SA Radio-omroeper in Amerika weens afval beboet

DJ T-Bo, ʼn radio-omroeper van Metro FM, is in Amerika beboet nadat bure gekla het oor stank van die afval wat hy gekook het. Hy is ʼn boete van $75 (R660) opgelê.

DJ T-Bo was vir ʼn besoek in New York toe hy tradisionele afval in sy woonsteleenheid gekook het.

“Ek was geskok oor die boete omdat ek my tradisionele kos voorberei het,” het hy aan die Sunday Sun gesê.

“Ek het al talle kere daar aangebly en dit was nog nooit vantevore ‘n probleem nie, maar dit is hulle land en hulle reëls. Ek het vir die bure om verskoning gevra,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.