SA-ontwerpte tuigie vir skarebeheer kry wye kritiek

Foto: arstechnica.com

Foto: arstechnica.com

‘n Afstandbeheerde vliegtuigie wat ‘n oproerige skare met rooirissieballetjies kan peper, word deur verskeie buitelandse vakbonde en menseregtegroepe gekritiseer.

Die tuigie, wat deur die Suid-Afrikaanse onderneming, Desert Wolf, van Hennie Kieser ontwerp is, en wat as die Skunk Pepperspray Drone bekend staan, is onlangs bekend gestel.

Die instansie meen die gebruik na dié tuigie sou die bloedvergieting by Marikana kon voorkom. Die tuigie kan met sy vier lope 20 rooirissieballetjies per sekonde afvuur. Dit kan ook verfballetjies vuur, en het ‘n luidspreker aan boord waarmee instruksies aan die oproeriges gekommunikeer kan word.

Klik hier om die volledige artikel deur Jan Temmerman in De Standaard te lees. Klik hier om ‘n berig deur die BBC te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sollie ·

Hmmm… soms moet mens dalk maar sulke goed gebruik as dit sterftes kan voorkom ne! Ek dink ook aan sokkerskares…. Wat weeg die swaarste – verlies aan lewens of dalk net oë wat brand??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.