SA onnie in China wil klas gee ondanks virusvrese

Jason Rousseau saam ‘n Chinese leerling. (Foto: verskaf)

ʼn Suid-Afrikaner wat Engels in China gee, het te midde van die dodelike koronavirus-uitbreking in dié land besluit om tuisonderrig aan sy studente te verskaf.

Dít volg nadat die Chinese regering voorlopig bevestig het dat alle skole eers vroeg in Maart gaan heropen.

“Hoewel ek my gesondheid in gevaar stel, is ek meer as gewillig om my hulp aan te bied in dié moeilike tye,” sê Jason Rousseau, ʼn 23-jarige Engelsonderwyser in China. “As jy ʼn passie en liefde het vir iets wat jy doen, dan maak die res nie saak nie. Dis maklik om iemand oor die internet te leer, soos wat baie mense doen, maar gehalte-onderrig vind plaas wanneer jy in die teenwoordigheid van leerders is.”

Rousseau gee sedert Maart 2019 in Beijing skool en meen dat hy juis in China wou skoolgee weens dié bevolking se dankbaarheid teenoor hulle onderwysers.

“Daar word soveel respek teenoor jou as Engelsonderwyser in China betoon – dit voel soms onwerklik, maar dis die werklikheid.”

Rousseau vertel aan Maroela Media dat hy reeds ʼn aantal ouers genader het oor die tuisonderrig-inisiatief en dat die terugvoer ongelooflik is.

“Die Chinese ouers se reaksie op my versoek was besonders en het getuig van dankbaarheid in oorvloed,” sê hy.

“My strategie sal wees om Engelse gesprekke, vraagstellings en praktiese demonstrasies en aktiwiteite met die studente oor die alledaagse lewe te doen,” vertel Rousseau.

Hoewel Rousseau self dankbaar is dat hy steeds gesond is, meen hy dat die situasie in China uurliks erger word.

“Daar is gemengde gevoelens oor die situasie in China en hulle doen hul bes om almal in ag te neem, maar ek glo daar is lig aan die einde van die tonnel,” sê hy. “China gaan mettertyd ‘genees’ – dit glo ek sterk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Meisie ·

Ek weet hy bedoel goed maar is dit nie bietjie selfsugtig nie? Skole is toe vir ‘n rede, wat as jy die virus optel? Dan gee jy skool, by verskillende huise, wat as daardie kindertjies siek word? Glo nie die klein lyfies sal die virus kan veg nie.. Nogals skokkend dat die ouers nie so ver gedink het nie..

Stof ·

Uit nagenoeg vyf en twintig jaar se ondervinding in werk in “riskante” gebiede en isolasie-areas, kan ek met gerusstelling getuig dat Vader Sy gehoorsame gestuurdes en hulle wat gedien word, beskerm teen enige risiko’s wasr Hy ons heen stuur.
Ons het die keuse: Om in kleingeloof ewe parnoies ongehoorsaam te wees wanneer ons geroep word, of om in gehoorsaamheid te dien waar ons geroep is in die wete, Hy wat ons gestuur het, is getrou. As Pa ons roep om te gaan, sal Hy, en het Hy nog altyd, sy gestuurdes beskerm teen wat ookal enige risiko sou wees.
Ek eer hierdie onderwyser, en weet, sy beloning gaan groot wees.

Porseleintjie ·

As jy Suid Afrika kan oorleef dan kan jy alles trotseer en oorleef!!

Theo ·

My dogter is nou al drie jaar in China wat sy ook Engels daar aanbied.As gevolg van die virus gee sy al die afgelope twee weke afstandsonderig aan haar klas en die terugvoer wat sy van haar kinders se ouers kry is baie positief.Al die kleintjies kan nie wag om hulle juffrou op die Tv te sien nie en hulle maak alles mee wat sy vir hulle aanbied.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.