SA reddingspan op pad na Nepal

Lt. Jack Haskins en Bear. Foto: Verskaf/SAPD

Lt. Jack Haskins en Bear. Foto: Verskaf/SAPD

Lt. Jack Haskins van die Pietermaritzburgse soek-en-reddingseenheid en sy vierpotige kollega, Bear, is deel van ʼn span Suid-Afrikaners wat gekies is om reddingswerk in Nepal te gaan doen ná ʼn erge aardbewing die naweek daar groot skade aangerig het.

Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Dinsdag gesê Haskins het 21 jaar ondervinding in soek-en-reddingsoperasies en was verheug dat hy in staat sal wees om sy vaardighede en kundigheid te gebruik om die slagoffers van die aardbewing te help.

“Hy het Maandagaand na die OR Tambo-lughawe gevlieg om aan te sluit by ander soek-en-reddingsbeamptes van oor die hele land. Suid-Afrika se reddingspan sal na verwagting Maandagmiddag na Nepal vertrek,” het Zwane gesê.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het hom voorspoed toegewens met die reis.

Maroela Media het vroeër berig twee groot aardbewings het Nepal, in die suide van Asië, Saterdag geruk en groot skade aangerig. Minstens 10 Suid-Afrikaners is op Everest vasgekeer ná ʼn aardbewing naby Katmandoe wat sneeustortings op die berg veroorsaak het.

Die aardbewing het volgens AFP tot dusver minstens 3 200 lewens geëis, maar talle mense is ook in Indië en Tibet oorlede. Duisende is beseer en talle onder die puin vasgekeer.

Lees meer oor die Nepal-ramp op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerald van der merwe ·

Google> only 4% of the total population of Nepal are Christians.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.