SA-ner vrygelaat ná ontvoering in DRK

Philip Botha na sy vrylating. Foto: Twitter

ʼn Suid-Afrikaner wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) ontvoer is, is vrygelaat.

Philip Botha en drie ander werknemers van die Kanadese goudmynmaatskappy Banro is einde Julie deur lede van die Mai-Mai-rebellegroep in die Maniema-provinsie ontvoer. Die mans werk almal by die Namoya-goudmyn.

Botha se kollegas, ʼn Zimbabwiër en twee Kongolese, is reeds verlede maand vrygelaat. ʼn Woordvoerder van die weermag in Suid-Kivu het bevestig Botha is Donderdag vrygelaat. Botha is 41 dae lank aangehou.

Stephane Kamundala, Maniema se president van die burgerlike samelewing, het aan die Associated Press gesê daar is nie ʼn losprys betaal nie, maar dat die mynmaatskappy ingestem het tot sekere terme insluitend die regmaak van ʼn hoofpad en die verskaffing van drinkwater na Namoya.

Die owerhede in die Maniema-provinsie het op sy amptelike Twitter-rekening foto’s van Botha gedeel nadat hy vrygelaat is.

Daar was in die verlede al verskeie aanvalle in die omgewing van die Namoya-myn sowel as voorvalle waar werknemers ontvoer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lollie ·

Baie goeie nuus! Bitter bly vir hom en sy familie. Wens hulle wil almal vrylaat wat oral gyselaars gehou word.

Irma ·

Ek stem saam Lollie. Daar is baie hartseer en twyfel in baie families se harte oor die welstand van familie wat ontvoer of gevangene geneem is id buiteland.

jaco ·

As hy swart was, is hy al ‘n maand gelede vrygelaat. Maar nou ja, vir ons regering tel daar mos 2 stelle reëls vir swart en wit in SA.

wet ·

dis moeilik….daar is nie werk in sa nie dan moet die ouens in Afrika gaan werk met groot risiko. Selfde soos wat met die paramedikus gebeur het

Hoop ·

Dit is verblywend dat hy so gou vrygelaat is, dit is al 672 dae terug wat die paramedikus gevange geneem was! Kan net bly hoop en bid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.