‘SA moet Zuma respekteer,’ sê Swazi-koning

jacob-zuma

Pres. Jacob Zuma. Foto: Governmentza/Flickr

Pres. Jacob Zuma en koning Mswati van Swaziland was Vrydag vol lof vir mekaar by die Swazi-hoof se 48ste verjaardagviering.

Die wedersydse bewondering het begin toe Mswati Zuma se politieke opponente gekap het omdat hulle Zuma nie respek betoon nie. “Vir Swazi’s is dit baie ontstellend as ʼn leier onderbreek word wanneer hy sy staatsrede lewer. Ons was baie ongelukkig oor wat gebeur het gedurende pres. Zuma se afgelope staatsrede,” het hy gesê.

“Die staatsrede kan nie deur almal gelewer word nie, net deur die een wat in die leierskapsposisie staan. Ons verwag dat die leier ondersteun word in hierdie taak.”

Tydens Zuma se laaste twee staatredes het opposisiepartye, hoofsaaklik die EFF, uit die parlement gestap. Persone wat uitgestap het, het gesê hulle doen dit uit protes teen Zuma se “kriminele” misbruik van staatsgeld om sy private woning in Nkandla op te gradeer. In Swaziland is georganiseerde politieke opposisie teen koninklike heerskappy sedert 1973 verbied.

“Ons het gehoor daar is ʼn voortslepende hofsaak in Suid-Afrika, maar die president het om verskoning gevra vir enige foute wat dalk gemaak is,” het Mswati gesê.

Mswati het 15 vroue en volgens ʼn onlangse berig deur National Geographic woon hy in 13 paleise. Die koste van die geboue en instandhouding van die koninklike wonings is by die nasionale begroting ingesluit.

Zuma het geglimlag terwyl Mswati hom geloof het en sy kop instemmend geknik toe Mswati Zuma se politieke opponente oor die kole haal. Toe Zuma ná Mswati ʼn toespraak lewer, het hy gesê hy sal Mswati se boodskap terugneem na Suid-Afrika. “Jy het aangedui dat om vrede te bewerkstellig, ʼn mens respek moet toon. Dankie vir jou wyse woorde en ek hoop die hele Suid-Afrika het geluister en het jou goed gehoor. Ek hoop hulle neem jou advies ter harte,” het hy gesê.

Die amptelike rede vir Zuma se besoek was om veranderinge te bespreek in die Suider-Afrikaanse doeane-unie wat bestaan uit Swaziland, Suid-Afrika, Botswana, Lesotho en Namibië. Zuma het Botswana en Namibië reeds besoek om die veranderinge met dié lande se leiers te bespreek en het vandeesweek gesê dat hy ʼn besoek aan Lesotho sal reël.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

WasProudlySouthAfrican ·

Wat kan ‘n mens nog sê oor die absolute sirkus waarin die “nuwe demokratiese bestel ” ‘n eens trotse en gerespekteerde land verander het? Het die sogenaamde nuutgevonde demokrasie tot voordeel van die volk uitgewerk? Is die “vooraf benadeeldes” beter af? Nee, nee en nee!

Eddy ·

Natuurlik,SA betaal mos die rekeninge vir jou.Respek word verdien en nie net geeis nie. Betelen nie omdat jy n amp vir besondere korupsie gekry het almal moet jou skielik respelteer nie. INTEENTEEL!

Hannelie ·

Wat? Ek respek vir Zuma? Pleks hy gaan eerder Zwaziland toe na sy goeie vriend Mswati ons is oor hom.

Japie ·

Swaziland, dis mos die landjie in Afrika wat heelbo staan op die lys van minste korrupsie, waar die burgers almal tevrede is met die koningshuis en hulle is leiers op die gebied van ….., sorry, verkeerde land.

ANDRÉ ·

Ag, ou Mswati besef nog nie dat respek is iets wat VERDIEN moet word.

Joann ·

Birds of the same feathers flock together. Zuma kan nie respek spel nie,hy is te arogant en sy geletterheid speel ook n rol,kani spel nie

My bydrae ·

Respek word nie outomaties verkry nie. Dit word verdien deur met integriteit op te tree. Wat se respek verdien iemand wat deur korrupte optrede homself, sy familie en vriende ten koste van sy land en landsburgers verryk deur tender manpulasie? Wat se respek cerdien iemand wat leuens versprei en geweld aanhits deur haatspraak? Laat zuma dan maar gerus permanent in Swaziland, Dubai of Iran gaan bly en vir hulle ‘n finansiële las word.

Blinde Sjambok ·

…hau …seker waarom ‘koning’ Moresweati aangedring het dat “respek” en “korrupsie” na een woord in Swazi verander word …om enige verwarring betreffende die 2 betenisse by sy kiesers omtrent hom te elimineer…

Xa ·

Gaan kyk bietjie wat het die sogenaamde leier met sy hotel op Waterval Onder gedoen. Net die murasies bly oor van n eens mooi hotel. So ook reageer die vaal ou sy land.

Ben Prinsloo. ·

Mswati ek het goeie raad vir jou: MYOB. Dit staan vir Mind Your Own Business. Ons het nie jou kommentaar gevra nie. Bewys ons almal n guns en maak aan ons pres n “joboffer” wat hy nie kan weier nie. Sterkte vir julle 2.

Frederik ·

15 Vrouens?? Ek kon nog nooit insien dat ‘n man vir meer as een vrou lief kan wees nie. Lyk maar vir my na ‘n liefdelose kultuur.
Het Swaziland nou al die R 3miljard lening aan SA terugbetaal?

Koos ·

Nou toe nou hulle vegadering het seker oor watter een van sy paleise kan Zuma kry Groot genoeg om AL die vroue te akkomodeer. Vools van enerse vere

Oom Kalahari ·

Dit is ‘n lagwekkende boodskap om oor te dra na Suid-Afrikaners Mnr Mswati. Hierdie Land is ‘n veel party demokratiese republiek waar die landsburgers die reg het om hulself uit te mag spreek teenoor hierdie tipe van vergrypings, onderduimsheid, korrupsie, vertrapping, uitbuiting, lieg en bedrieg en kwade uitsprake van ‘n Lands leier. Respek en integriteit gaan hand aan hand, maar ontbreek by sommige leiers. Jul twee leiers is van dieselfde Nessie waar mag en rykdom die belangriker is as die menslike faktor van landsburgers. Skuif Nkandla oor na Swaziland vir gesamentlike gesins boerderye.

Magda ·

Twee aaklige narre…soort soek soort en vind aanklank by mekaar…woorde ontbreek!!!

AmY ·

Meeste het reeds gesê wat ek ook wou sê: Respek moet verdien word.

Jef ·

Ek kan maar een ding se hulle staan almal saam en deur saam te staan bereik hulle meer en kry alles reg soos hulle dit wil he.
Ons blankes daarenteen staan gewoonweg nie saam nie ons kla, ons bekritiseer mekaar en ons se vir mekaar wat ons moet doen vir n moontlike beter lewe in SA maar niemand onderneem die eerste stap nie.
Waar is die eendrag maak mag mentaliteit van ons mense en ja vroee jare het ons dit met n paplepel ingekry maar die paplepel het vergoed verdwyn.

christine ·

Die een is gek Hy is die grootste las vir ons land. Beteken niks. Dink aan sy eie sak en wed julle sy geld is op en staan alweer bakhand vir nog n lening wat die parra nooit terugbetaal nie. Sy gerespekteerde vriend Zuma sal hom nog in die rug steek soos hy met baie ander al gedoen het want albei ewe kernosel. Teerders wat bloed uit klippe tap.

Sally ·

13 vroue en word by staatsbegroting ingesluit????????…..geen wonder helfde van sy mense moet werk in SA kom soek nie want daai klein arm landjie se tax gaan net vir die ou en sy vrouens.
Gelukkig hou ons ou zuma dop dat hy moet betaal vir sy bedrog…..!!!

Xa ·

Ergste is dat die stupid ANC stemmers gladnie enigiets hier we fout sien nie. SA se massas het ongelukkig nie die intelligensie om demokrasie te laat werk nie, maar oorgenoeg om n diktator te bly aanbid.

Elizabeth ·

Ewe kortsigtig en onnosel. Maar sy brood is gebotter en te hel met die res.

Griki ·

Vir Suid-Afrikaners is dit baie onstellend dat hulle “leier” ‘n korrupte dief en bedrieër is. Ons is baie ongelukkig daaroor en sal so ‘n persoon NOOIT respekteer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.