SA paaie mag nie ‘begraafplase wees’

Fikile Mbalula, minister van vervoer, by die massabegrafis vir 21 van die 24 slagoffers van Maandag se gru-ongeluk in Limpopo. (Foto: RSA Minister of Transport/Twitter)

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, sê Suid-Afrika se paaie “kan nie begraafplase wees nie, maar moet weë wees wat mense aan ekonomiese en maatskaplike sentrums verbind”.

“Elke sterfte op ons paaie is een te veel,” het Mbalula Saterdag in Limpopo gesê waar hy die massabegrafnis van 21 van die 24 jongmense wat Maandag op die R81 verongeluk het, bygewoon het.

Die slagoffers was op pad van ʼn Jeugdagviering in Polokwane toe die minibussie waarin hulle gereis het met ʼn passasiersbus buite Tzaneen gebots het. Na bewering was die passasiersbus uit die rigting van Giyani en die minibussie uit die rigting van Mooketsi op pad toe dit reg van voor gebots het.

“Ons openbare vervoerstelsel kan nie kiste op wiele wees waar onskuldige mense sterf weens die onverskillige optrede van ander nie.

“Die omstandighede waaronder dié jong mans en vroue gesterf het, is net nog ʼn aanmaning dat dit ons gesamentlike verantwoordelikheid is om geen steen onaangeraak te laat om te verseker dat ons paaie veilig is nie.

“Moeilike vrae gaan gevra moet word, maar selfs belangriker, ons moet oplossings vind,” het Mbalula by die begrafnis in Ga-Rapitsi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

???? leser ·

mbalula , julle het TE veel TE lank , toegelaat, daarom is die paaie , strate , beraafplase

Netso ·

Minister Fikili gan sê vir jou president Plase kan ook nie meer doodskiste wees nie?

Andreas ·

Jy kon net sowel gesê het boere se PLASE mag nie begrafplase wees nie, maar ek het idee dit het nie eens by jou opgekom nie. Maar jy is mos nie die landbouminister nie, ook nie die minister van polisie nie.

Willehond ·

Bla bla! Kry die taxis onder beheer en jy sny die dodetal ten minste met die helfte.

Aitog.. ·

Wat van die plase? En boere? Ongelooflike diskriminasie!! SKANDE!

Swartwolf ·

As mens dit se sal dit seker vanself gebeur. cANCer glo in towerkuns. Ramaparra wil 2 m werksgeleenthede skep en hy spreek net die woord….. so die slagting op die paaie is definetief ook oor.

Susan ·

Die taxi was oorlaai…. Begin by jou eie mense Mnr Mbalula

Gert van Wierdapark ·

Die eerste vraag wat die nuwe mini-ster van Vervoer moet vra, is:Hoekom is SO BAIE TAXIS in noodlottige ongelukke betrokke? Dis AL!! Dan moet hy net bietjie huiswerk oor die Taxi-doodskiste op wiele doen, en stappe neem om dit te stop! = Onpadwaardige voertuie, oorlading, roekelose bestuur, min-agting van verkeersreels ens ens.

Manie ·

Ek beleef die wetteloosheid daagliks soos ek ry in ons strate. Hier is n groep van mense wat totaal wetteloos is op die paaie. Ry oor rooi verkeersligte, stopstrate en gaan verby op wit strepe. En snaaks daar’s nooit n verkeers persoon in sig

chrisjan ·

Mbalula meen seker “slagvelde” in plaas van “begraafplase”.Hoe dit ook al sy hy weet duidelik nie waarvan hy praat nie!
Daar is nog geen vinger gewys na ‘n skuldige in die’ spesifieke ongeluk nie.Die busdrywer het oorleef so hy kan praat.Die ongeluks toneel (punt van botsing) sal ook ‘n storie kan vertel.Dan is daar ‘n taxi wat meer as oorlaai was wat ook boekdele spreek.So om ‘n skuldige te vind gaan maklik wees in die geval.
Die Minister van Vervoer moet minder praat en iets daadwerkliks DOEN om die ongeluksyfer drasties te laat daal op ons paaie.Maar sy reputasie as minister die afgelope 10 jaar is vrot.

Andreas ·

Ai Maroela, ek het seker so halfuur gelede al geskryf Boere se plase mag nie begraafplase word nie, en daar val ek uit die bus uit. Sorry man. En toe word ek onder sensuur geplaas. Nou is ek aspris en wonder of ek more nagmaal mag gebruik?

Lj ·

Dit is net soos jy daar sê Manie. Al wat jy nie mag doen, is om vinnig te ty ry, anders mag jy maak en doen net wat jy wil.

SjN ·

Frikkie, besef tog jy is nie parlementêre materiaal nie asb.

marous ·

Weet Meer . Jy is reg . Die mense in die omgewing bevestig dat dit ‘n gefuif was van plek tot plek . Daarvan sal egter niks gese word nie , want dit pas hulle poets beeld nie .

Andreas ·

Ek het hierdie heelwat langer as twee uur gelede geplaas, maar toe word dit geag nie relefant te wees nie:
Jy kon net sowel gesê het boere se PLASE mag nie begraafplase wees nie, maar ek het
idee dit het nie eens by jou opgekom nie. Maar jy is mos nie die landbouminister nie, ook
nie die minister van polisie nie.

skurweberg ·

“Weet meer” As jy seker is oor jou feite is die saak ernstiger en ongelooflik!!!!

Hendrik De Wet ·

Vir ons paaie om nie begraafplase te word nie moet dit, nommer een, in stand gehou word en nommer twee, moet daar gevolge wees vir onverskillige en minagtende padgebruikers. Dus, vir implementering van bogenoemde het jy bekwame beamptes nodig vir instandhouding en wetstoepassing. As bogenoemde ontbreek of gebrekkig is sal die slagting op ons paaie voortgaan.

Oom Kalahari ·

SjN, stem saam met jou stelling.
Al wat die mannetjie doenis om oral van portefuelje na ander te gaan en geraas te maak. Almal moet weet van hok. Hy en daai moeilikheid maker van Onderwys is van dieselfde stoffasie. Menigte taxi’s en voertuie se bestuurders het gekoopte lisensies en is onpadvaardig.

Boerseun ·

Dop en dice, al wat youth day is. Niks om te vier nie net dronk entitled morone en ryk engelse multi culturalists

'n Vis vrot van die kop af ·

Die gees van wetteloosheid en arrogansie word gelei deur die blouligbrigades. Almal moet vir hulle pad maak, hulle stel die voorbeeld van verhewe wees bo padreëls en spoedbeperkings; waarom sal die taxi’s nie dieselfde verwaandheid aan die dag lê nie.

Scruffy ·

Hy wat die minister is weet nie Elke mini bus taxi op die pad glo hulle is James Bond License to kill

Strandloper ·

Lands wette en pad wette is daar vir n doel…geskep deur ons eerste wereld mense met n insig op voort bestaan…. verontagsaam dit en jy sal die duurste tol betaal…voel net jammer vir die onskuldiges

Ivana ·

Ons paaie is in n haglike toestand en gaan kyk bietjie hoe bestuur hulle. Hulle lê en bestuur, of agteroor of teen die kant maar lê die lê hulle. Sommiges kan nie eers oor die stuurwiel sien nie, maar daar word gery. Te veel kry te maklik lisensies en eintlik hoort hulle nie eers agter die stuur van n kruiwa nie.

Kwota ·

Ek sit tans in Europa en is elke dag op die paaie hier. Ek verkyk my na alles wat reg verloop en dat daar skaars ‘n ongeluk van enige aard gebeur. Dis eenvoudig, mense volg die padreëls. As nie is dit een helse oortreeding van die wet en kan selfs tot tronkstraf wees of jou lisense kan weg geneem word. Dan praat ek van klein goedjies soos om n fietsryer raak te ry. In SA is dit net te maklik om die wet te oortree, want as die hoës in die parlament dit mag doen hoekom mag hy dit nie doen wat in Memalodi sit nie.

Chris Ws ·

Die Minister van Vervoer is net bek.As padreels die dag op ‘n grootskaal AFGEDWING word en bestuurders ordentlik beboet word (geen boete onder R2000 nie) sal dinge dalk begin verbeter op die land se paaie.Maar heelaas daar is net myle te min wets toepassers op ons paaie.Almal sit by dorpe se in en uitgange en kyk lisensies en NIEMAND doen veldwerk op paaie nie.

Andreas ·

Nou wat verwag mens, almal is kaders, nie een is ‘n spesialis op sy gebied nie, so watter kans het hulle om die regte dinge reg te doen?

Spike ·

80% van bestuurders het nie die vermoëe om ñ lisensie te besit nie, maar hulle koop dit sommer by hul comrades en kaders pelle.

Dries Moolman ·

Begin by die taxis. Waar ek woon, kyk verkeersbeamptes gerieflikheidshalwe anderpad wanneer die taxis oor rooi verkeerslige jaag, of uit verkeerde bane probeer indruk. Maar laat die ou tannie nou net dit waag om in haar karretjie te klim om te gaan inkopies doen, dan trek hulle haar by die eerste stopstraat af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.