SA paaie gevaarlikste ter wêreld – verslag

teerpad-pad-paaie-platteland

Argieffoto (Foto: Nextvoyage/Pexels.com)

ʼn Internasionale studie van ongelukke op paaie in meer as 50 lande het bevind dat Suid-Afrika die gevaarlikste paaie ter wêreld het.

Dié studie deur die Amerikaanse bestuurdersopleidingsgroep Zutobi het die veiligheid op 56 lande se paaie gemeet deur verskeie faktore in ag te neem, onder andere die sterftekoers op paaie, die maksimum spoedgrens en die aantal mense wat veiligheidsgordels dra. Hiervolgens is lande ʼn punt uit tien gegee. Suid-Afrika het ʼn skamele 3,23 uit tien behaal, die laagste van al die lande. Thailand het die tweede swakste gevaar met ʼn puntetelling van 4,45 uit tien, gevolg deur Amerika (5,09) en Indië en Argentinië wat albei 5,1 behaal het.

Luidens die studie het Suid-Afrika die tweede meeste padsterftes (25,9 per 100 000 lede van die bevolking) ter wêreld. Die studie het ook bevind dat nagenoeg 57,5% van alle padsterftes in Suid-Afrika deur dronkbestuurders veroorsaak word. Dit is verreweg die hoogste padsterftesyfer weens dronkbestuur ter wêreld. Net sowat ʼn derde (31%) van Suid-Afrikaners dra boonop veiligheidsgordels.

Met 32 sterftes per 100 000 lede van die bevolking, is dit net Thailand wat Suid-Afrika oortref wat die padsterftekoers betref. Buiten Thailand se dikwels chaotiese strate met swak onderhoude paaie, het dié land ’n maksimum spoedbeperking van 120 km/h op snelweë en net 40% van motoriste dra veiligheidsgordels. Die sterftes weens alkoholverbruik is wel laag op 14%.

Amerika teken 12,4 padsterftes per 100 000 inwoners aan. Die land het een van die strengste dronkbestuurbeleide, met bestuurders wat slegs 0,08 g/100 ml alkohol in hul bloed mag hê. Ten spyte hiervan kan amper ʼn derde van padsterftes (29%) aan die gebruik van alkohol toegeskryf word. Daarbenewens het sommige dele van die land ’n maksimum spoedbeperking van tot 130 km/h. Die snelweg in Texas laat selfs snelhede van tot 137 km/h toe.

Hierteenoor het Noorweë die veiligste paaie ter wêreld, met slegs 2,7 padsterftes per 100 000 lede van die bevolking. Nagenoeg 95,2% van die bevolking sit hul veiligheidsgordels aan en die spoedbeperking hier is slegs 109km/h.

Japan se paaie is die tweede veiligste, met 4,1 sterftes per 100 000 inwoners en 98% van sy mense wat gebruik maak van veiligheidsgordels. “Hierdie syfers is indrukwekkend gegewe die aantal mense en voertuie in groot stede soos Tokio,” lui die verslag.

Swede het die derde veiligste paaie ter wêreld, met 2,8 sterftes per 100 000 inwoners.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

MakersMark ·

Wel dis te verstane. Swak inderhoud, voeruie wat nie padvaardig is nie, taxi’s en al die probleme wat daarmee saamgaan asook die feit dat 80% van padverbruikers skaars geletterd is saam met ‘n korrupte polisiëring sisteem – en daar het jy dit. Mzanzi nou nie net meer die misdaad, moord en verkragtings leier in die wêreld nie maar ook nou die gevaarlikste paaie. SA besig om die muishond van die wêreld te word.

gatgogga ·

Ek dink ons beleef ook die swakste kwaliteit van lewe ter wereld.

gpsa ·

Sit by die hoeveelheid aktiewe wets toepassers wat hulle werk doen, per 100 000 bestuurders dan sien mens waar is die probleem.
Nogal verbaas oor Amerika.

B-Man ·

Noorweë… vergelyk ‘n Volvo met ‘n tweedehandse HI-ACE. Te veel onpadwaardige voertuie (veral publieke vervoer), swak tot geen wetstoepassing en lae gehalte onderrig oor padveiligheid en -reëls. Dan kan van die beste ontwerpte paaie deur wêreldklas ingenieurs nie eers die stryd wen nie. Terloops, RSA het die 10de grootste padnetwerk ter wêreld.

Wielspore ·

As mens vat hoeveel belasting daar gehef word om beter paaie te bou en hoeveel boetes uitgeryk word behoort ons finansieel die beste paaie in die wêreld te hê. Dit is net nog ‘n bewys dat hierdie gelde vir iets anders as om pad veiligheid te verbeter, aangewend word. In my leeftyd van bietjie meer as ‘n halwe eeu was ek in nog net een padongeluk agv swak pad toestande. Maar as ek in ag neem hoeveel amper ongelukke al daar was agv ander bestuurders is die getal heelwat meer. Na my mening is Minibus taxi bestuurders en Swaarvoertuig bestuurders aan die voortou van oortreders.

Vernon ·

As jy kyk hoe jaag die nuwe SA lede met hul nuwe Duitse motors soos maniake,asof hulle aan niks gewoond is nie,is dit nie n wonder ons het gevaarlike paaie nie. Hoop net hulle haal mekaar uit.

Pieter ·

Veel voertuie, veral taxi, het ook nie 3de party versekering nie. Totaal onaanspreeklik tydens ‘n ongeluk. Dra by tot onverantwoordelike gedrag op die pad.

Androclus ·

ANC – LAND Studente ry net soos hul wil dronk en onbeskof.

gatgogga ·

Nee, ons moet begin om die Rampokker regering te blameer – en hou op om die Apartheid regering ye noem.

Alet ·

Neem die toestande van die pad ook in ag. Liewe ouers mens het partykeer nie eers ordentlike ryvlak op die pad nie. Veral as mens in die donker of reenweer op vreemde paaie ry. Dink SA se toestand van paaie is ook die slegste in die wereld. Mens moet gesuip wees om die potholes te mis!

Jakes ·

Het iemand dan beter statistiek verwag? SA is n vierde wereldland wat die muishond van Afrika word.

Cd ·

Waarom moet daar n toegewing gemaak word vir alkoholgebruik?
Maak dit. O.0 %
Wees baie strenger op dronk bestuurders

Hennie ·

Haai nooit. Ek kon dit vir hulle gesê het. Waar die ANC betrokke raak, waar BBBEEE toegepas word gaan dit gebeur.

Jacobus ·

….ons het ook die gevaarlikste bestuurders! Ek vind dit vreemd dat dit nie hoër is nie.

Rooikoos ·

Bullsh1t. Ek bly hier en dis nie naastenby so erg soos SA nie

Connie ·

Ek dink julle het die toestand van die paaie vergeet, maar wil nou alles op drank gooi, ek se geensins dis reg om te drink en bestuur nie, ek is gekant daarteen, moet my nie verkeerd verstaan nie. Maar wat van al die slag gate dis om van naar te raak. Ek ry in die middae huistoe, party plekke ry ek soos een wat gedrink is, om al die gate mis te ry. Die taxi ry soos hul wil, sit mense se lewens in gevaar. Maak sommer n 4 de baan. Maar daar is geen woord oor dit en die slag gate nie, en dan vat hulle nog meer belasting om dit reg te maak, wanneer gaan hul dit doen, mmm seker eers as almal hul cut gekry het en daar is n bietjie oor.

Annelize ·

Ek sal dit GOED glo. Oorgrootte meerderheid oorsaak van ongelukke sal jy tussen die rugleuning en die stuurwiel kry.

Was self vroeer vandag amper in my kanon in gery deur ‘n paloeka wat duidelik nie die waagste benul het van enige verkeersreels nie. En minute voor hy my amper raakgery het, het hy ander mense ook amper getref!

Eden ·

Ek dink daar is ‘n paar Afrikalande waar dit erger gaan, soos Kenia. Maar nietemin, almal ry mos net soos hulle wil, want die minibus taxis wys die pad aan. En nee, meer spietkops is nie die oplossing nie. Hulle stel geensins belang in verkeerbeheer nie, net in hoe kan hulle meer omkoopgeld uit (veral wit) motoriste maak.

Casper ·

Wielspore,roekelooe en nalatige bestuurders deur taxis en groot lorries is die grootste gevaar op ons paaie.Lorries behou nie volgafstande nie so jy kan nie verbygaan nie,onbedagsame bestuur.Taxis wil altyd eerst van punt A na punt B beweeg #$%sperstrepe.

Anel ·

En daar word daar gekerm en die land word toegesluit vir ‘n virus!!! Meer mense gaan daagliks dood in hierdie land aan ander oorsake as wat aan die virus doodgaan of ooit sal doodgaan!

Kokerboom ·

Dis NIE goeie nuus!! So tong in die kies: op een gebied is ons darem eerste in die wereld!Ongelukkig is dit NIE iets om op trots te wees

Willem ·

Ek noem dit n skreiende skande!!!!Anc noem dit vooruitgang!!!!

Nico ·

Die mense ken glad nie meer wat beteken volg afstand nie, dit is asof jy van die pad af gedruk word. Die ouens met die groot vier trek voertuie en ook die taxi’s en groot vragmotors is die oorsaak van talle ongelukke. Ek het nou weer gesien swaar voertuie gaan mekaar verby op onveilige plekke so ook die taxi’s. Daar is geen behoorlike bestuurskole nie, wat van die voertuie met die “L” plakker op die ruite. Die verkeersbeamptes word maklik omgekoop om ‘n verkeersboete vry te spring, gaan kyk na die oorsese lande hoe word die paaie beskerm.

Estelle ·

Ons paaie is in n baie slegte toestand. Dis nie altyd die bestuurders nie. Kom kyk bietjie hier in die Noord kaap op die pad waar myne soos Tshipi en Umk le. Die myne is kwansuis so behep met Health &Safety maar hul lig nie n vinger om die pad wat hul werkers elke dag ry reg te maak nie. Of ten minste te probeer dat die regering dit doen nie. Ek het in my lewe nog nie sulke slegte paaie en slaggate gesien nie, dis n skande. Hier is gereeld ook gruwelike ongelukke, want as mens uitswaai vir die slaggat, dan veroorsaak dit n kop aan kop botsing met aankomende verkeer. Die munisipaliteit reken die pad behoort aan die myne, hul het dit gemaak en is verantwoordelik daarvoor en hulle voel n veer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.