SA ‘nie gereed’ om drankverbod op te hef – Mkhize

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

“As ons sien die Covid-19-getalle en die behoefte aan hospitaalbeddens neem af, sal ons dit heroorweeg om die verbod op alkohol te hef. Ons is nog nie op daardie punt nie.”

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Donderdag tydens ʼn vraag-en-antwoord-sessie gesê nadat hy die Richmond-hospitaal in Richmond, KwaZulu-Natal, besoek het. Volgens hom is Suid-Afrika nog nie gereed om die drankverbod op te hef nie. EWN het ʼn video hiervan op Twitter gedeel.

Die regering is die afgelope maand gekritiseer oor die hernude verbod op alkohol en waarom dit nie opgehef kan word nie. Maroela Media het vroeër berig die drankbedryf eis opnuut dat die verbod op die verkoop van alkohol en sigarette opgehef word omdat dit ʼn vernietigende uitwerking op mense se bestaan het.

Mkhize sê hul besluit oor die drankverbod is om druk op die gesondheidstelsel te verlig. Hy sê die hoë opnamesyfers in hospitale weens Covid-19, ʼn moontlike tekort aan hospitaalbeddens en ʼn tekort aan gesondheidswerkers het ’n groot rol gespeel in die besluit.

“Ons wou enige faktore wat verdere druk op die gesondheidstelsel en trauma-eenhede kon plaas, uit die weg ruim. Uiteindelik is die departement se hooffokus om na die nasie se gesondheid om te sien. Daarom is die drankverbod ingestel.”

Mkhize sê volgens dokters en traumaspesialiste is daar baie minder traumagevalle by hospitale weens die drankverbod. “Dokters sê die drankverbod help geweldig baie om bykomende druk te verlig. Hulle het reeds baie hooi op hul vurk met Covid-19-pasiënte wat instroom. Op die ou einde gaan dit tóg oor daardie pasiënte se lewens en gesondheid,” sê Mkhize.

Hy sê omdat die land tans op die kruin van die pandemie is, is hy nie seker wat die statistieke vorentoe kan inhou nie. “Ons is hoopvol. As daar minder Covid-19-pasiënte is en die erge druk op hospitale verminder, kan ons dit weer oorweeg om die verbod op te hef. Vir eers moet ons net alles onder beheer hou.”

Mkhize het gesê hy kan nie veel oor die tabakverbod sê nie omdat hofsake tans aan die gang is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
Werner

Al waar hulle goed is is om caos te skep seker dat kopsoek moet aanhou regeer . Dink ons hat al n interne staatsgreep beleef

Cherokee

Drank is steeds vrylik beskikbaar, slegs duurder. So ook met tabak.

Marius

So Dr gaan jy dan vir die gesinne wat in die drankbedryf is sorg ? Die mense wat reeds hulle werk verloor het en die wat binnekort sonder werk gaan sit . Jy sien Dr ek dink nie julle dink mooi oor julle aksies nie want dit is op die einde van die dag jou eie mense wat die ergste ly daaronder , maar jy verwag van hulle om weer vir julle te stem . Nou hoe nou ? Oog vir n oog ……………….

Jax

Die sogenaamde regering het geen reg om hierdie produkte van ons te weerhou nie!!
Dis tyd vir optrede teen die regering! Weet nog nie heeltemal hoe nie maar so kan n mens nie aangaan nie. The selected few moet van hulle poste ontslaan word!!

Juls

Hoogste herstelkoers ter wereld (71%) maar mees ekstreme inperkingmaatreels??????????????????