SA poog steeds om Guptas te laat uitlewer

Minister Ronald Lamola. Foto: Parlement/Twitter

“Dit is nie asof ons met ʼn tas na Dubai gaan om die Guptas te gaan haal nie.”

Só het Ronald Lamola, minister van justisie, Maandagmiddag tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria gesê nadat hy uitgevra is oor die vordering wat gemaak word om die Gupta-familie van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) na Suid-Afrika uit te lewer.

Lamola het gesê daar is ʼn regsproses wat gevolg moet word. “Ons gaan met hulle in gesprek tree oor die uitleweringsooreenkoms wat ons alreeds onderteken het en wat reeds deur die parlement goedgekeur is, maar nog nie in die VAE nie.”

Daar is onlangs berig dat ʼn Suid-Afrikaanse afvaardiging na Dubai is om die VAE te kry om die uitleweringsooreenkoms tussen die twee lande goed te keur.

Die afvaardiging sluit glo minstens twee ministers en lede van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), waaronder die nasionale direkteur van openbare vervolging, in.

Lamola het gesê hoewel die uitleweringsooreenkoms tussen die twee lande nog nie goedgekeur is nie, daar ander “internasionale instrumente” is wat wetstoepassingsagentskappe toelaat om saam te werk.

“In die stadium glo ons ons sal samewerking kry en hopelik sal die uitleweringsooreenkoms goedgekeur word sodat wetstoepassingsagentskappe kan voortgaan om hul werk te doen.”

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

Adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging, het in Oktober gesê daar is stadige maar besliste vordering met die NVG se optrede teen staatskapers.

Die NVG loop die afgelope paar maande onder groeiende kritiek deur weens die stadige pas waarteen beweerde staatskapers, en by name die omstrede Gupta-familie, in Suid-Afrika vervolg word.

Die VSA het in Oktober sanksies teen die Guptas ingestel, terwyl Suid-Afrika op die oog af stadige tot geen vordering toon nie.

Batohi het ook toe gesê sy en Lamola is persoonlik in onderhandelinge met die relevante owerhede betrokke om uitlewerings te bewerkstellig.

Die omstrede Gupta-familie word daarvan beskuldig dat hulle hul persoonlike bande met oudpres. Jacob Zuma misbruik het om onregmatig invloed uit te oefen op die regering en staatsbeheerde organisasies.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Markus ·

Wat wil hulle met die Gupta broers maak hulle vernote in SA loop vry rond en nie een is nog gearesteer nie en sou hulle gearresteer word sou Ramaposa hulle net amnestie gee so hoe dan nou.

ES ·

Die ironie van die saak is – die ANC en kaders het lekker saam op die Guptas se soustrein gery, maar nou wil hulle die Guptas uitlewer… as die res van die ANC maar net kan sien hoe vinnig hulle eie boeties bereid is om hulle uit te lewer sodra die wiele van die trein af val.

Christa ·

Spandeer miljoene Om hulle te laat vang maar hierdie skelms is nog steeds nie opgesluit nie. Gaan die Groot z skelm ooit opgesluit word

Tersia ·

Is dit nie n werk vir die polisie nie? Gaan net lekker inkopies doen op die staat se inkomste. Eish

Zollie ·

Bla bla bla …. net nog geld wat gemors gaan word. Hulle sal niks oorkom soos die res van hul maatjies nie. Sal ook Kuba toe gaan vir doktersbehandeling.

Elbie ·

Gaan ook waarskynlik geheueverlies pleit en elke ‘trick’ in die boek gebruik om die saak te laat sloer. As alle ANC meelopers wat tot dusver ge-impliseer was nog steeds op vrye voet rondloop, wat is die doel van die hele oefening? ANC regsswaargewigte om ANC kaders te laat toesluit? Alles ‘smoke and mirrors’. Kan lesers onthou hoe vinnig die spul Guptas reeds in 2016 vanaf Saxonwood gespaander het – basies net met ‘n berg vol tasse klere. Daar was toe nog net ‘n sweempie van ‘n rokie.

Pieter ·

Maklik, vra Israel om hulle terug te bring soos in Entebbe , julle is te onnosel.

Schalk ·

Sal dadels van kom want Ace en Zoom wil nie dit he nie.Ace word mos beskerm deur klomp oneerlike politici.Ace se seuntjie is mos ook een van hul wwrknemers Ace is mos heilig maar sy sterre gaan nog brand want sy dinge kan nie meee deur afpersing en dreiging stil gehou word nie.Hy is n gewetenlose skurk soos Za.Geld is hul god.

Arak ·

Met die regering sou dit my nie verbaas as die eintlike doel van die besoek die teendeel is nie, om seker te maak dat daar geen uitleweringsooreenkoms is nie, want wanneer dinge erg skeef loop moet Cyril en kie tog veilig by hul geldjies kan uitkom.

Chris Ws ·

Ooo hel daai ministers gaan nooit weer terug keer nie.Hulle gaan in weelde leef in die VAE !!!

Koos B ·

CR is lankal deel vd gemors of was sy ogies en oortjies toe toe hy nog jz se “sidekick”was.Hy beskerm Ace al is al die tekens dat Ace net so korrup is as die Zuptas.

tanya ·

Ek lag dat drane loop. Hulle is dan SA se eienaars dank se aan die Zuma familie. Julle kan mos nie die euenaar tronk toe stuur nie. Seker is sa verkoop aan hulle

CV ·

Hulle was van die begin af n vlug risiko. Maak nie vir my sin dat hulle die land net kon verlaat het nie

Sonja ·

Hulle is n useless spul! Arresteer hierdie klomp op tuis vlak wat verandwoordelik is en vat die Guptas se besittings hier in SA. Alles n gespeel vir tyd terwyl Zuma die Shaik kaart probeer trek, en almal van hulle roof nog daagliks

Chris ·

Vir wie probeer die minister en Nvg heuning om die mond smeer. As hulle regtig die guppies wou vang dou hulle gekeet het toe daai vliegtuig gelaai was met al hulle aardse besittings en miljarde warm geld wat on Saxonworld se kluise was. Hlle voel n veer vir daai paleisr en ander bates hulle is weg met miljarde

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.