SA nie ‘bestand’ teen konflik in Mosambiek

(Foto: Google Maps)

Die konflik in Cabo Delgado in die noorde van Mosambiek het die besef tuisgebring dat Suid-Afrika nie “bestand teen konflik in ons eie gebied en die res van die streek is nie”.

Dít volgens Tandi Mahambehlala, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor internasionale betrekkinge en samewerking. Die komitee is op die hoogte gebring van die situasie in dié buurland, asook die uitwerking daarvan op Suid-Afrika se buitelandse beleid vir die versekering van ʼn vreedsame en veilige Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG).

“As die komitee verantwoordelik vir internasionale betrekkinge wil ons hê die departement moet verduidelik wat die uitwerking van die konflik op ons eie omgewing en streek is en, meer belangrik nog, hoe ons diplomasie ingespan word om ʼn toename in konflik te verhoed voor dit na die res van die streek versprei,” het Mahambehlala gesê.

Volgens die departement is sodanige konflik van ʼn “sensitiewe aard” en Suid-Afrika, as lid van die SAOG, is bereid om nou saam met die streeksliggaam in reaksie daarop te werk.

Daar is weer benadruk dat die SAOG se benadering die opstel van ʼn plan behels waarin die beoogde soort hulp komende van die SAOG uitgestippel word. Alle lede van die SAOG sal ingevolge dié plan ook weet waar en hoe hulle kan help.

Die komitee het sy steun gegee vir die aanslag wat die departement en regering tot dusver gevolg het. Daar is benadruk dat daar saam met die res van die SAOG-lande gewerk moet word om die probleem te pak.

Mahambehlala het die bedreiging in Mosambiek as ʼn rede tot groot kommer bestempel wat ʼn gevaar vir die hele streek inhou.

“Die konflik het onbestendigheid in die streek veroorsaak wat tot dusver as ʼn baken van vrede en stabiliteit beskou is,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Werner ·

Die lot dink seker hulle gaan Isis weg onderhandel slegte nuus Isis onderhandel nie.Dink hier is al n paar Isis kampe in die land wonder wie gaan ons eerste regeer hulle of die Chinese

Michael ·

Ons weermag sal ons nie kan beskerm nie ons het n groot probleem

Joe Olivier ·

SA het baie in uniform, maar van ‘n weermag het ons nie veel nie.

Anel ·

Ons het nie weermag nie,. Isis of enige iemand anders kan net in stap en oorvat. Die spul hier is te bang om in te meng want Isis het klaar gesê ons mense moet wegbly ander gaan hierdie land probleme kry. Kan jy dit glo.

marius ·

Moenie bekommerd wees nie . Hulle sal nie hul voete in ‘n riool plaas sit nie .

Persheks Adri ·

Iemand moet iets doen regtig waar! Isis is nie speletjies nie. Die polisie en weermag beteken sweet blow niks! Waar is ons ou koevoete??? Enigste opsie dink ek.

Nic ·

persheks jy is in die kol . Weet nie hoekom ons kommandos en koevoet weg is nie .ek was 17 jaar in die kommandos . vandag se jeug het slapgat geword sonder militere opleiding . BRING MILITERE OPLEIDING TERUG

Ou gees ·

Kekeke!! Maar ons regering het mos laaankal ons grense oop gestel. Dit is mos nou ‘n kolonialistiese ding die grense?

Alle Afrika boeties is mos maar welkom hier, of sit ek die pot mis?

Adam Adriaan ·

Almal het gedink die oorlog is verby na die ontreking uit Angola. Die onafhangklikheid van Namibie en die sogenamde demokrasie in SA na 1994. Destyds het ons nog ‘n weermag gehad wat die Isis kon aanvat, maar vandag is dit ‘n tragiese spul. Die sogenamde weermag van vandag is so pateties, daar is nie woorde om dit te beskryf nie. Wonder of die sogenaamde vloot ooit kan vaar tot in die Mozambiek kanaal. Logestieke ondersteuning vanuit SA vir magte wat daar wil gaan veg is totaal ontoereikend. Dit is van die begin af gedoem. Die veg-sodate kan nie eers ‘n trop hoenders in ‘n hok jaag nie.

Wonder ·

Ek wat nie eers regtig kan hardloop nie kan die hele spul weg loop, ek kan onthou die ou weermag en polisielede was altyd fiks ens, vandag se klomp sukkel om uit hull voertue in en uit te klim…

Stella ·

Net SA se ou Koevoete en Rekkies sou di ding kon doen. Ons het geen weermag meer ni. Net n spul daggarokers en oorbetaalde leeglêers

Blikke ·

Soos dinge nou hier gaan sal hulle ons oornag kan oorrompel met so min as n microlite…..

JohanR ·

Ou Cyril gaan dadelik daai 73000 soldate wat ontplooi is in Fase 4 van toesluit Mosambiek toe stuur. ISIS moet nou al begin om hulle broeke vuil te maak! Daar is geen ander soldaat in die wereld beter as die Suid Afrikaanse soldaat! Voor daai ontplooing Mosambiek toe sal die Unies se toestemming eers moet verkry word.

Veronika ·

En wanneer ons regering hul oge oopmaak is ISIS op ons voorstoep!! Ek ys sommer as ek net daaraan dink!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.