SA nie deel van groot koalisie vir bindende klimaatsooreenkoms

Aktiviste van Greenpeace het tydens die beraad betoog. Foto: AP Photo/Francois Mori.

Aktiviste van Greenpeace het tydens die beraad betoog. Foto: AP Photo/Francois Mori.

Die stof het skaars gaan lê ná die afgelope COP21, die internasionale klimaatberaad wat in Parys, Frankryk, plaasgevind het, of ʼn groep van ongeveer 100 lande het reeds ʼn koalisie gevorm “om ʼn meer aggressiewe ooreenkoms daar te stel”.

Dié groep, wat bestaan uit Amerika, alle lidlande van die Europese Unie sowel as 79 Afrika-, Karibiese en Pasifiese lande, het gesê hulle sal daarop fokus om te verseker dat die Parys-ooreenkoms regsbindend is.

Die groep se hoofdoel is om lande verantwoordbaar te hou deur meganismes in plek te stel om klimaatsverandering doeltreffend te bestuur. “Ons streef ook daarna om aardverwarming tot 1,5 ̊C te beperk,” het die groep in ʼn verklaring gesê.

Volgens Tony de Brum, die Marshall-eilandgroep se minister van buitelandse sake wat aanvanklik die groep begin het, het gesê die groep “lande het erns daarmee om ʼn veilige klimaat vir die toekoms te verseker”.

Toss Stern, Amerikaanse gesant oor klimaatsverandering, het na dié koalisie verwys as baie ambisieus. “Daar is baie lande wat nie deel van die koalisie is nie omdat hulle ander denkwyses het oor klimaatsverandering en hoe om dit te bekamp,” het Stern gesê.

Lande soos Sjina, Indië en Suid-Afrika is nie deel van die koalisie nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Genis ·

Dis in elk geval net een groot imperialistiese klug met ‘n ekonomiese agenda.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.