Mmegi, ’n dagblad in Botswana, berig Donald Nyoni (38) en Solomon Zitha (37), albei van Johannesburg, is op borg vrygelaat. Hulle moet hul reisdokumente indien en een keer per maand by ’n polisiekantoor aanmeld.
Nyoni het die hof vroeër versoek om hom op borg vry te laat. Hy het aangevoer dat sy kinders swaarkry, aangesien daar niemand is om na hulle om te sien nie. Zitha het ook gevra om op borg vrygelaat te word, aangesien sy ma in die hospitaal is.
Nyoni en Zitha is verlede maand in hegtenis geneem. Hulle het glo saamgewerk en ʼn man genaamd Menje Phiri “in hegtenis geneem”. Nyoni het tydens sy vorige hofverskyning aangevoer dat hulle ʼn Tanzaniër, wat glo sy suster as ʼn dwelmmuil gebruik het, agtervolg het. Nyoni het aangevoer sy suster is dood nadat sy dwelms ingesluk het. Volgens Nyoni het hulle Phiri na ʼn polisiekantoor geneem vir ondervraging. Nyoni en Zitha is met hul aankoms by die polisie in hegtenis geneem en aangekla.
Nyoni en Zitha moet weer op 30 Maart in die hof verskyn.
Daar was meer berigte hieroor en om een of ander rede is daar nooit gesê wat van ‘Menje Phiri’ geword het en of hy ooit vervolg is. Miskien sal dit beriggewing regverdig as ‘n joernalis dit opvolg.