SA platejoggie wen Grammy-toekenning

Black Coffee (Foto: Mindy Small/Getty Images/AFP)

Die Suid-Afrikaanse platejoggie Black Coffee het sy eerste Grammy-toekenning gewen nadat sy album Subconsciously as beste dans- of elektroniese album aangewys is.

Die 64ste Grammy-toekennings het Sondagaand in Las Vegas plaasgevind. Die Amerikaanse kunstenaar Jon Batiste het skoonskip gemaak deur met vyf toekennings, waaronder die toekenning vir album van die jaar, weg te stap.

Batiste, wat vir 11 toekennings benoem is, het ook die toekenning gewen vir beste musiekvideo. Silk Sonic het opname van die jaar, liedjie van die jaar, beste R&B-vertoning van die jaar en beste R&B-liedjie van die jaar gewen.

Olivia Rodrigo het nie soveel Grammy-toekennings gewen as verwag nie, maar sy het uiteindelik met die toekenning vir beste nuwe kunstenaar weggestap sowel as twee toekennings in die popmusiekkategorie.

Jon Batiste (Foto: David Becker/Getty Images for The Recording Academy/AFP1)

Foo Fighters het ’n toekenning ontvang vir beste rock-optrede. Dit kom nadat hul tromspeler Taylor Hawkins verlede maand in die ouderdom van 50 dood is.

Tony Bennett en Lady Gaga het twee toekennings gewen vir hul album Love for Sale. Billie Eilish, Justin Bieber en Lil Nas X het van die meeste benoemings gehad, maar het nie ’n enkele toekenning gewen nie.

’n Voorafopgeneemde videopleidooi van die Oekraïense president Wolodimir Zelenski is tydens die geleentheid gespeel waarna John Legend die liedjie “Free” saam met Oekraïense sanger Mika Newton gesing het.

Joni Mitchell het die prys vir beste historiese album gewen nadat sy Vrydagaand tydens ’n roerende huldeblyk-gala vereer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.