SA onnie in Aus gevonnis vir kinderpornografie

Dean Carelse

’n Voormalige onderwyser en rugbyafrigter van Grey High School in Gqeberha (Port Elizabeth) in die Oos-Kaap, is in Australië skuldig bevind aan die besit van kinderpornografie en tot tronkstraf gevonnis.

ABC News berig Dean Carelse (41), wat jare gelede die Springbokkaptein Siya Kolisi op skool afgerig het, is tot twee jaar tronkstraf gevonnis vir kindermishandeling, die besit van kinderpornografie en seksuele gereedmaking. Volgens die berig het Carelse skuldig gepleit op nagenoeg 20 aanklagte teen hom.

Volgens 7NEWS Sunshine Coast sal Carelse na Suid-Afrika uitgelewer word nadat hy Woensdag in die Maroochydore-distrikshof gevonnis is. Sy vonnis sal na ses maande vir drie jaar opgeskort word.

Carelse was ’n waterpolo-afrigter en het by ’n private skool in die Sonskynkus-streek in Queensland gewerk toe hy in Maart verlede jaar in hegtenis geneem is. Daar is tydens sy inhegtenisneming beslag gelê op items by ’n huis in die woonbuurt Mooloolaba. Meer as 2 000 foto’s is glo op twee selfone gekry wat verband hou met die uitbuiting van kinders.

Carelse het onvanpaste opnames van kinders in hul swemklere gemaak en hom skuldig gemaak aan die seksuele gereedmaking van ʼn 13-jarige seun.

Volgens ABC News se berig het Ben Powers, Carelse se regsverteenwoordiger, in die hof gesê sy kliënt het berou oor wat hy gedoen het.

Powers het gesê Carelse kon nie die rede vir sy optrede volledig verduidelik nie, maar het gesê dit het gekom op ’n tyd van eensaamheid en dat Carelse ’n “ongesonde en onbehoorlike bewondering” ontwikkel het vir die seun wat hy seksueel gereedgemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Gerd Lourens ·

Newer, hou hom daar! Hier is genoeg gemors alreeds hier.

Santie ·

Sy vonnis is te lig. Hyt klaar n obsessie nou. My seun het dieselfde probleem. Niemand doen iets nie. Selfs persoon se werkgewer het niks gedoen toe hul uitvind. Polisie sal nie help want kyk die vonnis. Kinders word uitgebyt en oortreders kom weg met dit. Wat was sy plan met die kind? Enige mens met twee breinselle ken die andwoord. Dis hoe ons kinders beskerm word. Wat n grap.

Blomme ·

Hoekom kan of mag hy nie sy vonnis in Australië uitdien nie?

BOKKIEBEK ·

Slegs 2 jaar…??hy moet permanent uit die samelewing verwyder word, en NOOOOIT weer met kinders tedoen kry nie!!! Ek het 2 kleinseuns…en as ek dink aan wat hy doen, sal hy dit nie oorleef as ek hom in die hande kry nie!

Boer ·

Jammer ek het geen simpatie met mense wat betrokke is by kinderpornografie en ook met kindermishandeling nie. Hy moes langer tronkstraf gekry het. “KLA”

Mariaan ·

NET 2 JAAR….vir sulke aaklige dade….REUSE fout met die regstelsels…hy verdien nie om daglig weer te sien nie…daar is baie v sy soort in die tronk..bly sommer daar en verniel mekaar tot die einde van jul vrot lewe!

Suzette ·

Sluit die gemors toe. Net jammer die vonnis is heeltemal te min vir die skade wat hy reeds aangerig het. Nou kom nog ‘n gemors SA toe.

Michele ·

En tog het My Story op News 24 al die storie gebreek in 29 Oktober 2021 rakende hom en n paar ander…. Hy moes n swaarder tronkstraf gekry het. Siek!!!!

ES ·

Dis vir my snaaks dat Australie net mense uitlewer wanneer dit hulle pas. Hulle wil nie Bobroffs terugstuur na ons toe sodat hulle die miljoene rande wat hulle hier verkwansel het kan terugbetaal of tronkstraf uitdien nie maar hulle stuur hierdie gemors terug na ons toe wat kinderpornografie opneem en versprei…

Skim ·

Ek glo nie hy sal genees nie. Ek sal hom nie naby my kind vertrou nie al is hy 80jr. Vonnis hopeloos te lig

marius ·

Berou se voet . Stuur hom Suidpool toe , net met sy kostuumpie ….

Miena ·

Hou hom maar daardie kant. Ons tronke is klaar vol en ons het meer as genoeg “voelers, vatters en kykers” hier…

Miets ·

Nee Miena, bring hom hierdie kant toe. Sit hom in ‘n sel met dieselfde soort as hy. Dan kan die klomp gemors maar mekaar uitsorteer.

Atta ·

“…het berou oor wat hy gedoen het.”
“… het gekom op ʼn tyd van eensaamheid…”

Al berou wat hy het is dat hy uitgevang is. Ware berou is om te erken jy het verkeerd gedoen en nie jou sonde te probeer regverdig nie.

ʼn Klassieke voorbeeld van die mensdom se sondige natuur. Adam blameer vir Eva, Eva blameer die slang. Die res is geskiedenis.

Annelie ·

Daar is n spreekwoord wat se as iets jou pla kap dit af. Daar is lande wat dit doen. Hetsy verkragting, kindermolestering, moord ens.

KatjieDeKat ·

Ai en hy lyk so normaal, wie sou kon dink? Dis n gevaarlike wereld vir kinders hierdie. Wel, vir ons almal. Maar kinders is nog meer kwesbaar as volwassenes. Sulke mense moet in my opinie volgens wet n tattoo op hul voorkop kry wat se: Kinder Molesteerder.

Onnie ·

As julle net weet watter afgryslike uitbuiting hierdie kinders (en babas) moet verduur met die produksie van hierdie siek fotos en videos. Die wat dit versprei is net so skuldig soos die wat dit maak, want hulle ondersteun en skep ‘n mark vir die Skuim.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.