DJ T-Bo, ʼn radio-omroeper van Metro FM, is in Amerika beboet nadat bure gekla het oor stank van die afval wat hy gekook het. Hy is ʼn boete van $75 (R660) opgelê.
DJ T-Bo was vir ʼn besoek in New York toe hy tradisionele afval in sy woonsteleenheid gekook het.
“Ek was geskok oor die boete omdat ek my tradisionele kos voorberei het,” het hy aan die Sunday Sun gesê.
“Ek het al talle kere daar aangebly en dit was nog nooit vantevore ‘n probleem nie, maar dit is hulle land en hulle reëls. Ek het vir die bure om verskoning gevra,” het hy gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Ag tog gooi net volgende keer koeksoda in jou pot dit vat die reuk weg !