SA owerhede wil Gugu Zulu se liggaam terugbring huis toe

Gugu Zulu (Foto: VW SA)

Gugu Zulu (Foto: VW SA)

Die Nelson Mandela-stigting, die Suid-Afrikaanse regering en hul eweknieë in Tanzanië werk nou saam om die renjaer Gugu Zulu se liggaam huis toe te bring.

Maroela Media het vroeër berig die 38-jarige Zulu is Maandagoggend op berg Kilimandjaro in Tanzanië dood. Die stigting het gesê hy het asemhalingsprobleme ondervind.

“Al die klimmers is veilig terug van die piek en is in kennis gestel van sy afsterwe. Hulle is platgeslaan deur die nuus. Hulle is op pad terug van die berg af en sal Woensdag na Suid-Afrika terugkeer. Ons kan nie in hierdie stadium bevestig of Letshego [Zulu se vrou] op dieselfde vlug sal wees nie,” het die stigting bygevoeg.

Volgens die stigting wag hulle vir dokumentasie van owerhede in Tanzanië en die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake voor reisreëlings getref kan word vir Gugu.

Die egpaar was deel van die Trek4Mandela-groep wat Kilimandjaro wou uitklim vir ʼn liefdadigheidsekspedisie om skoolmeisies te bevoordeel. Die doel van die uitdaging is om geld in te samel om 350 000 meisies vanjaar op skool te hou.

Die span sal na verwagting Woensdagaand op OR Tambo Internasionale Lughawe land. Die ekspedisie is gelei deur die ervare bergklimmer, Sibusiso Vilane.

Gugu was ʼn veteraanrenjaer en televisie-aanbieder wat bekend gestaan het as “the fastest brother in Africa”.

Hy word oorleef deur Letshego en hul een jaar oue dogtertjie.

Gugu Zulu en sy vrou, Letshego (Foto: Gugu Zulu, Facebook)

Gugu Zulu en sy vrou, Letshego (Foto: Gugu Zulu, Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Popeye ·

RIV Gugu, jy was ‘n baanbreker in S.A. Innige simpatie aan Letshego en jul dogtertjie.

Basson ·

Groot verlies en so onnodig in my opinie. (Want ‘asemhaling / griep’ simptome is eintlik ook ‘n aanwyser van hoogtesiekte ‘AMS’ toestand.)

RIV ou maat, gaan jou baie mis! :(

Tk ·

RIV Gugu. Dat n goeie daad nou so moet eindig. Ek bid dat jou gesin vrede sal ervaar.

Natasha ·

So hartseer. Baie simpatie met sy vrou en arme dogtertjie wat nou sonder n pa moet groot word.

Pete B ·

Vriendelike en lewenslustige kerel. Goeie ambassadeur vir sy sport. Dankie vir die voorbeeld wat jy gestel het.

Sad nuus ·

Dit is baie sad nuus, sterkte aan die familie. Die idee was mooi en sou besonder gewees het, maar eerlikwaar ek dink nie dit is die moeite werd om ‘n gevaarlike berg te probeer uitklim om fondse te in nie – hol liewer die Comrades, ry die Argus of enige ander challenge wat minder gevaarlik is. Wat van net ‘n huge soccer toernooi hou en alle armes nooi!!!!!

Tanja Hansen ·

Dis so hartseer en so ‘n groot verlies. Rus in vrede Gugu Zulu

Mariana ·

My innige meegevoel aan sy vroutjie Letshego en hulle dogtertjie, asook aan al sy geliefdes en vriend. Ek dra julle almal op aan ons Hemelse Vader waar ons hulp en krag vandaan kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.