SA presidentsvrou op pad na VSA

Pres. Cyril Ramaphosa en die presidentsvrou, dr. Tshepo Motsepe. Foto: GCIS

Dr. Tshepo Motsepe, vrou van pres. Cyril Ramaphosa, het Dinsdag op ʼn amptelike besoek na die VSA vertrek.

Dit kom voordat ʼn Suid-Afrikaanse afvaardiging, gelei deur pres. Ramaphosa, die Verenigde Nasies se algemene vergadering gaan bywoon.

Motsepe sal haar haar alma mater, die Universiteit van Harvard se skool vir openbare gesondheid, besoek waar sy ʼn beraad sal toespreek oor vroeë kindergesondheid en -ontwikkeling in Suid-Afrika. Sy sal ook ʼn gesprek voer met ʼn groep studente en fakulteite van die departement van wêreldwye gesondheid en bevolking.

Motsepe sal hierna die onthulling van ʼn standbeeld van oudpres. Nelson Mandela by die Verenigde Nasies se hoofkantoor bywoon.

Motsepe het ʼn meestersgraad in gesondheid wat sy aan Harvard verwerf het. Sy is ʼn gekwalifiseerde mediese dokter en het baccalaureusgrade in geneeskunde en chirurgie wat sy aan die Universiteit van KwaZulu-Natal verwerf het. Sy het ook ʼn maatskaplike entrepreneurskap-sertifikaatprogram by die Gordon Institute of Business Science (GIBS) voltooi.

Sy het al in private praktyke en in hospitale, insluitende die Chris Hani Baragwanath-hospitaal en die Parirenyatwa-hospitaal in Zimbabwe gewerk. Sy het ook by ʼn vooraanstaande Afrika-navorsingsinstituut by Wits gewerk en was voorsitter van die Gautengse gesondheidsdepartement se akkreditasiekomitee.

Dr. Motsepe is tans die voorsitter van die African Self Help Trust (ASHA), ‘n nie-winsgewende organisasie, wat vroeë kinderontwikkelingsondersteuningsprogramme vir tuisgebaseerde kleuterskole in voorheen benadeelde gemeenskappe bied.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Is Dit Nuuswaardig ·

Who cares.Jammer sy is nie teen plaasmoorde en grondgryp (gronddiefstal) nie.

James ·

Wie betaal nou weer hier voor. En die “shopping” wat nou weer gaan gebeur.

Steven ·

James aka bitterbal: gun ons presidentsvrou bietjie respek. Kyk waar het sy studeer en watter wettige grade verwerf. Seker amper so goed soos jou.
En dan wonder ons hoekom die land in so gemors is…..

Anonymous ·

So ‘slim’ dat sy ook dink onteiening sonder vergoeding is die regte ding.
Geen respek!
Moet nie dat grade en diplomas die ware kleure toedraai nie, skrik wakker.

Cherokee ·

En jy laat dit klink asof jy weet hoekom die land in so ‘n gemors is. Vertel.

Hahahaha STEVEN ·

DIE LAND IS NIE IN DIE GEMORS OOR JAMES SE AANMERKING NIE, maar oor mense soos julle wat grondvergrype en moorde op onskuldige mense toesmeer, en dan moet jy asseblief nie die KORRUPSIe en STAATSKAPING vergeet nie . James is maar ‘n klein vissie in die see en OORSESE grade aan AFRIKANE moet jy maar met ‘n potjie sout vat hoor …

Lilly ·

Wonderful First Lady! Such positive news to hear! At last we have a first lady to be proud of! Wonderful work you have done Dr Motsepe!

Jack Sadie ·

We are fortunate to have this lady as our representative! Have u forgotten the Z times?

Anne ·

Ek ag myself nie as bevoorreg om deur CR en sy vrou verteenwoordig te word nie. Ons agbare president se stilswye oor erenstige kwessies wat ons blankes raak spreek boekdele.

RHG ·

Ons presidentsvrou is ‘n intelligente fyn opgevoede vrou wat welgesteld groot geword het.
Waar kom hierdie uitlatings vol vooroordele vandaan? Sy en haar man verdien ons mense se respek.

Cherokee ·

Sy en haar man verdien julle mense se respek sê jy. Dan moet julle hul maar respekteer.

snert ·

oms het ook gedink haar man is n fyn opgevoede intelligente mens. toe blaas hy dit in ons gesigte terug. want hy dink WELVAART gaan outomaties met n plaas kom. hy gaan op die harde manier uitvind watse bodemlose put dit gaan word. EASY COME, EASY GO! gaan die paddaman nog uitvind

Ander Annie ·

Dr Motsepe is ‘n pragtige mens. Binne en buite. Sy het haar universiteitsgrade eerbaar gekom. Sterkte Dr Motsepe en mag U besoek baie suksesvol wees.

DirkJ ·

Ek dog hulle was altyd die minderbevoorregtes…..my ouers het nooit die geld gehad om my universiteit toe te stuur nie……en dan moet ons skuldig voel want ons was meer bevoorreg……rerig????

Staak ·

Geen vir Cyril en sy vrou kridiet, hulle kos ons minder geld. Daar is nie n fire pool nie en hy het net een vrou!!

MS ·

Ek stem, Staak. Weereens se ek, ou CR is die “beter” appel in die mandjie vol vrot appels.

Cherokee ·

Kos ons minder geld? Nadat hy sy stempel plaas op Zuma en sy harem se pensioene? Wat net so groot is as sy salaris? Plus voordele en verhogings ingesluit? En hy kos ons minder geld?

Donald Trump weet dat hy meer besit as wat hy en sy gesin kan uitleef. Daarom is sy salaris 1$ per jaar. Ramaphosa is na bewering ‘n miljardêr. Waarom op aarde hy nog meer wil inpalm sal slegs hy weet. Waarskynlik hoef hy nie te werk nie.

Essa ·

Ja, almal is geregtig op ‘n mening, maar ek voel skoon verslae oor al die mislike, onverdiende kritiek op ‘n merkwaardige vrou wat net haar plig as presidentsvrou nakom. En wat ons as land met waardigheid verteenwoordig – ons kan trots wees om haar as presidentsvrou te he – wel, ek is.

RHG ·

Dis waar, Essa. Onse mense is steeds baie rasbevooroordeeld.
Mense, lees op Google oor haar en ons president se agtergrond. Sy is nie Grace Mugabe wat “shop” nie.
Moenie ontken dat mense baie erg te na gekom was nie. Hulle was minder bevoorreg as ons. Enkeles het ten spyte daarvan uitgestyg. Daar was ook swart mense wat kon studeer. Daar was ook swart mense wat suksesvolle bedighede bedryf het en op eerlike wyse welvarend was.
Ek onthou my kleintyd in Limpopo waar swart mense in vodde flenters geloop het. Geen geld vir klere. Ek dank die Vader dat dinge nou anders is…… vir ons almal.

tamboti ·

Ek onthou die dae toe President-vroue op die voorgrond was, selfs daar by die troepe. Hulle het nie stil gesit en kinders grootmaak (en meer maak) nie, maar hulle het dinge gedoen. (sonder die shopping ding natuurlik)
Nou ja, seker ook maar dieselfde hier – dit hang alles af van wat die mev. SP oorsee doen en praat, hou maar duim vas!
Glo dit sal beter as Grace of Winny wees, of een van die Big 5.

Jack Sadie ·

Soms, as ek die gehalte van die taalgebruik van kommentators vergelyk met die gehalte van die kommentaar, is dit vir my duidelik dat opvoeding dikwels ook by my geliefde volk ontbreek…..

Cherokee ·

Nou? Waarom is jy verbaas? Die Suid Afrikaner is immers die (nuwe) onderdrukte volk.
Die regering veg daarteen dat die Boervolk hul eie skole van hoogstaande gehalte mag bedryf. Moet dus nie verbaas wees nie maar lê die blaam voor die deur van liberalisme.

Paul ·

Ek wonder of sy net sy vlytig met die tong en net so mooi soos haar man, Priester Cyril Ramaphosa praat.

anton ·

GAAAAAP……….party wat hier kommentaar lewer laat my gaap.
En sommiges nog in ”ingels” ook!!! Dag MM is n afrikaanse nuusblad.

Jack Sadie ·

Anton! I speak that tale too! Het dit geniet om in ingels te reageer! Die waarheid is egter dat my iPad op Engelse spelling ingestel was en ek het toe laataand in frustrasie maar dit so laat deurgaan! Groete man! Daai dame is egter ‘n bate vir ons almal!

Se wie ·

Wonderlik om n presidentsvrou te he wat geleerd is. Sy verdien ons almal se respek. Sies vir die mense wat haar wil kritiseer. Miskien moet julle eers haar kwalifikasies self verwerf voordat julle soos agteraf jaloerses tekere gaan.

Judge Dredd ·

Maar tog beskou sy haarself as vorig benadeelde ne’?

Koos de Meyer. ·

Sy is die eerste presidents vrou wat op die agtergrond bly sedert 1994. Ten minste het sy goeie kwalifiekasies . Hoekom sy vrou afskiet as hy droogmaak.

Rina Kotze ·

Nie almal wat arm groot word, wil daar bly nie.

Ten minste het sy gekies om bo uit te kom en NIE agter te bly nie.

Sy het gewerk om te kom waar sy is, nie soos ander wat net “demand” vir huise, werk en gratis “hand-outs” nie.

En ja, hoekom haar kasty wanneer haar man droogmaak???

Rina Kotze ·

Sy lyk ook sommer intelligent en wel opgevoed!

Ek vertrou dat sy haar kinders ook goed grootgemaak het!

Strikdas ·

Synde die voorsitster van ASHA mag sy mos by die nare Westerse moondhede gaan bedel vir geld.

Koningskinders ·

Almal, ook “our poeple” kan sê wat ookal…MAAR
wanneer dit kom by dade dié DOEN díng
die vrúg dra…??NIKS !!!
Kyk boontoe wees dankbaar bid glo HY is in BEHEER …WERK doen goed wees voorbeeld amen.

Linda ·

……ek vermoed dat almal wat kla dan liewers een van die mevv zuma’s sou wou stuur…. ek onthou nog soos gister hoe zuma saam met koningin Elizabeth in die koets gery het af in die straat voor Buchingham paleis…. dit was baie snaaks

Johan ·

Mr Rammposa hoe kan jy vra vir geld by CN jy verkoop ons land kom by aseblief

Lerato ·

Maroela Media se kommentators

My bek hang oop. Hier word berig dat die president vrou die land in die VSA gaan verteenwoordig. Al haar internasionale kwalifikasies word genoem.

Nou word sy van alle wanpraktyke beskuldig.

Ek sukkel om die mentaliteit van sommige van my mede Afrikaners te verstaan

E.K. die eerste ·

Ag tog..sy gaan soek tog maar net weer geld vir haar sg nie winsgewende projekte. Waar die geld wekrlik gaan opeindig is ‘n ander saak…

Theresa ·

Goed gekwalifiseer – maar dis nou nie nodig om dit te laat klink asof sy dan ‘n soort godjie is nie. Bly sy gaan vooruit om paar dinge uit te sorteer ten by te woon voordat die S A eerste man daaraan kom. Gaan hul albei onthou om erkenning te gee aan die bestaan van die minderhede in sonnige Suid-Afrika? Gaan hul onthou om die geweldige hoë moordsyfers te noem en RAAD vra??? Ek hou van die tuisonderrig van kleuters waarin sy baie tyd belê – dis positief.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.