SA-reddingspan keer terug uit Nepal

'n Reddingspoging in Nepal. Foto: Facebook

‘n Reddingspoging in Nepal. Foto: Facebook

Die Suid-Afrikaanse soek-en-reddingspan in Katmandoe in Nepal wat vir langer as ʼn week reddingsendings in die rampgebied gedoen het, sal Dinsdagaand na Suid-Afrika terugkeer.

Die span is na Nepal kort nadat dié land sowel as buurlande deur twee groot aardbewings getref is wat die lewe van minstens 6 621 mense geëis het.

Die Suid-Afrikaanse span, gefinansier deur die liefdadigheidsorganisasie Gift of the Givers, bestaan uit paramedici, brandbestryders en stedelike soek-en-reddingstegnici. Die groep was in Katmandoe gestasioneer en is vandaar in plattelandse dorpies ontplooi om te help met reddingspogings.

Ahmed Bham, woordvoerder van die Gift of the Givers-stigting, het bevestig dat die span Dinsdagaand die gebied sal verlaat aangesien die reddingsoperasie in Nepal tot ʼn einde gekom het. Die mediese span sal nog ʼn dag aanbly omdat hulle in verskeie hospitale ontplooi is waar daar ʼn groot waglys van pasiënte is wat in die aardbewing beseer is.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.