SA-polisieman sterf in Suid-Soedan

Dr Martin Elia Lomoro, Suid-Soedan se minister van kabinetsake, verwelkom adjunk-minister Cyril Ramaphosa met sy aankoms by Juba Internasionale Lughawe. Foto: Siyabulela Duda

Dr Martin Elia Lomoro, Suid-Soedan se minister van kabinetsake, verwelkom adjunk-minister Cyril Ramaphosa met sy aankoms by Juba Internasionale Lughawe. Foto: Siyabulela Duda

Die liggaam van ʼn Suid-Afrikaanse polisiebeampte sal uit Suid-Soedan gerepatrieer word nadat hy Vrydag in die Afrika-land gesterf het.

Cyril Ramaphosa, adjunk-president, het gesê ao. Muzwandile Joel Sithole, ʼn lid van die Presidensiële Beskermingsdienste van die SAPD is in die Suid-Soedannese hoofstad, Juba, aan ʼn onverwagte siekte dood. Hy was deel van ʼn span wat besig was om voor te berei vir Ramaphosa se staatsbesoek aan die land.

“Dit is met innige hartseer dat ons verneem het van ao. Sithole se afsterwe. Ao. Sithole het die SAPD met uitnemendheid gedien en ʼn waardevolle rol gespeel. Ons gedagtes en gebede is by sy weduwee, Sibongile Sithole, die Sithole-familie, vriende en kollegas,” het Ramaphosa gesê.

“Die Suid-Afrikaanse regering werk saam met die Suid-Soedannese regering om seker te maak dat Sithole se oorskot na Suid-Afrika repatrieer word sodat hy ter ruste gelê kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

E ·

Die ligaam van ń Suid Afrikaanse boer word weekliks gevind.
Hy is deel van ń span wat besig is om kos voor te berei vir sy land se mense.
Dit is met groot hartseer dat ons weekliks van hierdie gevalle moet lees.

Geskok.... ·

Dink dis nader aan daagliks….en die ergste van alles ons weet nie van die meeste gevalle nie….geen haan kraai daarna nie….8-((

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.