SA, Nigerië wil bande versterk

Pres. Cyril Ramaphosa en sy Nigeriese eweknie, Muhammadu Buhari. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa en sy Nigeriese eweknie, Muhammadu Buhari, het ooreengekom om groter investering van Nigeriese ondernemings in Suid-Afrika te bevorder.

“Ons het met waardering kennis geneem van die toenemende teenwoordigheid van Suid-Afrikaanse ondernemings in Nigerië, en ons stem saam oor die behoefte om groter investering deur Nigeriese ondernemings in Suid-Afrika te bevorder,” het Ramaphosa Donderdag gesê.

Buhari is op ʼn staatsbesoek aan Suid-Afrika. Volgens Ramaphosa het hy en Buhari tydens hul samesprekings ook tyd gehad om te reflekteer op die openbare geweld wat ʼn paar weke gelede in Suid-Afrika plaasgevind het en waar buitelanders onder meer geteiken is.

“As die regering van Suid-Afrika het ons ons hartseer uitgespreek oor die aanvalle op buitelandse burgers en alle vorme van onverdraagsaamheid en dade van geweld veroordeel.

“Ons is daartoe verbind om die mense se opregte besorgdheid oor armoede, werkloosheid, misdaad, dwelmmiddels en migrasie die hoof te bied,” het Ramaphosa gesê.

Hy het gesê dat albei lande ewe veel daartoe verbind is om die oppergesag van die reg te handhaaf en te verseker dat diegene wat betrokke is by kriminele aktiwiteite, ongeag hul nasionaliteit, vervolg word.

Volgens Ramaphosa is daar ook gesprekke gevoer om politieke, handels-, beleggings- en mense-tot-mense-verhoudinge tussen die lande te versterk en te verdiep.

Nigerië maak 64% uit van Suid-Afrika se totale handel met die Wes-Afrika-streek en is een van die lande grootste kontinentale handelsvennote.

“Ons sal ons sakelui aanmoedig om van die wonderlike geleenthede in ons onderskeie lande vir handel, belegging en samewerking te benut. As regerings het ons ons daartoe verbind om ʼn instaatstellende omgewing te skep om in ons onderskeie lande sake te doen. Ons het sleutelsektore geïdentifiseer om ekonomiese groei en ontwikkeling te bevorder.

“Hierdie sektore sluit paaie en spoorinfrastruktuur, mynbou en vervaardiging in,” het Ramaphosa gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Wielspore ·

Wat die regring wil doen en wat die landsburgers verkies is nie dieselfde, dit is nie ‘n goeie kombinasie.

Chris Ws ·

Ons land se burgers het lankal agtergekom dat Nigeriers wat “besighede” bedryf hier net kriminele doele voor oe het en dat hul besigheid net ‘n front is.Die president darenteen is te dom om te sien wat werklik aangaan in sy land.Ek se hou Nigeriers uit!

Pensioenaris ·

Stuur hulle na hulle eie land, ons het hulle nie nodig nie. Hier is genoeg drugs in ons land.

Arno Scheepers ·

Natuurlik, dit is logies……albei lande se regerings is korrup.

BlinkStephaans ·

Ek sou dink ñ land moet eers sy plig teenoor sy eie burgers nakom… en daarna dalk ñ belofte maak aan ñ ander land om om te sien na sy mense hier. Oom cyril jou eie “our piepol” se optrede teenoor die nigerians is jou bewys dat jy jou plig teenoor jou eie land versuim.

HPV ·

Die kruiperige houding van die ANC regime is om die minste te sê lagwekkend, en dit teenoor lande wat hierdie land meer skade as goed gedoen het. Die toenemende misdaadsyfers sê alles.

marous ·

Het die tweetjies vir ‘n wandeling deur Sunnyside gegaan ….sonder wagte ?

Bert ·

” Wonderlike geleenthede vir nigeriers om hier besigheid te kom doen”
Ja, want ons het nie ‘n regstelsel om hulle vas te vat as hulle drugdeals ‘n bietjie skeef loop, dus baie min risiko’s

Niklaas ·

Iewers in Afrika sal jy dalks nog eerlike Nigeriërs vind , maar dit sal n vermoeiende lang soektog wees. In elke stad of dorp in SA is daar dwelm verspreiding en ander misdade deur groepe kriminele. Raai van watter Afrika land is die meeste van daai mense afkomstig ? Die nuwe handelsvennoot van ons president.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.