SA pluk ‘wrang vrugte’ van opstand wat lank reeds broei

Gewone Suid-Afrikaners help opruim nadat plunderaars die afgelope paar dae chaos op talle plekke veroorsaak het. (Foto: Twitter)

Die Thabo Mbeki-stigting sê Suid-Afrika pluk nou die “wrang vrugte van ʼn teenrevolusionêre opstand wat lank reeds broei in die hart van wat ons gewoonweg staatskaping noem”.

Die stigting sê hy het met diepe kommer kennis geneem van die verwoesting van private en staatseiendom tydens die onluste in die afgelope week.

“Die kenmerke van staatskaping – die doelbewuste en stelselmatige wegkalwing van staatsbronne wat ons by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en staatsbeheerde ondernemings gesien het, asook die verswakking van alle afdelings van wetstoepassing, waaronder intelligensie-agentskappe en die Nasionale Vervolgingsgesag – is kommerwekkend.

“Die ekonomiese sabotasie en roekelose verwoesting van eiendom en infrastruktuur kan nie as toevallig aanvaar word nie. Ons onthou dat die huidige situasie voorafgegaan is deur openlike dreigemente van burgeroorlog en onrus,” lui ʼn verklaring van die stigting.

Die stigting sê hy erken ook dat die demokratiese staat hom in ʼn moeilike posisie bevind en dat die demokratiese bestel vir baie Suid-Afrikaners nie voldoen aan die belofte van ʼn beter sosiaal-ekonomiese toestand nie.

“Veel meer moet in dié verband gedoen word.”

Die stigting sê die sosiaal-ekonomiese probleme van baie mense en die onlangse inhegtenisneming van oudpres. Jacob Zuma was die perfekte toestand om ʼn aanval op die staat en die konstitusioneel demokratiese beginsel waarop dit berus, van stapel te stuur.

Die stigting sê voorts die magdom verkeerde inligting wat versprei word, is goed georkestreer om te verseker dat die land gekonfronteer gaan word met ʼn bevolking wat alle hoop verloor het wanneer die vlamme eindelik geblus word.

“Ons vra vir kalmte, eenheid en waaksaamheid in hierdie moeilike tyd. Ons doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners en alle sektore van ons samelewing om nie mislei te word en die slagoffers te wees van die meesters van die donker kunste wat ons uitdagings wil uitbuit nie.”

Die stigting doen, selfs nog belangriker, ʼn beroep op die regering en wetstoepassingsagentskappe om geen steen onaangeroer te laat om diegene agter die opstande te laat boet nie.

Hy vra ook vir ʼn dringende byeenkoms van die regering en al sy maatskaplike vennote om kort-, medium- en langtermynplanne vir ekonomiese herstel te beraam en in werking te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Thom ·

Terwyl die meeste Suid-Afrikaners ons land probeer red dwaal julle in die vorige eeu en breek af __ dieselde as die anargiste , net op ‘n meer slinkse manier .

Snowball ·

Om iets raak te sien vir wat dit is (die honeymoon fase van hierdie waar almal skielik saam gaan opbou, gaan net hou totdat die realiteit van ekonomiese verwoesting en plundery behoorlik insink; die ANC is steeds in beheer), breek niks af nie, dit bevestig net wat almal, ook die res van die wêreld, kan sien. Die waarheid maak soms seer, veral as jy dit nie meer kan toesmeer nie.

Persheks Adri ·

Zuma, sy kinders, Karel kat en die EFF’ers is bo aan my lys van verdagtes…

melaney ·

Cyril het duidelik gesê hy ken die name van die twaalf manne wat agter die opstokery sit. Hy het net so duidelik nagelaat om te sê wanneer hierdie twaalf gearresteer gaan word. Ek hou glad nie my asem op nie.

Snowball ·

Hierdie is bloot die siek, vrot, stink, 27 jaar lange toegesmeerde ANC sweer van korrupsie wat oopbars ten aanskoue van die ganse wêreld. Waar was die hoogheilige stigting tydens die 9 jaar van staatskaping? Tjoepstil.

Snowball ·

Realiteit of negatiwiteit Thom? Wie of wat gaan verander ná almal skielik hulle skok uitspreek oor wat aangaan in SA? Dit was net ‘n kwessie van tyd, wat mens egter laat gril is die sg instansies (wat meer by magte was om die gemors te ontbloot as gewone burgers) wat nou skielik ‘n skynheilige windeier lê. Niemand so blind soos dié wat weier om te sien.

Jerry ·

Hoe verder die land wan bestuur word hoe meer gaan die mense in opstand kom… N honger mens sien nie sin nie!

Hoekom ·

Niemand kan ‘n 70 inch HD smart tv eet nie. Kan ook nie mall teëls of glas eet nie. Nie eers gepraat van die bloedbank wat hulle geplunder het nie, eet hulle bloed?

Piet Snot ·

Mbeki het self ‘n aandeel hieraan. Hy was die een wat weer na burgers begin verwys het as swart en wit onderskeidelik, en begin het om die wittes die skuld vir alles te gee.
Ek onthou dit goed.

Snowball ·

Net so Piet Snot, skielik is hulle almal heilig en onskuldig, noudat almal kan sien wat die stoffasie van die ANC werklik is. Skynheilig verby!

Skuilnaam ·

Mandela se WARE nalatenskap: ‘n land geplunder deur sy comrades en hul kinders.

KB ·

Sjoe, dis ‘n intelligente uitspraak (sic!)…,maar nou ja, almal het nou nie juis die gawe om dit reeds 9 maande gelede te voorsien het nie…veral nie die “stelers en delers” nie.

Antoinette ·

Duduzane help kamstig met opruiming. Probeer almal ‘n rat voor die oe draai.
Opstokers sal seker oor 2 jaar gearresteer word, en oor 10 jaar gevonnis word nadat dit ad nauseum elke keer uitgestel word tot ‘n latere datum. Waar is die Amerikaanse en ander regstelsels waar oortreders summier verhoor word. Dalk kort ons ook ‘n “night court.”

Francois ·

SA kort ‘n massiewe arbeidskamp, waar mense gestuur word wie skuldig is aan gedrag wat hulle medemens se regte en waardigheid misken, en/of skuldig is aan hoogverraad (bv. korrupte politici, polisiebeamptes, ens.

Hier kan boerdery beoefen word waarvan die produk-opbrengs die armste van armes en hulself voed. Geen verdienste – geldelik of anders – hier nie!

“Hardepad” sal weer betekenis kry, en behoort tegelykertyd opvoeding, rehabilitasie en ‘n afskrikmiddel te wees. Minimum “inwonerskap” van 2 jaar.

Tronkhotelle is lankal nie meer ‘n afskrikmiddel nie, kos ons belastingbetalers te veel, en is vir baie meer ‘n uitkoms as ‘n straf. Sela.

Thom ·

Ek stem met jou saam . Jy stel minstens iets voor en bly nie vasgehaak in die verlede nie . Hierdie wat so kritiseer sal nooit iets positief voorstel nie en indien sommige van ons iets begin bereik sal hulle dit ook afkraak en kerm oor taal of kerk of ‘n benadeelde onderwyderes .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.