SA rassebeleid deur VN verhoor

Dr. Dirk Hermann en Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se regsdienste, tydens hul besoek aan die VN. (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika se rassebeleid is nou amptelik op verhoor by die Verenigde Nasies (VN) se arbeidsagentskap, die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO). Dít nadat Solidariteit verlede jaar ʼn klag teen die regering ingedien het oor sy beleid van regstellende aksie.

Die IAO het op sy 344ste sitting in Maart verklaar dat Solidariteit se klag teen die regering se rassebeleid ontvanklik is, aangesien dit op sigwaarde meriete het, voldoen aan die vereistes van die IAO en alle remedies in Suid-Afrika reeds uitgeput is.

Die klag gaan nou oor tot ʼn verhoorfase.

“Dit is die eerste keer sedert 1994 dat daar nie net ʼn klag teen die regering ingedien is nie, maar dat dit ook tot die verhoorfase oorgegaan het,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Volgens Hermann is die IAO se bevinding ʼn enorme deurbraak en kan dit die aard en inhoud van rassekwotas vir altyd verander. Die IAO is ʼn agentskap van die VN en is daarvoor verantwoordelik om internasionale arbeidstandaarde daar te stel. Altesaam 187 lande, waaronder Suid-Afrika, is lede van die IAO.

Hoewel die verhoorfase ʼn reusestap vorentoe is, is die stryd nog lank nie verby nie.

Die IAO het reeds aan die regering geskryf dat ʼn proses van vrywillige bemiddeling tussen die regering en Solidariteit ingevolge die reëls van die IAO onder toesig van dié liggaam gevolg kan word.

Solidariteit het intussen aangedui dat hy aan so ʼn proses sal deelneem. Indien die regering nie in bemiddeling belangstel nie, moet hy voor 30 Mei kommentaar op Solidariteit se aanvanklike klag lewer. Dit sal daarna deur die IAO beoordeel word.

Solidariteit het verlede jaar die klag teen die regering ingedien. (Foto: Verskaf)

In die massaklag wat Solidariteit destyds ingedien het, wys hy daarop dat Suid-Afrika se rassebeleid mense weer volgens ras klassifiseer, ʼn permanente karakter het en nie regstelling van vorige benadeling tot gevolg het nie.

Solidariteit voer ook aan dat die Suid-Afrikaanse regering konvensie nr. 111 oor diskriminasie oortree. Suid-Afrika het dié konvensie, wat rassediskriminasie verbied, bekragtig en is dus gebonde daaraan.

“Suid-Afrika moet sy wetgewing ingevolge aanbevelings van die IAO aanpas. Indien Suid-Afrika dit ignoreer, kan die IAO tot diplomatieke stappe teen Suid-Afrika oorgaan en Solidariteit kan die plaaslike howe nader,” sê Hermann.

Solidariteit het destyds ook ʼn verslag van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien, wat wys dat die regering se rassebeleid ongrondwetlik is en waarin aanbeveel word dat die Wet op Gelyke Indiensneming gewysig moet word. Die regering het SAMRK se aanbevelings geïgnoreer.

Nadat Solidariteit ook verskeie klagte by Europese parlemente ingedien het, het afvaardigings uit Nederland en Hongarye Suid-Afrika besoek om verdere inligting oor die stand van sake te bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Dries ·

Baie dankie dr. Herman en Solidariteit vir als wat u vir ons doen. Ons bid vir julle

B-Man ·

Kyk, as Solidariteit daarin slaag om die wet verander te kry, dan sal ek my maandelikse lidmaatbydra met tien vermenigvuldig! Vat hulle, Dirk! Sa!

Swerwer ·

Baie dankie. Geregtigheid seëvier altyd, en so sal dit ook hiermee wees.

marius ·

Dit is baie eerbaar wat Herman en sy span doen . Die probleem is die heersers van hierdie hool steur hulle hoegenaamd nie aan wetgewing nie . Die grootste meerderheid is direk betrokke by die onbeheersde plundering van die land , en juis daarom sal daar geen gevolge wees nie .

Marius ·

Dit sal goed wees dat ou rampspoed pa staan vir sy dade. Hul skree heeltyd rassisme maar hul is die grootste ondersteuners en uitvoerders daarvan.

Chris dupreez ·

Die enigste manier om dinge te verander , is om die anc uit die regering te kry.

Clifford ·

Alle sterkte en mag hierdie vrugte dra.

As ‘n Suid Afrikaner wat al 6 jaar in die buite land werk juis oor hierdie beleid, staan ek sterk hiermee saam.

Ons mis ons land en ons mense elke dag.

Manie ·

Die ANC regering steur hulle nie aan enige kommissie van ondersoek of hofuitspraak nie, hulle reken hulle is onaantasbaar.

annie ·

Sal Solidariteit die onkoste moet dra as ons die saak verloor?

Papsak ·

Ek stem kry die ANC uit die regering uit dan sal dinge reg kom

Frank John ·

Voor ek huistoe gaan manne, voor dit,!
Wil graag sien hoe dié regering gaan reageer as die wêreld hulle opdruk?

Di ·

Hierdie korrupte spul in die regering sal nie luister nie! Hulle is kommuniste wat alles wil beheer nes Rusland en is die GROOTSTE RASSISTE. AL wanneer daar werklik iets sal gebeur is wanneer ander land weer SANKSIES teen SA instel soos in die verlede om hulle te DWING om dit te doen

Michael ·

Nee nie soos Rusland nie, soos die VSA en groot dele van Europa-dis die ware kommuniste wie alles en almal wil onderwerp aan hul bose planne. Rusland wil nie alles beheer-hulle wil bloot hul eie beskerm. Doen jouself ‘n guns en doen navorsing oor Rusland en wat tans daar aangaan. Moenie alles glo wat die HSM “berig”. Hulle is bloot propagandamasjiene.

kaplyn ·

Die gewone man op straat sal die meeste ly onder sanksies teen SA. Hulle moet die sanksies teen die regering instel en beslag lê op hulle buitelandse bates soos hulle met Rusland se regering en skatrykes wat die regering ondersteun gemaak het.

N ·

Apartheid is al byna 30 jaar verby, maar nogsteeds is dit die hoof verskoning vir rasse beleid, bedrog en diefstal. Tyd dat daar nuwe verskonings gemaak word en die regte rede “aka ANC” blaam vat vir die gemors van n land.

Lourens ·

Apartheid is al verby sedert 2 Februarie 1990. Dis net oor die 32 jaar.

JM ·

Die dag van afrekening vir die ANC kom! So seker as wat die dag op die nag volg.

Boon ·

Ek steun Solidariteit se aksie, want ek het in referendum “ja” gestem om van ras-klassifikasie, en rasse diskriminasie te ontsnap

Gideon ·

Tyds berekening ongelukkig baie sleg met die oorlog wat aan die gang is, elk geval gaan BAIE verbaas wees as hiervan enige iets kom…ons is op ons eie

Daan ·

My vraag is, help dit regtig om na die VN te gaan en te huil oordie rasse kwessie. Ons regering steur hul glad nie aan die uitsprake nie en gaan net voort soos hul wil.

Frank ·

`n spul veragtelike wildehonde wat die regering vorm van hierdie land.

Frans ·

Mag daar iets positief hieruit voortspruit.Die probleem is dat die VN bestaan uit lande met meer menseregte skendings as wat in Suid Afrika voorkom.

Riaan ·

Dit bly hartseer dat ‘n organisasie die bakleiwerk moet doen, en die opposisie partye skitter in hulle afwesigheid. Dit is mos lekker as iemand anders die vuilwerk doen, want dan krap jy mos nie jou party se voters om nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.