‘SA politieke risiko vandag erger as onder Zuma’

piet-le-roux-afrisake-2018-06-05

Piet le Roux, die uitvoerende hoof van Sakeliga. Foto: Reint Dykema.

Politieke risiko in Suid-Afrika is vandag erger as onder oudpresident Jacob Zuma drie jaar tevore.

Diversifisering internasionaal om teen plaaslike politieke risiko te verskans word die norm. Dit, te oordeel na ʼn peiling onder Sakeliga-lede en intekenare in Augustus.

Sakeliga se peiling onder lede en intekenare kom in aanloop tot dié organisasie se eersdaagse toer na verskeie sakebestemmings in Europa. Hoogtepunte uit die peiling sluit in: 84% van respondente beskou politieke risiko in Suid-Afrika as erger as drie jaar gelede; 25% van respondente het al bepaalde internasionalisering van hul bedryfsaktiwiteite afgehandel of reeds begin.

“ʼn Verdere 24% van respondente beoog om hul bedryfsaktiwiteite binne die volgende drie jaar internasionaal te diversifiseer. Altesaam 21% van respondente het die registrasie van hul ondernemings in buitelandse jurisdiksies al afgehandel of reeds begin. ʼn Verdere 25% beplan om dit binne die volgende drie jaar te doen,” het Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, gesê.

Volgens Le Roux word die internasionalisering van Suid-Afrikaanse ondernemings, gegewe omstandighede, verwelkom.

“Verskansing teen politieke risiko in Suid-Afrika is sinvol. ‘Staatsbestande’ ondernemings is beter toegerus om plaaslike bedryfsaktiwiteite in riskante omstandighede voort te sit en die ekonomie teen politieke storms te beskerm. Daarsonder sou die Suid-Afrikaanse ekonomie eersdaags in ʼn veel slegter toestand wees.

“Dit is waar dat sommige ondernemings en uitvoerende personeel Suid-Afrika geheel en al verlaat. Ons vind in terugvoering van lede en tendense egter nie aanduidings van ʼn volslae uittog nie. Ons indruk is dat ondernemings eerder tans daarop fokus om ʼn gesonde verskansingstrategie teen politieke risiko in plek te stel.”

Le Roux sê dat, nieteenstaande baie hoop, planne en retoriek, die Cyril Ramaphosa-presidensie nie presteer nie.

“Die telbord sê president Ramaphosa se termyn word gekenmerk deur toenemende maatskaplike onstabiliteit, onluste en ontwrigting, verslegtende saketoestande, verswakkende eiendomsreg, verskerping van rasdiskriminerende beleide soos Swart Ekonomiese Bemagtiging, voortgesette fiskale verkwisting, en ʼn verskeidenheid van ander skadelike intervensies. Dit is daarom nie verbasend nie dat sakelui besluit om hul blootstelling aan politieke risiko te verminder, eerder as om te wag op onbetaalde beloftes van beter saketoestande.

“Om ʼn ekonomie se enjins van groei uit die hande van politici te hou, is nie net goeie besigheid nie, maar –die belangrikste – ʼn openbare weldaad,” sê Le Roux.

“As sodanig verwelkom ons die toenemende internasionalisering van ondernemings in Suid-Afrika as iets wat plaaslike ekonomiese toestande verbeter, gegewe die stand van politieke risiko. Ongetwyfeld sal die tendens omkeer sou president Ramaphosa sy belofte van ʼn nuwe daeraad nakom en verskansing minder nodig is. Tot dan sal ondernemings in Suid-Afrika die verantwoordelike ding doen en hulself, hul werknemers en verbruikers teen politieke risiko beskerm.”

Sakeliga se internasionale toer

Van 13 tot 20 September besoek Sakeliga ondernemings, ontleders en organisasies in verskeie Europese stede. Die doel van die toer is om Sakeliga internasionaal bekend te stel, gunstige internasionaliseringsgeleenthede vir sakelui wat uit Suid-Afrika besigheid doen te identifiseer, en om netwerke met die groeiende aantal eks-Suid-Afrikaners in die buiteland in stand te hou. Stede wat besoek word sluit onder meer in Londen, Antwerpen en Den Haag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

35 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Daar is genoeg Pinotage onder Cyril se vetrouelinge en borge op Stellenbosch. Laat die volk brood vreet, terwyl hul koek en Pinotage het. Die volk sal hul passiewe-fatalistiese houding moet afskud.

Posduif

Dalk is die Suid Afrikaners wat reeds in die buiteland gevestig is goeie kandidate om betrokke te raak by SA maatskappye wat internasionaliseer!! Om Suid Afrikaners in jou maatskappy in die buiteland te he, kan seker baie voordele inhou. Dink net hoe lekker kan jy Afrikaans hoor daar uit jou hoofkantoor in Londen, Antwerpen en Den Haag.

Koos de Meyer.

Die klomp het nog nie by Zimbabwe en die res van Afrika geleer nie.

Gert van Wierdapark

Say no More!!!

John

Ons trek by ‘n kategorie-? storm wat ons ekonmie betref en dit tel spoed op… die tol is glo saam met die klok in die Suidelike Halfrond. Mense byt meestal maar langtand aan eie goed ver in die vreemde vir na-aan-jou-skade. Dalk is Namibiè ‘n nie te slegte plek vir beleggings nie. Bly, bly mens lekker daar… Water is net skaars. Verseker sal drs soheen skuif, selfs mediese sentrums oprig waarheen S-Afrikaners sal stroom wanneer ons droom-mediese skema in ongevalle beland. Siekes in die VSA oorval weer Kanadese klinieke en apteke.