kook is as iemand bv:
1. Sakke vol geld maak sonder om te perform. as jy goeie werk doen, kry dan goeie betaling… Net ‘n handjie vol BOU aan SA, die res stroop net.
2. As ander se probleme sommer my skuld is…
3. Alles wat holrug gery word en almal wat altyd gespoonfeed moet word.
4. 20 kinders saam 15 mans. Of 20 kinders saam 15 vrouens en niemand sorg vir niemand.
5. iets soos om arrogant te wees teen ander.
6. Om iemand te sien sukkel langs die pad, maar om nie te stop en te help nie want mens is nie seker of dit veillig is nie.
7. As die buffel daar bo sy werk nie reg doen nie, dan betaal ons almal want die geld eenheid is dieselfde.
8. Die ou dae vs nou het net weereens bewys watter waardes ons wou behou en beskerm…
9. kyk maar as jy in die verkeer ry. Dis nie net rasisme nie, daar word nie eers vir mekaar tyd, plek of respek gemaak / gegee nie. wat nou nog vir ‘n ander ras…

Pieter ·

Jy kan nie vra dat ‘n party wat gestig en bou op die term “struggle” nou hulself moet verander nie. Dit sal verewig en altyd ‘n “struggle” / rasse ding bly want dit is die haat wat die fondasie van dit is en sal bly… Dit is hulle gryntjie van die bestaan…
Without struggle there is no future…
They will always aim to be equal but you cannot be equal in everything…
Iemand sal altyd verloor as jy kyk na ander mense. Jy self besluit en dit kan nie met force op ander gedwing word nie…
Iemand moet asblikke vol maak en iemand moet dit leeg maak…

Althes ·

Mense moet opgevoed word swangerskappe te beplan.
Ons sit met ñ sekere gedeelte oorbevolking van ñ ras en dis onmoontlik om vir al daardie mense werk te verskaf.
Dit is tyd dat daar self verantwoordelikheid geneem word vir hul armoede en ophou ander rasse straf.

ouMo ·

Dis n wereldwye verskynsel, aangeblaas om uitkoms gebaseerde gelykmatigheid te probeer bewerkstellig… marxisme en kommunisme is sy suiwerste vorm.

Pieter ·

as dit rassisties is om die regte dinge in die lewe te wil he en doen, dan moet dit maar so wees…
as jy die hele tyd die poliese bel sonder om ‘n probleem te raporteer, dan sal hulle eendag in jou nood nie die foon antwoord nie… So sal Rassisme ook eendag betekenis en waarde verloor want niemand weet werklik meer wat dit beteken nie…

JM ·

Althes, ek stem 100% saam met jou. Dit is ‘n begrip wat nie wil deurdring nie.

Jakes ·

Wat n klomp snert wat weer deur die ANC uitgedink is. Hulle idees om wit mense aan bande te le is lagwekkend. Feit is dat witmense n bedreiging inhou vir hul vooruitgang . Die ANC is onbevoeg om n land te regeer en sal altyd so wees.

Wakkerslaper ·

Die anc terroriste regime is bloot besig om sy aanvanklik doelwit te bereik – die uitwissing van die Afrikaner-Boerevolk. Hoe lank gaan ons nog droom? Wanneer gaan ons begin erken dat ons as volk uitverkoop was en dat verraad teen ons gepleeg was? Hoe lank gaan ons nog “onderhandel” met terroriste?

Johan ·

Ek dink ons weet dit vriend…maar wat moet ons doen, die oormag is op ons voorstoep. Hul vat wat hul wil hê en daar is maar min wat ons kan doen, nie niks nie, maar min.

Werner ·

Sakeliga probeer n derde wereld oplos met eerste wereldse oplossings sal nooit werk nie.Dink hulle het ook tred verloor met die werklikheid.Die anargie en wetteloosheid eskaleer met rasseskrede , kyk na hoe wetstoepassers lieg om hulle ras te verontskuldig.Blankes doelbewus toesluit omdat hulle blank is, dan is daar nie meer salf te smeer nie sakeliga.

Blikkies ·

Dit strek al lankal na die Sosialistiese manier van massa beheer toe. Eendag gaan ons hoor ons mag net rooi onderbroeke dra op Maandae, groenes op Dinsdae en swartes op Woensdae….

Spook ·

SA het voorheen ‘n sosiale ingenieurswese eksperiment (apartheid) probeer, wat nie gewerk het nie. Nou wil die regering weer so’n eksperiment (RA/SEB) probeer, wat net so rampspoedig sal wees as die vorige een. Leer niemand ooit iets uit die geskiedenis nie?

Fedup ·

Unfortunately racism gets blown out of proportion; thanx to “world leaders”, governments and the media.
These people thrive on conflict.
There is no hope, unless all of us, no matter your race, stand together and draw that line.
Something can not be taken from one and given to another on a whim.
It’s just not done.
I see the same things happen in america that’s happening here.
A trend that someone started for no reason at all.

Outspoken ·

Hoe gaan mense weg beweeg van iets wat elke dag voor jou gesig gegooi word? Jy kry nie werk nie want ons soek eintlik iemand vir ons B.E.E status in die maatskappy. Jy as boer kry nie hulp gedurende die Covid-19 pandemie nie want slegs swart opkomende boere kry grants.
Maak nie saak hoe ons nuwe generasie probeer om dinge wat in die verlede gebeur het met apartheid reg te stel nie, daar hang altyd hierdie haat op ons volk al was ons nie eens betrokke met apartheid nie. So lank as wat die regering hierdie duidelike rasse skeiding aanblaas gaan daar nooit iets soos rasse gelykheid en vrede wees in Suid Afrika nie.
Nie-blanke mense haat blanke mense as gevolg van apartheid, blankes haat nie-blankes as gevolg van die onregverdigheid wat tans toegepas word in Suid Afrika om te probeer gelykheid skep oor dinge wat Apartheid jare terug veroorsaak het.

Erika ·

BEE sal altyd met ons wees terwyl Regering bestaan
Dit is Blatante Bevordering van een rasgroep ten koste van minority…groep
Dit is verkeerd want mense word nie gekies op meriete integriteit en ondervinding nie ongeag ras nie .Korrupsie het die Nuwe sport van Suid Afrika geword .
En Jy moet nie Ferm beginselvas wees nie dan is jy onpopuler by sekere mense met dubble standaarde.
Daar is twee groepe mense Die wat by hulle beginsel hou ongeag .. en dan kry jy mense wat ‘ eerder sal Saamspeel saam met die res ten koste van beginsels ( al is dit verkeerd)
Om werklik n verskil te maak moet Jy staan vir vir geregtigheid ongeag ras (it musnt be just one sided..

Charles ·

Op hierdie stadium is ek lus om in Kanada op ń gevriesde meer in een van daai klein huisies met die kaggel te sit en visvang en Sarie Marais te sing.

Vrijburger ·

“Smelting” – vernoem na die heerlike vissies waarvan ons emmersvol gevang het op die Kennebeck rivier, Ek kan dit aanbeveel. En raai wat, jy is veilig en niemand breek by jou kar in terwyl jy visvang nie.

Johan ·

Eks so gatvol v SA, maar wat moet ons maak, kindertjies Engels grootmaak? Besigheid toemaak en allmal wat daar werk aan hul eie lot oorlaat…ek weet nie meer nie? Is daar plek vir nog n Boertjie in daai hut van jou?

Jaco ·

Waarom nou sukkel met nog ‘n simpel wet? Deporteer eenvoudig al die wit mense wat so ongelykheid skep. Joe Biden en sy Demokrate met hulle mooi oop “human rights” georiënteerde immigrasiebeleid regeer mos nou Amerika. Ek wonder net, dít kan mos ook tot SA se onderdrukte wit mense se voordeel wes: ramaphosa kan al SA se “rassistiese” wit mense wat so “erg ongelykheid” in SA skep, mos na die “oop” Amerika deporteer. Dit sal ook mos nou mooi wys hoe Biden se “human rights” werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.