SA onderteken drieledige vryhandels­gebied­ooreen­koms

Minister van handel en nywerheid Rob Davies onderteken die TFTA-ooreenkoms in Kampala, Uganda (Foto verskaf)

Suid-Afrika het Vrydag in Kampala, Uganda, ʼn ooreenkoms onderteken om die drieledige vryhandelsgebied (TFTA) te bevestig tydens ʼn vergadering van die drieparty sektorale ministerskomitee.

Die departement van handel en nywerheid het gesê die handelsministers en beamptes van die Gemeenskaplike mark vir Oos-en Suider-Afrika (COMESA), Oos-Afrika-gemeenskap (EAC) en Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het die vergadering bygewoon.

Die TFTA is in Junie 2015 in Egipte deur staatshoofde van stapel gestuur. Die departement het gesê Suid-Afrika het nie in daardie stadium die ooreenkoms onderteken nie, aangesien daar steeds aanhegsels tot die ooreenkoms was wat voltooi moes word.

“Alle aanhegsels is intussen afgehandel en aanvaar deur die sektorale ministerskomitee en dit het Suid-Afrika in staat gestel om die ooreenkoms te onderteken. Die TFTA verteenwoordig ʼn geïntegreerde mark van 26 lande met ʼn gesamentlike bevolking van 625 miljoen persone en ʼn algemene bruto binnelandse produk (BBP) ter waarde van $1,6 biljoen (‘trillion’),” het die departement gesê.

“Suid-Afrika is die 19de land wat die ooreenkoms onderteken. Die ooreenkoms sal van krag wees sodra 14 lande hul regstellingsinstrumente ingedien het. Egipte was die eerste land wat die ooreenkoms reggestel het. Sodra die ooreenkoms van krag is, sal tariewe verlaag op goedere waarmee handel gedryf word tussen die lande en nuwe geleenthede vir uitvoere word geskep asook streekswaardekettings.”

Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het gesê Suid-Afrika was van die begin af ʼn voorstander van die proses en toegewyd tot die proses.

Davies het gesê Suid-Afrika is dankbaar dat hy in ʼn posisie was om die ooreenkoms te onderteken en Suid-Afrika, as deel van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SACU) het aan die onderhandelings deelgeneem om die tariewe te finaliseer.

“Die afhandeling van hierdie onderhandelings is ʼn belangrike stap in die proses en dit sal handelsvoordele bied aan ons sakevennote om met produkte handel te dryf tussen SACU en EAC-lande teen ʼn verminderde of zero-tarief,” het Davies bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lol ·

As Rob Davies betrokke is gaan dit faal. Al wat gaan baat is meer onwettige immigrante?

Johannes van Staden ·

Die oomblik as dit hulle nie pas verbreek hulle die verdrag mos nou al gesien hoe ooreenkomste net n stuk papier is en niks beteken nie kan netsowel n stuk toiletpapier wees as jy my vra ..

jaco ·

hoe het rob davies n minister geword? hy is dan wit. watse regstellende aksie is dit???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.