SA onnies gee minder klas as ander lande

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Die Teaching and Learning International Survey (Talis) het onthul dat slegs 66% van klaskamertyd in Suid-Afrika spandeer word aan opleiding, in teenstelling met 78% in Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OECD)-lande.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sê dit is toe te skryf aan die hoeveelheid tyd wat onderwysers aan administratiewe werk en dissipline moet spandeer.

“Ons moet ons program op onderwysers se rekenaars bespoedig; miskien doen baie nog werk met die hand want hulle moet die rekords hou. As hulle dit met die hand doen, dan sal dit hulle dalk langer neem om die werk te doen as in lande waar onderwysers vermoedelik rekenaars gebruik,” het sy gesê.

Die bevindings is Dinsdag tydens die vrystelling van die Talis-verslag by Nellmapius Secondary School in Pretoria aangekondig.

Talis dek ongeveer 260 000 onderwysers in 15 000 skole in 48 lande. Die opname stel ondersoek in oor die werksomstandighede en die leeromgewing van onderwysers en skoliere in verskeie lande, waaronder Australië, Japan, Korea, Noorweë, die VSA en die Verenigde Koninkryk, om ʼn barometer van die bedryf te bied. Die verslag word beskou as ʼn assessering van die basieseonderwysbedryf uit die perspektief van onderwysers.

Die verslag het ook lig gewerp op taalkundige uitdagings. Gemiddeld werk 62% van onderwysers in ʼn skool waar 10% van die skoliere se eerste taal iets anders is as die taal waarin hulle onderrig ontvang.

Altesaam 81% van onderwysers in Suid-Afrika sê hulle hanteer die uitdagings van opleiding in ʼn multikulturele klaskamer, in vergelyking met 67% van ander OECD-lande.

Volgens die verslag gaan onderwysers steeds gebuk onder te veel kinders in ʼn klas en lae salarisse.

Motshekga het gesê die verslag is belangrik, want dit kom direk van die onderwysers. “Ons moet ons eie konteks in ag neem en die werklike situasie bepaal wat betref die kwessies wat aangeroer is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Johan ·

Sommige skole vereis dat die onnies lang ure ná die skooldag sport en kultuur afrigting moet doen. Ek glo dat dit nie van buitelandse onnies verwag word nie. Dáár is sportklubs wat sport afrig en nie onnies nie…..

Andrea van Vuren ·

Kom ons noem dit sommer ‘deel van die pakket onder die tafel deur’.

Onderwyser ·

Nee, dit is al die tierlantyntjies wat die departement verwag wat die administrasie werk baie maak. Nuwe skole word nie ontwikkel nie en dus sit ‘n onderwyser elke 35 minute met 50 kinders in ‘n klas. Waar die top skole op daardie lys nie meer as 20 kindes per klas is nie. Die jaarlikse leerstof is te veel en vol onbenulighede en kan nie afgehandel word in ‘n jaar nie. Kinders gaan skool in vakansie en dit brand die kind sowel as die onderwyser uit. Geen ondersteuning vanaf departement en ouers het ook ‘n invloed. Onderwysers se hande is agter hulle rue vas gebind want ons lewe in ‘n illusie dat kinders niks kan verkeerd doen nie…

Nog n onnie ·

Ek stem saam. Om vir 35 skool te hou wat elkeen dink dis net hy in die klas is nie n grap nie. Onnies is verantwoordelik vir kinders se dissipline wat eintlik n taak vir die ouer is. Onnies is verantwoordelik vir sport wat eintlik n taak vir die sport afrigter is. Onnies is verantwoordelik vir al die ekstra papierwerk wat eintlik die taak van die departement/HOD ens. is. En so kan ons aangaan. Maar gelukkig het onderwysers mos net n halfdag pos?

Mnr Admin ·

Ek is ‘n HOD by ‘n spogskool en moet sê, geniet dit al hoe minder! Party dae sien ek nie eers die kinders raak wat voor my in die klas sit nie soveel admin is daar wat MOET klaar. Dis so moeilik om dit vir mense buite die onderwys te verduidelik. Te bang om eposse oop te maak – net nog ekstra admin. Dan nog met onderwysers se klagtes, ouers en leerders se klagtes en die onderwysdepartement deal. Heeltemal my passie verloor – klas gee en toetse opstel/merk is seker 15% van my werk tans. Ek sit met 4 grade, maar kon net sowel ‘n CA, prokureur of dokter geword het…sou net soveel tyd moes insit, maar kry nou kwart van die salaris! En werk is skaars so om te bedank ook nie opsie nie. Nog iets wat mense nie verstaan nie. My basiese salaris is tans R31 000pm, wat anders kan ek met my kwalifikasies doen om dit te verdien?

Landie ·

Mnr Admin, ek het simpatie met die uitdagings wat onderwysers ervaar. Dit gaan lankal nie meer oor kwaliteit onderrrig nie maar tonne admin werk. Die CAPS curriculum is belaglik. daar was niks fout met die vorige sisteem nie. Hoekom krap aan iets wat werk? Nou sit ons met ongeletterde kidners wat nie kan lees in Graad 4 en glad nie Wiskunde kan bemeester nie.
Terloops jy kla oor ‘n R31 000 salaris, my gade is ‘n polisiebeampte en verdien so R25 000.00 om sy lewe elke dag te waag. Ek werk in administrasie en verdien nie eers ‘n bruto van R15 000.00 nie. Ek weet jy het gewerk vir jou graad. Ek swoeg ook al 26jaar en dit is waarmee ek huistoe gaan. Dink jy kla ‘n bietjie met die wit brood onder die arm…..al is dit net ‘n klein bietjie.

HSL ·

Daar moet net n duidelike lyn getrek word tussen skole en veronderstelde skole. Opvoeders en salaris ontvanger. Baie groot verskil tussen elk.

Natalene Visser ·

Ek het n suster wat ook al haar jare aan onderwys gewy het. Kan al die kommentare onderskryf wat hier genoem word. Dis met een woord hel om vandag n onderwyser(es) te wees.

Dafer ·

Dissipline behoort by die huis aangeleer word.
Respek vir ander mense, behoort by die huis aangeleer te word.
Die huidige generasie van swart ouers se kinders, se kinders, gaan ly agv van die huidige attitude!

anton ·

Mnr Admin…..as ek jy is sal ek baie stil wees wat R31000-pm verdien!!!
Daar is ander mense met grade wat nie eers n werk kan kry nie dan praat ons nie van die res nie!!!
Slaan maar jou hande saam en se net dankie!
Welkom in S.A

aj ·

Gee aanlyn onderrig via sateliete na kinders in hul ouerhuise. Tv uitsendings met internet ondersteuning.

Onderwysers kan dan die kinders se vordering evalueer en vir hulle sertifikate uitreik wanneer hulle die vereiste standaard behaal het.

Elke kind werk en vorder volgens sy / haar eie behoeftes en vermoëns.

Slim en hardwerkendes kan matrikuleer op ouderdom 14 en stadiger leerders kan matrikuleer op ouderdom 20.

Dit is die 4de industriële (inligting!) rewolusie.

Ook 'n onnie ·

Die admin is ‘n papieroorlog waarmee elje onnie sukkel. En submit jy dit, laat weet hulle jou na ‘n week om dit asb weer te stuur, want hulle (die dept) het dit misplaas. Dis frustrerende werk. En op die platteland kry ‘n onnie R8000 pm in ‘n BL pos. En dieselfde werk word van jou verwag

lewies ·

‘n Nuwe vakbond wat namens die onderwysers, ouers en kinders optree. ‘n Vakbond wat betrokke is by die keuring, werwing en opleiding van onderwysers. ‘n Vakbond wat onderwys weer as ‘n kultuuroordrag sal beskou en bestuur. Die SOS het reeds hierdie eienskappe. Hulle sit met ‘n ondersteuningsbasis wat leierskap en kennis insluit om ‘n omwenteling in die huidige onderwyssituasie in SA te bring. As belasting betalers het het ons die reg om ‘n baie groter rol in die ontwerp van kurrikulum te speel.

Juffrou ·

Die admin raak toenemend (belaglik) meer en meer… Sal graag wou weet hoeveel onderwysers op antidepressante, hoë bloeddruk en stresverwante medikasie is.

marco polo ·

Dalk is baie van die SA onnies nie behoorlik opgelei nie en beskik nie regtig oor die vermoe om onnies te wees nie. Ek sien baie kla oor sport na skool, maar wees dankbaar dat julle nie klas moet gee tot 17.00 elke dag soos in China nie.

Johanna Botha ·

Dit is baie waar toe ek n dame vra of sy aardrykskunde gehad het om te wys op die aardbol waar SA sit toe kon sy nie eers dit doen nie ! Nou hoe kyk jy eers die weerberig as jy dit nie eers verstaan nie ….onderwyser seker onder die boom gesit of in die sonnetjie

Magda ·

Nee as hulleeer opdaag om klas te gee, sal dit ook beter gaan. MAnual werk is altyd n oplossing maar glad nie opdaag nie – Nee dit is waar ons probleme le. LUR van onderwys het nou die dag waar daai kind vermoor is by die skool opgedaag en daar was net 4 onderwysers van die 15 wat daar moes wees. So ja Dit is waar ons probleme le, TOESIG.

Julie Jansen van Rensburg ·

My vraag is of onnies nog – soos in die ou dae – opleiding in wat as ‘n “Normaalkollege” bekend was, ontvang? (Altans, die een in Pretoria was bekend as “NORRIES” – weet nie wat die benamings in ander sentra was nie) En ek stem volkome saam, daar is net eenvoudig TE veel kinders in ‘n klas waarvan sommige (soos dit maar deesdae gaan) geenkennis van daardie (gehate) woord, DISSIPLINE ken nie. Tweedens,die tendens om taalregte te ignoreer en net Engels in hulle kele te probeer afdruk is ook verkeerd. En derdens – wat het van die ou plaasskole geword wat deur boere gebou is en waar kinders verbasende goeie onderrig deur toegewyde leerkragte gegee is? Of leef ek te ver in die verlede? Dalk sal vandag se “onderwys-deskundiges” my skeef aankyk en gesê word dis die 21ste eeu – kom by – dis heeltemal in orde dat kinders nie meer kan spel, lees en 2+2 bymekaar tel en by 5 uitkom nie, en maar net 30% in ‘n vak nodig het om na matriek universiteit toe te gaan??? Help my asseblief reg…

Ook 'n onnie ·

Ek is by so plaasskool. Ons getalle word al minder, ons is ongeveer 30 in die skool. Ons sukkel finansieel en ons juffrouens betaal baie goed uit ons eie sak.

Diefie ·

Dit is maar moeilik om ‘n gehoorsame onnie te wees in vandag se lewe. Ek stel voor dat 6 van die beste weer terug keer klaskamer toe.

wielie ·

Ja nee ek glo dat SA onnies minder klas gee ……….. my kind het meer ” toesig ” as klas die afgelope tyd. Maar ek moet elke maand skoolfonds betaal ?!

Andreas ·

Maar wat in die land is dan nog nie afgebreek of omvorm dat dit nie meer ordentlik funsioneer nie, lomp en uitmekaarval, te veel retoriek van regulasies, om elke asemteug te wil beheer, geen niks is vaartbelyn nie, dit voel mens of jy met lood aan die voete deur die land strompel, diégene wat die artikel hier bo lees het seker ook die agtikel by die skakel hier onder gelees?
https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/die-anc-se-nuwe-tuislande/

E ·

Mense wat nie in die onderwys betrokke is in Suid-Afrika nie, moet eerder tjoepstil bly. Die administratiewe las het geweldig toegeneem die laaste twee dekades en daar is ook nie meer die ouerbetrokkenheid by die kind wat daar was nie. Dinge het so verander dat by die skole waar ek betrokke was geen uitstappies met die kinders gereël was nie, behalwe klein groepies oor naweke. Tel sport en kultuur by, dan het ons baie aande eers 18h30 by die huis gekom. By die huis gekom, dan begin jou werk eers. Ten spyte van dit alles, en nog meer, bly ons lief vir die opvoeding en onderwys. Weet dit, dat ons jaarliks puik onderwysers verloor en dat die onderwys in Suid-Afrika in groot moeilikheid is.

Wonder ·

Nie alle skole is dieselfde. Hoe weet al die nie-onnies dat daar addisioneel na ure leerders onderrig plaasvind vir leerders wat sukkel. Waar word gemeld van Saterdae se sport of sporttoernooie oor vakansies. Vra eerder wat voorsien die staat in term van e-toestelle en internettoegang. Hierdie die tipe van apparatuur en toegang word deur onderwysers of goed bestuurde skole in hulle begroting voor voorsien. Vra liewer ‘n slag hoeveel ure ‘n sogenaamde gedissiplineerde leerder ongeag omstandighede skool bywoon. Dan spreek ons die wortel van die kwaad aan.

Susna ·

Ek haal my hoed af vir elke toegewyde onderwyser/onderwyseres in vandag se tyd. Vir julle tyd aan Sport, Kultuur en ander aktiwiteite na skool. Ja, ek was n betrokke Ma gedurende my kinders se skool loopbane en vandag weereens as Ouma by my Kleinkinders se skole. Ouers…..RESPEK begin by die huis!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.