SA pluimveeboere soek nuwe uitvoermarkte

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf werk saam met die regering om nuwe uitvoermarkte te ontgin as deel van ʼn meesterplan om nuwe lewe in die sektor te blaas.

Die departement van handel en nywerheid het Woensdag gesê die regering het ʼn vergadering van pluimveeprodusente, invoerders en staatsdepartemente byeengeroep om groeiplanne uiteen te sit te midde van kommer dat die invoer van gevriesde hoenderprodukte die plaaslike bedryf skade berokken.

“Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf was die afgelope paar jaar onder druk, onder meer weens mededinging deur invoere,” het die departement gesê.

“Dit [die bedryf] bly egter belangrik vir Suid-Afrika as ʼn bron van werkskepping en landbouproduksie. Na raming werk nagenoeg 50 000 mense in die pluimveebedryf, wat ʼn beduidende deel van landbou-indiensneming in Suid-Afrika uitmaak.”

Die samesprekings in Pretoria is gelei deur die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, sy adjunk, Nomalungelo Gina, asook die minister van grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza.

Die nuwe plan om markte vir pluimvee te ondersoek, kom ʼn dag nadat Patel ook ʼn komitee op die been gebring het wat bestaan uit sakeondernemings, arbeid en staatsdepartemente, om planne te ontwikkel om die nuwe Afrika- kontinentale vryhandelsgebiedooreenkoms (AfCFTA).

“Ons moet ʼn weg vind na ʼn meer mededingende, inklusiewe bedryf wat meer Suid-Afrikaners in diens neem,” het Patel gesê.

“Daar is geleenthede vir ons om meer hoender in ander wêrelddele te verkoop, ons eie kapasiteit te verhoog en die pryse vir plaaslike verbruikers te verlaag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarie ·

As invoer van pluimvee ons plaaslike bedryf benadeel, beperk dan die invoere.

Judge Dredd ·

Nee, moedig plaaslike boer om meer te produseer as benodig – sodoende kan hulle dan ook die oorskot hier “dump” teen goedkoper pryse wat mededingend met ingevoerde hoender is.

Manie ·

Ek weet nie wie in die wêreld gaan daardie duur hoenders van julle koop. Julle het nie die vermoë om te kompeteer met sekere lande. Julle wil al ewig julle duur produk op ons afdwing deur dat julle pleit vir hoër tariewe op ingevoerde hoender produkte van die regering. So julle soek onregverdige beskerming en die verbruiker moet ten duurste betaal vir julle hoenders. Een van die groot probleme julle moet duur betaal vir patetiese arbeid wat die vakbonde op julle afdruk. Hoop julle kry n mark vir al julle hoenders sodat die verbruiker hier tenminste die voordeel kry van goedkoper ingevoerde hoendervleis

marco polo ·

Kan julle nie n paar hoenders China toe stuur nie? Die hoenders hier is darem wragtag klein.

Swannie ·

En dan is dit nog vol water gespuit ook !!

Probeer maar `n braai hou van die hoenderstukke in die gevriesde sakke. Dit lyk na `n mooi dy of boudjie, maar wanneer jy klaar gebraai het, lyk dit meer na duiwe vleis as hoenders, so klein is dit .

Manie ·

Die mense wat gewoonlik so huil oor die hoender mark is nie boere maar hoender produserende maatskappye. Hulle kan nie kompeteer met oorsese hoender pryse. Vra gedurig vir beskerming van die markte hier met hoër invoer tariewe. Net sodat hulle hulle duur hoendervleis op die verbruiker kan afforseer. Een van hulle probleme is hulle arbeidsmark wat baie duur is vir die produksie wat hulle lewer. Bedank die vakbonde vir julle probleem. Ek hoop julle kry uitvoer mark vir al julle hoenders sodat ons goedkoper ingevoerde hoenderprodukte kan kryg in die land en nie julle duur hoenders

J van Rustenburg ·

Moet miljoene mense in die land nou duur betaal vir hoender sodat 50 000 mense werk kan he

Mudguard ·

Voer dit uit Zimbabwe toe. Vir n zillion dollar per kilo.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.