SA ‘polisiebeamptes’ borg geweier in Botswana

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Hof in Botswana het borg geweier aan twee Suid-Afrikaners wat hulle glo as polisiebeamptes voorgedoen het, het die Monitor berig.

Staatsaanklaer Semakeleng Mazibane het die hof versoek om nie borg aan Donald Nyoni en Solomon Zitha toe te staan nie aangesien die staat se ondersoek nog nie afgehandel is nie. Mazibane het gesê die ondersoekbeampte moet nog na Suid-Afrika reis om vas te stel of Nyoni en Zitha Suid-Afrikaanse polisiebeamptes is.

Nyoni het die hof versoek om hom op borg vry te laat. Hy het aangevoer dat sy kinders swaar kry aangesien daar niemand is om na hulle om te sien nie. Zitha het ook gevra om op borg vrygelaat te word aangesien sy ma in die hospitaal is.

Landdros Dumisani Basupi het hul aansoek om borg geweier. Hulle sal weer op 16 Maart in die hof verskyn.

Nyoni en Zitha, albei van Johannesburg, is verlede maand in hegtenis geneem. Hulle het glo saamgewerk en ʼn man genaamd Menje Phiri “in hegtenis geneem”. Nyoni het tydens sy vorige hofverskyning aangevoer dat hulle ʼn Tanzaniër, wat glo sy suster as ʼn dwelmmuil gebruik het, agtervolg het. Nyoni het aangevoer sy suster is dood nadat sy dwelms ingesluk het. Volgens Nyoni het hulle Phiri na ʼn polisiestasie geneem vir ondervraging. Nyoni en Zitha is met hul aankoms by die polisie in hegtenis geneem en aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

scalla ·

Dit is reg so, in botswana is daar nog n regstelsel en dissipline, nie soos hier by ons nie, hul is mos arrogant en dink hul kan maak wat hulle wil.

Theresa ·

Ek stem Scalla. Wys jou nou net die mentaliteit. Wonder wat het hulle nou verwag……..
The untouchables.

ladybug ·

Wel, hou hulle maar sommer daar in julle tronk! Hier gaan dit mos net te lekker!

CHRISTA ·

Wys jou weer – daar is meer wet en orde in Botswana as in Suid-Afrika.

Dave ·

Jul kommentaar maak min sin. Volgens wat ek lees het hulle ‘n dwelmsmous gevang en na ‘n polisiestasie geneem. Of hulle lede is van die SAPD is klaarblyklik nog nie seker nie maar volgens die karige inligting het hulle ‘n dwelmsmous gearresteer (wat selfs ‘n lid van die publiek mag doen) en hom aan die polisie in Botswana oorhandig. Toe word húlle gearresteer. Julle kommentare is sinneloos. Dwelmsmouse moet gejag word oral waar hulle is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.