SA op hoë gereedheid vir 11 terroriste

Argieffoto: btcfeed.net

Argieffoto: btcfeed.net

Die Verenigde Nasies (NV) se veiligheidsraad het Suid-Afrika gewaarsku om op die uitkyk te wees vir 11 internasionale terroriste wat kan besluit om die land as hul operasionele basis te gebruik, het The Times Vrydag berig.

Die koerant berig die terroriste het bande met Al-Kaïda en die Islamitiese Staat (IS).

Volgens ʼn proklamasie in vandeesweek se Staatskoerant bestaan die groep uit finansiers, werwers en logistieke ondersteuners van die terreurgroepe. Die 11 mans en vroue is van Noorweë, Saoedi-Arabië, Koeweit en Irak.

Hussein Solomon, senior politieke professor aan die Universiteit van die Vrystaat, het aan die koerant gesê Suid-Afrika word al sedert die 1990’s deur wêreldwye terreurnetwerke gebruik.

“Al-Kaïda het ʼn teenwoordigheid hier sedert 1997,” het Solomon gesê. “Teen 1995 was daar vyf Hezbollah-kampe in Suid-Afrika. Die lys van berugte persone uit die terrorisme onderwêreld in Suid-Afrika raak al hoe langer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Henk ·

Ek is oortuig dat SA op hoe gereedheid is. Die oomblik as die terroriste op Waterkloof lugmagbasis land, is daar ‘n helde ontvangs gereed vir hulle. Van hier word hulle met SA Lugmag helikopter na Nkandla gevlieg waar hulle die naweek onthaal sal word, en van waar hulle Maandag ontplooi sal word na hul onderskeie opleidingsbasisse waar hulle verskeie kursusse sal aanbied aan ‘n hele paar duisend onwettige immingrante wat tans hier gehuisves word, en ook aan die plaaslike bevolking opknappingskursusse sal aanbied!

Wynand J van Rensburg. ·

Skerp inset, ek is egter bevrees dat jy die spyker vol op die kop slaan.

Frik ·

Henk,
Jy vat die woorde so uit my mond. Dit is presies wat gaan gebeur.

Eish! ·

Ennn oor ‘n paar maande kwalifiseer hul as minister van veiligheid.

Ronel ·

S.a bestaan uit n klomp terroriste sal niks snaaks wees hulle sal soos konings hier behandel word

Anna ·

Ek sal nie verbaas wees as daai terroriste eintlik die land regeer nie…Zumpie is net die puppet en hulle is die eintlike base -_-

EMK ·

Alhoewel ons grappe maak hieroor is dit eintlik baie ernstig. Ons land word dan weer ‘n teiken vir die wat hierdie terroritse wil vang/hul neste wil oop-en uitkrap en so word gewone burgerlikes se lewens ook in gevaar gestel. Kyk hoe gaan dit in lande waar die tipe van goed rondbly… dis skrikwekkend. Ek glo dis ook ‘n geval van ek gee jou ‘n HELE paar note dan knyp jy maar jou oë toe vir ons teenwoordigheid in die land…SA raak een van die heel gevaarlikste lande om in te woon en dis nie NET weens plaasmoorde en algemene wetteloosheid en moord en doodslag nie!

Leeutjie ·

EMK ek weet dit is ‘n ernstige saak maar ek het omtrent uitgebars van die lag oor die segoed hierbo. Ons boere het maar net daardie humor wat jy nerens elders kry nie. Maar ek stem saam met jou…hierdie is om die duiwel in jou voorkamer in te nooi!

EMK ·

Leeutjie, ek stem – gelukkig kan mens wel nog lag. Om te lag is mens se redding sowaar.

Galore777 ·

Onthou net dat die Moslems hierdie aksies finansier en dit is jul doel om wereld oorheersing te hewerk stellig! Daar is geen moderate Muslim nie! Hul werk saam en almal help met die finansiering daarvan! Die Moslems Beheer die land agter die skerms!

adrian ·

stem galore, hul se altyd hul is vredeliewend, hul is radikaal en verwoesters in die wereld. Europa gaan omgedop word met die duisende wat elke dag op vlotte die lande binnesypel. Kyk in die supermark dat elke voedsel hetsy sjokelade, worcester sous, keloggs graanvlokkies als het die halaal teken daarop, die spul het lankal die land oorgeneem binne maatskappye en regering punte. Ek wonder altyd hoeveel van die halaal gemerkte produkte word fondse oorbetaal aan die ,, independant halaal trust” (dit staan op die produkte). Waarheen gaan die fondse, terrorisme ??? wonder net. Islam is stil en ,,sneaky” pasop !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.