SA Olimpiese kampioen en vrou verwelkom baba

Elijah Luca van Niekerk (Foto: Wayde van Niekerk, Facebook)

Die Suid-Afrikaanse 400 m-rekordhouer Wayde van Niekerk en sy vrou, Chesney, se eersteling is verlede Woensdag gebore.

Van Niekerk het Dinsdag vroegoggend op Facebook met foto’s van hul pasgebore babaseuntjie, Elijah Luca van Niekerk, gespog.

In een van die foto’s hou die Olimpiese kampioen sy seun se hand vas en in die ander foto het hy sy hand op sy seun se kop.

Sowat ʼn 1 000 mense het die paartjie op die plasing gelukgewens met hul seuntjie.

Wayde van Niekerk en Chesny Campbell. (Foto: Instagram)

Die paartjie het in Julie die nuus dat hulle ʼn baba ryker gaan word met die wêreld gedeel. Hulle het dié nuus in ’n skattige animasie deur Yay Abe op Instagram bekend gemaak. In die animasie draf Wayde agter Chesney met ʼn babastootwaentjie vol geskenke. Chesney dra ʼn vlaggie wat lees: Bun in the oven. Langs hulle draf twee kleurvolle hondjies.

Wayde en Chesney is in 2017 getroud.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Skappie ·

Baie geluk aan julle, mag hy julle baie vreugde bring. Geniet dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.