SA ontken Nigerië wil burgers laat onttrek ná vlaag aanvalle

‘n Beampte wat deel is van die polisie se onluste-eenheid gooi ‘n traangashouer om te probeer om plunderaars in Germiston, oos van Johannesburg, uitmekaar te jaag tydens die onlangse vlaag oproer. (Foto: Themba Hadebe/AP)

Die minister van staatsveiligheid het Dinsdag ontken dat die Nigeriese regering sy burgers uit Suid-Afrika onttrek, ná ʼn vlaag aanvalle op buitelanders en hulle sakeondernemings in onder meer Johannesburg en Pretoria.

Die Nigeriese president, Muhammadu Buhari, het Maandag oor die ontruiming getwiet.

“Ek wil ook sê dat ons reëlings getref het vir die onmiddellike, vrywillige ontruiming van alle Nigeriërs in Suid-Afrika wat wil terugkeer. Ek het die betrokke departemente beveel om te verseker dat dit spoedig en doeltreffend gedoen word,” het Buhari getwiet.

Ondanks Buhari én die Nigeriese konsulaat-generaal in Johannesburg se bevestiging dat die ontruiming gaan plaasvind, het Suid-Afrika se staatsveiligheidsminister, Ayanda Dlodlo, volgehou dat dit nie die geval is nie.

“Daar is geen oproep deur die Nigeriese regering om sy burgers uit die land te verwyder nie,” het sy gesê.

“Wat hier gebeur het – en dit is deur samesprekings op diplomatieke vlak gedoen – is dat ʼn private burger wat ʼn lugredery besit, aangebied het om Nigeriërs uit Suid-Afrika te neem. Daar is uiteraard immigrasiereëls wat hierop betrekking het. Die proses sal die gewone kanale volg, maar daar is geen oproep deur die Nigeriese regering dat sy burgers die land moet verlaat nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Se maar net ·

Ja asseblief! Onttrek hulle. Hulle is in elk geval die oorsaak van 80% van die dwelmverspreiding.

piper ·

maak net seker daardie vliegtuig het genoeg branstof om nigerie te haal.

Daan Erasmus ·

Die vliegtuig moet net oor die grens kom. Dan is dit nie meer ons probleem nie

Attie ·

Die ANC pik nou verward rond, want hul het dan als so gesellig gemaak vir hul maatjies.

Christa ·

Ja laat ander Lande sien hoe Gaan dit hier. Moord en verwoesting is aan die order van die dag

Spook op thaba ·

Ja asb, groet en gaan. Eintlik nie nodig om te groet nie. Gaan net. Tatta baai

JV ·

Hulle kry n gratis kaartjie om vir die familie te gaan gekuier. Volgende week is hulle weer terug

Hanna Hoekom ·

Mag die gerugte die waarheid wees! Neem AL jul burgers, wettig en onwettig, onmiddellik terug Nigirie toe! Dwelms, prostitute en nagemaakte sportware ook. Suid-Afrika moet vir sy eie burgers eerste sorg. Is daar n fonds gestig om hierdie misdadigers op n direkte vlug uit te vlieg? Ek dra graag by.

jaco ·

Kan al die wit mense van SA nie ook na Europa en Amerika gedeporteer word nie?

Petrus ·

Dis waarskynlik volgende. Wittes sal 48 uur kry om te verdwyn.

Johann ·

Soos met alles in hierdie bose land sal daar niks van kom nie en alles sal maar net weer na “normaal” terugkeer. Die kastige vliegtuie is maar vir die “show” om die minste te sê.

Vonkprop ·

Die ANC hou net aan om alles te ontken al is iets swart op wit. Hulle mag dalk die meerderheid om die bos lei, maar die minderheid sien dwarsdeur hulle. Ontkenning het ‘n siekte by hulle geword en daar is geen medikasie.

HPV ·

Ander derdewêreldse lande, waar dit net soos hier en soms erger gaan, se burgers voel nie meer veilig hier! Dit bewys tot watter vlak die anc regime die land laat daal het. FW gee hulle ‘n eerste wêreld op ‘n skinkbord in hulle regeer dit tot ‘n anargistiese hool. Viva anc.

Asmain ·

My kiewe trek toe: die polisie hardloop weg, die Nigeriërs hardloop weg, wanneer & waarheen moet ons begin hardloop?

m ·

Wat se ander snert probeer die ANC nog in ons kele afdruk? Wie is die Ayanna Dlodlo, sy het obviously nie ‘n clue nie. Danksy internationale media weet ons dat die Nigeriese regering verniet vlugte aan enige van sy burgers in SA aanbied om terug te keer na Nigerie, dis meer as wat die regering vir enige van ons sal doen!!

HC ·

Hulle (Nigeria) sal volgende maand of oor halfjaar weer na Suid-Afrika toe terugkeer. Suid-Afrikaners het hul geld goed gemaak
en dan sal dit weer geweld en drama daarin…

marous ·

Sluit al die verotte land se ambassades wereld wyd en skop die boomsitters uit !

Linda ·

Dankie tog, hoop dit is die waarheid. Hoop ook hulle vat die hele dwelmnes saam hulle. SA sal dalk by kom as daar GEEN uitlander toegelaat word nie. Hulle (die regering) moet begin op hul eie voete staan en ophou bakhand by ander lande gaan staan en bedel.

Trojaanse Donkie ·

Maar is in elk geval verheug dat so baie opgeleide en bekwame mense die land in hulle duisende verlaat na ander heenkome. Dit bly nog die beste manier van werkskep vir “ons mense”. Jy het nie eers ‘n matrieksertifkaat nodig on Hoof Uit Voerende beampte om die tv blerkassie te bestuur nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.