SA musikant sterf: ‘Ons het ʼn pionier verloor’

Robbie Malinga (Foto: ANA/Twitter)

Robbie Malinga, ʼn legendariese kwaito-musikant van Suid-Afrika, is Maandag in die ouderdom van 47 dood.

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het dié nuus op sosiale media bevestig.

“Ons harte is gebreek oor die nuus van die legendariese kwaito en afropop-musikant, Robbie Malinga, se ontydige dood,” het Mthethwa geskryf. “Ons [Suid-Afrika] het ʼn kwaito-pionier verloor wat die weg gebaan het vir toekomstige kunstenaars van die nuwe generasie. Ons innige simpatie aan sy geliefdes.”

Besonderhede rondom Malinga se dood is nie onmiddellik bekend gemaak nie. Hy is egter volgens berigte vreedsaam by sy huis oorlede.

Malinga is in Junie vanjaar gehospitaliseer weens bloedarmoede. Dit is egter nie duidelik of sy dood verband hou daarmee nie.

Fikile Mbalula, minister van polisie, het die ontslape musikant as ʼn “legende” beskryf en gesê sy dood is ʼn “groot verlies vir die Suid-Afrikaanse musiekbedryf”.

“Suid-Afrika is armer sonder Robbie Malinga. Sy talent was ʼn geskenk wat hy met ons almal gedeel het. Ons opregte meegevoel aan sy familie, vriende en mede-musikante saam met wie hy gewerk het. Ons deel ook in julle verlies,” het hy geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieter ·

Hulle moet die naam in die stukkie berig sit sodat ek nie die hele berig onnodig oop maak nie

ESS ·

Vir almal se swak kommentaar hier bo – gee jul medelye of bly stil. Hy het ook nooit van julle gehoor nie, so wat maak dit saak? Tensy enigeen van jul na Kwaito musiek luister sal jul hom mos nie ken of van hom gehoor het nie. Partykeer dink ek ons Afrikaanse mense is so eensydig…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.