SA onkant gevang deur Zim-verbod

Foto: www.african-bulletin.com

Foto: www.african-bulletin.com

Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het beloof om ondersoek in te stel na die invoerverbod wat Zimbabwe onlangs ingestel het.

Zimbabwe het verlede maand ʼn eensydige verbod op Suid-Afrikaanse invoere en bykomende belasting op uitvoere ingestel, glo om plaaslike nywerhede te beskerm en te verhoed dat die land ʼn “supermark-ekonomie” word.

Volgens ʼn maatreël wat verlede maand in Zimbabwe se staatskoerant gepubliseer is, moet iemand wat sekere voorgeskrewe basiese goedere na Zimbabwe invoer, die nodige permit hê om dit te doen.

Davies het gesê hy is onkant gevang deur die buurland se drastiese besluit en dit sal ʼn negatiewe uitwerking op Suid-Afrika se plaaslike handel hê.

“Zimbabwe speel nie die bal nie en tree moontlik strydig op met SAOG-protokol deur hul grens te sluit vir Suid-Afrikaanse invoere.”

Davies het gesê hy sal met sy Zimbabwiese eweknie, Welsh Ncube, vergader in ʼn poging om te verstaan hoekom die verbod ingestel is en of dit teruggetrek kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Loon ·

Ou Bob moet sy kop laat lees,
Sal dit help as Suid Afrika dan sê jammer daar sal nie meer mielies vir pap wees nie?

Chris Ws ·

Andre’ ek stem 100% saam met daai een.Ek wens net Rob Davies wil wakkerskrik en ‘n verbod plaas op elektisieteits en brandstof uitvoere na Zim.Dit moes laaaaaankal gebeur het.

Johann ·

Nee ons sal nie ons poorte sluit of hulp staak, ou Jacob gaan nog poog om ondanks ons wankelrige ekonomie, ‘n reddingsboei na Robert gooi. Merk my woorde.

PMB ·

Die mense van Zim is moeg vir ou Bob. Sy dae is getel. Die oproer huidiglik in Zim is nie polities gedrewe nie dit kom van af die mense op die straat.

FJD ·

die verbod mag nou gepubliseer wees maar dit gaan al maande aan ek werk vir n firma in die omgewing wat n diens lewer aan die meeste van die cash and carry en soortgelyke winkels in musina en die mense daar trek swaar – dit is nie snaaks om na drie in die middag daar te kom en die strate en winkels is stil nie – baie kommerwekkend vir die besighede die tentakels van die besluit is nie net nadelig vir die zimbabwiers nie maar kring wyd uit in die omgewing – baie sad!!!

Frans ·

Bobi soek geld vir begrafnis en suid afrika wil seke ni gee ni nou goi hy sy speelgoed uit want sy misrabele ou lewe is kla

Nicowest ·

Mens kan nie reken op enige ooreenkoms, kontrakte of selfs hof uitsprake in Afrika nie. Wat kan mens verwag met korrupte narre aan bewind?

Veritas ·

Met ROB Davies en ROB Mugabe saam in die resep, gaan die eindproduk maar smaakloos wees. Albei is eendimensionele denkers wat, meer dikwels as nie, faal om die groter prentjie raak te sien.

Berhalet Beukes ·

Ag jinne, foeitog… Waar kom ou Bob daaraan dat Zimbabwe hierdie ongelooflike belangrike rolspeler in die wêreld is? Sanksie sy land, stuur sy landsburgers terug sodat hý werk aan hulle kan verskaf en nie ons landsburgers se werk van hulle ontneem nie. Dan sal daar dalk ‘n bietjie stabiliteit vir ons werkloses kom. Onkant gevang? Nou toe nou, dan is die slimmes nie so slim as hulle nie lankal reeds gemerk het dat Mugabe ‘n reputasie vir wispelturige besluitneming het nie.

plaasjapie ·

Kan verkeerd wees…maar is dit nie weer n plan om van sy landsgenote te laat vlug na ons land waar daar darem kos ens. is….en dan kan hulle terwyl hulle hier is sommer vir zumpie stem nie ?

Andre ·

As Rob Davis aan die uitdeel is dan is als reg , as by kry wat by so graag aan ander doen, dan is dit skierlik verkeerd. Hoe ironies is dit nie dat Mugabe van alle mense, hom nou ‘n dowe druk!

uitgewerk ·

Stem saam. Dit is Verskuilde agenda net soos plaasjapie daar sê.

Lance ·

Wys mens net hoe dom die mense is dat hulle dink hulle is onkant betrap ….skrik wakker man dis afrika …stuk papier beteken niks vir bob nie !

amelia ·

Bob is gek. Kan ‘n regeerder wie se mense sonder kos sit so iets besluit? Hopelik kry ons nou ook ‘n deeltjie van ons uitvoergehalte kossies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.