SA neem ‘goeienuus’-boodskap na WEF

Pres. Cyril Ramaphosa by ‘n sakeontbyt in aanloop tot die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF)-kongres volgende week (16 Januarie 2019). Foto: Verskaf/ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika Maandag verlaat om verskeie internasionale geleenthede by te woon, insluitend die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) in Davos, Switserland.

Volgens die presidensie sal Ramaphosa se eerste besoek vandag aan Genève wees in sy hoedanigheid as medevoorsitter van die Internasionale Arbeidsorganisasie se Wêreldwye Kommissie oor die toekoms van werk.

Daarna sal Ramaphosa na Davos reis vir die WEF om Suid-Afrika se kernboodskap daar oor te dra. Dié kernboodskap, aldus die Suid-Afrikaanse afvaardiging wat die WEF bywoon, is dat Suid-Afrika se gediversifiseerde ekonomie ʼn grondslag bied vir voortgesette groei en opbrengs op beleggingskapitaal.

Ramaphosa het verlede week by ʼn sakeontbyt gesê die besoek aan die WEF sal Suid-Afrika toelaat om te bou op die sukses van die Presidentsbeleggingskonferensie in Oktober verlede jaar toe R290 miljard vir toekomstige beleggings ingesamel is. “Ons gaan Davos toe om met potensiële beleggers te praat,” het die president gesê.

“Ons ding mee teen ander ontluikende markte waar ʼn oase van beleggingsgeleenthede vir internasionale beleggers is en dit is waar ons deur beleggers gesien wil word.”

Die verklaring deur die Davos-afvaardiging het ʼn rooskleurige prentjie van Suid-Afrika geskets as die voorkeurbeleggingsbestemming in Afrika en ʼn belangrike poort vir markte en ander sakegeleenthede reg oor die vasteland.

Die verklaring noem dat die Suid-Afrikaanse ekonomie oor die jare toenemend gediversifiseerd geword het en “sodoende sektorale konsentrasierisiko’s, veral in mynbou, verminder het”.

Span SA, onder die onderleierskap van Tito Mboweni, minister van finansies, sal fokus op die vyf top-sektore in die land: naamlik finansies en sakedienste; algemene regeringsdienste; handel, spyseniering en akkommodasiedienste; vervaardiging, vervoer en berging asook kommunikasiedienste.

Suid-Afrika gaan die afgelope paar jaar gebuk onder sukkelende ekonomiese toestande, maar die Suid-Afrikaanse afvaardiging sal by die WEF fokus op die onlangse hupstoot in ekonomiese groei en die feit dat die land na verwagting in ʼn verhoogde groeitrajek inbeweeg.

Ramaphosa word deur ʼn uitgebreide afvaardiging vergesel wat benewens Mboweni ook insluit Lindiwe Sisulu (minister van internasionale betrekkinge en samewerking), Rob Davies (minister van handel en nywerheid), Pravin Gordhan (minister van openbare ondernemings), Ebrahim Patel (minister van ekonomiese ontwikkeling), Stella Ndabeni-Abrahams (minister van kommunikasie), Aaron Motsoaledi (minister van gesondheid) en Jeff Radebe (minister van energie).

Nog lede van die afvaardiging sluit in Popo Molefe, voorsitter van Transnet; Jabu Mabuza, voorsitter van Telkom; Stephen Cornell en Bongani Nqwababa, uitvoerende hoofde van Sasol; Lesetja Kganyago, goewerneur van die Reserwebank; Stephen Koseff, uitvoerende hoof van Investec; Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery; Maria Ramos, uitvoerende hoof van die Absa-groep en Nonkululeko Nyembezi, voorsitter van die Johannesburgse Effektebeurs.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Judge Dredd ·

You can fool some people all the time –
You can fool all the people some time –
But you cannot fool all the people all the time.

Jacques ·

Mnr Ramaphosa , jy moet wakker word slaap tyd is verby . Watter normale regdenkende persoon of organisasie sal in SA bele as die misdaadsyfer een van die hoogstes in die wereld is , as n buitelandse persoon nie eiendom mag besit nie . Indien hy wel sal bele wat gaan sy opbrengs wees uit die belegging ??? Ek sal beslis nie bele in n land waar korrupsie aan die order van die dag is nie .

Andrea van Vuren ·

Wonder wat se liegstories gaan daar verkondig word?

Hendrik UAE ·

Eish, verbeel ek my of is al die kruipers daar;Sasol se bestuurders,Discovery………..Almal teen wie Afriforum en Solidariteit klagtes gele het en teen optrede bepleit het?

Oom Willem ·

En almal wat deel het aan die verval ry en bly ten duurste op die belastingbetaler se koste saam om hom by te staan as hy dalk van sy liegstories vegeet.

ZET ·

Wonder wat dit ons gaan kos. Switserland is die duurste land ter wereld.

Werner ·

Nooit geweet dat as n land n ekonomiese ineenstorting in die gesig staar is dit goeie nuus nie dit is seker hoe hulle in die skole geleer word darom die 30% slaagsyfer

Deon ·

Dan lei Ramaphosa nog ‘n IAO kommissie oor die toekoms van werk. Trump lag homself disnis.

HPV ·

Ek wonder of Sisulu, die minister van ontkenning, ook saamgaan.

Haarmaldus ·

Die anc president sal defnitief die teenoorgestelde regkry in die lang termyn.
DWS dis-investering en vlugting van kapitaal.

Deon ·

Tot Ramos is daar. Dit terwyl ABSA besig is om markaandeel te verloor. Sy moet eerder meer tyd by dievwerk spandeer

Jaco ·

Vreemd…. hul vrae die Europeers vir geld/om hulp….is hulle dan net daarvoor goed genoeg??

Potties ·

Hy wil wit mense dood maak maar gaan staan bak hand om te leen by wit mense hoe werk die man se kop…….

Hendrik UAE ·

Daai klomp bymekaar: Lyk vir my meer na n gekonkel as na fondsinsameling.Al die bemagtings vennote en ONS mense so saam saam.

De Villiers ·

CR gaan in sy hoedanigheid as medevoorsitter van die ‘Internasionale Arbeidsorganisasie se Wêreldwye Kommissie oor die toekoms van werk’ waar hy ‘n land met een van die wêreld se hoogste werkloosheidsyfers verteenwoordig (amper 27%) onder die ANC se bewind. En dan maak hy uitsprake van Grondonteiening sonder vergoeding en stel wette in soos die Minimum loon, wat die werkloosheidskoers net verder gaan verhoog. Nou hoe op aarde het hy dan in daardie posisie gekom, en met watse gesag kan hy daar dien? Ek wonder of die ander verteenwoordigers by dié beraad hom ernstig gaan opneem?

jean ·

Liewe hemel! Wonder hoeveel die reiskoste sal beloop!!… Beslis nie “bearers of good news” nie…gaan net om te bedel soos hulle al doen van die begin van die skepping!

Alida ·

Ek sien nerens dat hy misdaad gaan nespreek nie. As die vraag sou opduik weet ons almal wat sy antw gaan wees. There is no crime in SA!

Johannes ·

Ek hoop President Trump (en ander leiers met ruggraat) trap ramaphosa BEHOORLIK vas in Davos…

alida ·

Hulle sal moenie bekommerd wees nie. Die buiteland weet BAIE goed wat hier aan die gang is en sal nie na sy liegstories luister nie.

jean ·

Jy weet Alida…die helfte van Amerika weet nie eens waar S A is nie…hulle ken net “Africa”. Die ander helfte van die wêreld
weet miskien maar gee werklik nie om nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.