SA-paaie eis dié feesseisoen meer lewens

Dipuo Peters, minister van vervoer. Foto: GCIS

Dipuo Peters, minister van vervoer. Foto: GCIS

Die minister van vervoer het Dinsdag aangekondig dat meer mense tydens die afgelope feesseisoen op die land se paaie dood is as in die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar.

Volgens minister Dipuo Peters is 1 755 mense tussen 1 Desember en 11 Januarie dood op die land se paaie, vergeleke met die 1 253 sterfgevalle tydens die feesseisoen in 2014.

Peters het gesê die aantal noodlottige ongelukke het met 11% toegeneem.

Die Wes-Kaap het die hoogste padsterftesyfer aangeteken met 162 mense wat op dié provinsie se paaie dood is. In 2014 het dié syfer te staan gekom op 122. “KwaZulu-Natal is die enigste provinsie waar die padsterftesyfer nie gestyg het nie. Daar is ʼn afname van 2% getoon,” het Peters gesê.

Volgens Peters is tot 47,9% van voertuie wat in ongelukke betrokke was passasiersvoertuie, gevolg deur ligte afleweringsvoertuie met 22,7%, minibusse met 10,1% en vragmotors met 4,8%.

Peters het gesê die “menslike faktor” het tot die meerderheid van ongelukke gelei. “Baie van die ongelukke is veroorsaak deur die oortreding van die spoedgrens, asook deur bestuurders wat onder die invloed van alkohol bestuur het,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann Marx ·

Ek sien die Minister van Vervoer verskyn nou elke dan en wan op die TV, waar sy afgeneem word met ‘n padteken in die hand, en mense maan om veilig te ry. Wat help dit? Hoekom maak die Minister en haar Departement nie liewer klein 30sekonde video grepe van HOE mens behoort te bestuur nie, en ook watter oortredings mengse begaan in die verkeer? ‘n Jong mens gaan vir ses lesse by ‘n K53 instrukteur, bestuur absoluut perfek om die toets te slaag, en van daar af word hulle losgelaat in ‘n gemeenskap wat GEEN respek het vir ENIGE verkeersreël het nie. Ek moes gister my wiele sleep vir ‘n taxi wat IN ‘n kruising TEEN ‘n rooi lig (vir hom) in ry en ‘n u-draai maak om insittendes op te laai. Wys liewer vir die nasie elke aand vir 30 sekondes lank SAAM met elke advertensiebreuk HOE om te bestuur, en wat om NIE te doen nie. Dit sal soveel meer beteken as om langs die pad te staan met ‘n stopteken in jou hand, en vir mense te sê hulle moet veilig ry.

Peet Schabort ·

Korrek Johann. K53 is ‘n basiese handleiding wat nie veel beteken. Ek het verlede jaar die boekie gaan koop uit nuuskierigheid. Dis tyd dat die minister begin navraag doen by motoriste wat vir baie jare ongeluksvry bestuur oor hoe hulle dit regkry. Daar moet iets wees wat jy reg doen om 55 jaar ongeluksvry te bestuur. As jy ‘n gewoonte-oortreder is sal jy nie so lank daarmee wegkom. Toegegee dat daar wel foute gemaak is maar nie die soort wat byv.tromop-botsings sou veroorsaak het of die blatante verontagsaming van stopstrate, rooi verkeersligte ens.
Maar nou-ja, die geleerdes in verkeerswese moet maar rondval vir ‘n oplossing. Tot tyd en wyl sal daar dooies en verminktes so gereeld soos klokslag wees.
Wat my bekommer is dat ek heel onskuldig ook deel van ‘n ander se ongeluk kan word want daarvoor is jy nie immuun. Tog help jare se ondervinding wat nie te krye is in K53 maar wat wel oordraagbaar is as die owerhede net wil luister.
Intussen: Hou noord en spoed voort . . .

Paaie van di dood ·

En ons moet byvoeg bestuurders wat onder verdagte omstandighede rybewyse verkry.

Realis ·

U edele Minister Peters. Wanneer gaan u en u regering besef dat ‘n mens nie ‘n siek mens kan gesond maak deur die simptome te dokter nie. U waardestelsel in terme van verkeer bestuur het ‘n groot paradigma skuif nodig. In plaas van blameer, probeer polisieer.
Pad blokades en spoed kameras wat dronk en spoed oortreders uitsonder is tipies van polisieering in die Suid Afrikaanse opset. Soek die sagte teikens, elimineer hulle en siedaar: Die probleem gaan vanself weg. Dit het tyd geword dat verkeers polisie hulle roeping begin uitleef deur toesig te hou oor die vloei van verkeer en sondebokke te identifiseer wat ongelukke veroorsaak. Bestuurders wat ‘n u-draai in die pad maak sonder inagneming van aankomende verkeer, bestuurders wat op’n wit lyn verbygaan, bestuurders wat aan die linkerkant verbysteek om maar ‘n paar te noem. Die grootste bydraende faktor tot enige ongeluk is en bly die menslike faktor. Propaganda en julle huidige pogings gaan geen hond haar afmaak nie. Konsentreer op menslike kopskuiwe deur korrektiewe toesig en wetstoepassing en sien die verskil.

DPJ ·

Johann, goed gestel maar jy vergeet mense moet gepoleeer word vir die komende verkiesing.

NEL ·

Mense die agbare minister Pieters en verkeersbeaptes moet begin om te doen waarvoor hulle betaal word. Ek het die 22 Desember 2015 van Komatipoort afgery Kaapstad toe met vakansie. Ek het 5 provisinsie deur gery tot my bestemming en die hele roete was ek en my vrou so verbaas om geen verkeersbeaptes op die pad te sien wat besig was om sigbare polisihering te doen nie. Kenny Afrika het dieselfde dag 2 uur op radio uitgesaai hoe gereed sy manne is om die oorlaaide taxi en die dronkbestuuders vas te vat. Hy sit nou met die hoogste dodetal in al die provinsies. Die meeste verkeers beamptes is by die eetplekke op verskillende dorpe opgemerk waar hulle besig was om hulle tyd teverwyl. Alvorens die minister dit nie in plek kan stel nie, verloor sy die styd en gaan die dodesyfer hier jaar nog net so hoog wees

alida ·

Ag wat sal sy ook nou weet van padreels ens. Sy het mos ‘n motorbestuurder. Wonder of sy ooit self ‘n rybewys het.

Gideon ·

Dalk moet die agbare Minister begin om voor in die kar te sit wanneer haar chauveurs haar rondry op die land se paaie, en dan sal sy sien in watter toestand is die paaie. Daar is soveel teerpaaie met geen wit strepe nie- hoe moet mens sien aan watter kant van die pad om te ry, veral as daar probleme is met afstand skat? Hoeveel teerpaaie het nie grondskouers wat geskraap is, dat mens vinnig in ‘n noodgeval kan links beweeg nie, sonder om jou kar om te gooi nie. Hoeveel slaggate is daar nie op ons land se paaie nie!! Mens kan liewers vlieg van punt A na B, want om enige lang pad te ry is so vermoeiend want mens kan of mag nie ‘n mens se oog vir ‘n sekond van die pad af hou nie, want dan skryf jy jou kar af, omdat dit net daardie sekond is wat mens ‘n gat tref!
Agnee Minister ek dink jou portefeulje kort ‘n splinternuwe besem!

Henri ·

Daar is net een probleem op ons paaie “geen werstoepassing” net wanneer die tv kameras daar is en die edele kan n lot nonsens praat.

Christo Henrico ·

Ek wil net weet wat soek voet gangers op die pad.Hulle staan oral rond en veral op snelweës waar hulle nie hoort nie.
Die tweede ding is dat die minister sê die voet gangers is meestal kinders, waar is hulle ouers dan wat moet toesig hou oor hulle kinders .Die ouers moet dan vervolg word.

Ahooy ·

Sonder om rassisties te wees. Jare gelede in die apartheidsera was daar een goue padreël: HOU LINKS !!!

Jan maak n Plan ·

Nog drie groot foute is, dat die meeste mense nie die mees basiese padreel – van hou links en gaan regs verby ken of doen nie. Kry bykans elke dag plaaslik bestuurders wat op gelei of getoets word, wat in die regterbaan kruie en sodoende die verkeer laat opdam. Die volgende fout is respek vir ander motoriste, steek sommer om n blinde draai, oor n dubbele sperstreep verby en dan die groot fout wat munisipaliteite maak is om oor n kort afstand te veel verskillende spoed grense te wil he. DIe mense steur hulle dai nie daaraan nie en ry wat hulle wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.