SA provinsie het vuilste lug ter wêreld

Mpumalanga, en spesifiek die Witbank-omgewing, het die vuilste lug op aarde. Foto: Wikipedia

Volgens ʼn ontleding van satellietdata van stikstofdioksiedbesoedeling op ses vastelande het Mpumalanga die vuilste lug ter wêreld.

Die ontleding is van 1 Junie tot 31 Augustus vanjaar gedoen en toon aan waar ter wêreld besoedeling deur stikstofdioksied (NO2) die ergste is. Die omgewingsorganisasie Greenpeace sê steenkool en vervoer is die grootste sondaars wat dié besoedeling betref, en van al die plekke ter wêreld wat ly onder vuil lug, is dit nêrens erger as in Mpumalanga nie.

“Voorheen is al berig dat die Witbank-omgewing die wêreld se vuilste lug het,” sê Melita Steele, Greenpeace Africa se senior klimaat-energie-veldtogbestuurder, “en dié ontleding van tegnologies gevorderde satellietdata onthul nou dat Mpumalanga inderdaad boaan die lys van NO2-besoeling wêreldwyd is.”

Sy sê die ontleding bevestig dat Suid-Afrika die mees besoedelende groepering steenkoolkragsentrales ter wêreld het, “wat ontstellend en vreesaanjaend is”.

Mpumalanga is die tuiste van 12 steenkoolkragsentrales, maar dié data toon aan Gauteng se stede ly swaar onder die vuil lug wat uit die ooste aangewaai word.

Volgens data van die afgelope 30 jaar waai die wind in Johannesburg en Pretoria 28% van die jaar uit rigtings waaruit besoedeling van die kragsentrales dié stede sal bereik. Dit beteken dat rookwolke van gevaarlike NO2-besoedeling gereeld oor Gauteng met sy amper 14 miljoen inwoners hang.

“Omdat Suid-Afrika se steenkoolgordel van die meeste inwoners weggesteek is, is dit maklik om te ontken dat dit regtig bestaan,” sê Steele. “Maar steenkoolontginning en -verbranding het ʼn vernietigende uitwerking op die mense wat in die omgewing woon.”

Volgens haar bevestig die data Gauteng se lug is onveilig. “Eskom se steenkoolverslawing in Mpumalanga lei daartoe dat miljoene mense in Johannesburg en Pretoria ook ly onder die uitwerking van steenkoolbesoedeling.”

Steele sê lugbesoedeling is ʼn wêreldwye gesondheidskrisis en tot 95% van die wêreld se bevolking asem ongesonde lug in. “Suid-Afrika is ʼn groot [sondaar] met sy hoë konsentrasie steenkoolkragsentrales en sy swak lugbesoedelingstandaarde.

“Ons regering moet dringend ʼn plan opstel om miljoene mense te beskerm, pleks van vuil steenkoolkragsentrales.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Irma ·

Ter wêreld? Was julle al in Indië ? Daar is dele waar die “fog” so dig is dat die gebou langs jou in die vuil verdwyn.

ZAR ·

Dis so Irma, die “smog” of rookmis is duidelik sigbaar in plekke soos Indië en China, maar gewoonlik net sigbaar in gebiede wat laag lê, in ‘n dal lê of deur hoë geboue omsingel is. Witbank se besoedeling is nie so sigbaar nie, want Witbank lê hoog, lê nie in ‘n dal nie en word nie omsingel met hoë geboue nie. Vra maar vir enige iemand wat in daardie omgewing woon, hoeveel keer hulle hul teëlvloer moet mop per dag om ‘n skoon vloer te hê. Die antwoord is; dit maak nie saak nie, die vloer is weer pikswart na die eerste keer. Vra ‘n lugverkoelling maatskappy hoe die filters lyk wat hulle gereeld moet skoonhou of ‘n mediese spesialis hoeveel kanker en MS pasiënte is van daardie gedeelte afkomstig, of hoeveel mense daar sukkel met sinusse, longe en asma? Die bewyse is in die dokters se lêers. Die steenkoolmyne is die inwoners se brood en botter, maar teen ‘n moontlike heftige prys van hul en hul kinders se gesondheid. Ek is nie verbaas dat Witbank die vuilste lug ter wêreld het nie.

Twakkie ·

Die steenkool is broodnodig om baie redes. En alternatiewe is duur en stadig om te ontwikkel. Mense moet net leer om die lug binne hulle huise en werkplekke te suiwer. Daar is byna nêrens ter wêreld meer “vars lug” buite nie. Mens kan egter relatief maklik jou binnehuise lug suiwer deur gebruik te maak van lugsuiweraars met verskeie filters. Let wel, “air purifiers”, nie bloot “air conditioners” nie. En veral nie apparaatjies wat bloot die vuil lug parfumeer nie. Hoe weet ek dit? Gedwing deur lugwegsiektes.

Elise ·

Daardie suiwerings-toestelle is eenvoudig nie prakties om verskeie redes, dis duur en hou slegs die lug BINNE jou huis skoon. Boonop is dit nog duur ook en kan baie mense in daardie omgewing dit bloot nie bekostig, dus is hul en hul kinders blootgestel aan daardie ERG besoedelde lug wat kan lei tot lugsegsiektes. Nee wat, hoe vinniger ons oorskakel na skoner alternatiewe hoe beter. Ek was vir baie jare ‘n inwoner van Witbank, was feitlik permanent siek vanweë die vuil lug – noudat ek afgetree het op Vleesbaai waardeer ek die skoon lug en omgewing wat elkemens HOORT te hê. Daar is geen verskoning om aan te hou met vuil tegnologie, dit benadeel mense en veral die kinders.

Reinhardt ·

“Die steenkool is broodnodig” sê jy? Ek stel dit aan jou: Wat gebeur dan as die steenkool opraak? Is dit dan nogsteeds nodig? Sekerlik nie. Dan moet ons al n alternatief hê. So die vraag is dus, waarom gebruik ons dit nog as dit eenvoudig nie volhoubaar is nie? Dis n swak verskoning om te sê die alternatiewe is duur. Die mensdom hang daarvan af om alternatiewe te begin gebruik.

toy ·

Dele van Indie waar die lug vuil is, is as gevolg van baie stof en nie rook nie. Mpumalanga is as gevolg van steenkoolbesoedeling.

Pieter ·

Die lugbesoedeling, gesondheidsprobleme, suur reën en verandering in weerpatrone weet ek van. Toe tekkel ek Eskom. Hulle besef ek is slimmer as die deursnee persoon rond hul kragstasies. Koop my uit en nou bly ek in ‘n skoon omgewing (ook nie Gauteng nie, ek weet van windrigtings en inversielae). Die gepeupel skreeu vir hul span, ek skreeu vir my omgewing. Jy maai wat jy saai.

Mickey ·

Weet dit gaan nou dom vraag wees. Wonder maar net omdat ek nie gnoeg kennis dra nie maar sal aanplant van bome nie effe kan help met die tipe van besoedeling nie?

jaco ·

wek die kragstasies dan nog steeds so baie krag op? daars dan al hoe minder beurtkrag en ‘n inkrimping van ons ekonomie. Waar is die resessie en die rommelstatus dan nou?

FrackMeer ·

Maar die karoo sal beskerm word teen facking terwyl van die beste landbougebiede van die and deur mynbou en eskom vernietig word. Daar is dele Tussen Bethal en Ogies wat soos ‘n ander planeet lyk

Word wakker en laat fracking toe in die Karoo!

humor ·

SAis nie n goeie plek om in te bly nie. Die vuilste water sodat selfs visse en bome vrek en nou nog ook die vuilste lug. Sterkte daar ek bly heerlik hier op Henties en kom kuier maar gerus..

John ·

… nee ons wil nie atoomkragstasie hetsy korrelbed- hier gebou he nie. Ons regering sal stappe neem indien baie $ ingepomp word, maar elke keer as dit gebeur gaps die trolle dit… Dit is ons eintlike probleem. En die botton-heavy Afrika is nog ‘n probleem. Invasion is die nuwe term tov die aanrollende massas eiegeregtiges wat hul plakkerregte uitoefen en nogal bietjie besoedeling veroorsaak. Ons moet net hoop hierdie Afrika-tafel topple nie hier onder nie, maar sowieso sal ons besoedelingsprobleme ook dan iets van die verlede wees.

Maria ·

Wat is die rede dat ons nie van windenergie gebruik kan maak nie?

Sarel ·

Verbaas my dat rokers nie weer skuld kry nie. Mos die enigste mense wat lug besoedel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.