SA-regering antwoord VN vandag oor regstellende aksie

'n Afvaardiging van Solidariteit by die Verenigde Nasies in Genève. Foto: Solidariteit

‘n Afvaardiging van Solidariteit by die Verenigde Nasies in Genève. Foto: Solidariteit

Die Verenigde Nasies (VN) se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie het Dinsdag ná ʼn aanbieding van die Suid-Afrikaanse regering in Genève gevra wanneer die regering beplan om die beleid van regstellende aksie in Suid-Afrika af te skaf en gewaarsku dat dit nie vir ewig kan voortgaan nie.

John Jeffrey, Suid-Afrika se adjunkminister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, het Dinsdag namens die Suid-Afrikaanse regering ʼn verslag oor rassekwotas en regstellende aksie aan die komitee voorgelê.

Dit is in antwoord op ʼn aanbieding wat Maandag deur Solidariteit en AfriForum aan die komitee gedoen is, waarin daar klem gelê is op die staat se wiskundige benadering tot regstellende aksie wat tot rassesilo’s lei en teen die konvensie van die VN indruis. Solidariteit en AfriForum het ook ʼn aanvullende verslag oor diskriminasie in sport aangebied.

In die regering se aanbieding Dinsdag het Jeffrey gefokus op die suksesse van die regering om armoede uit te wis en ook klem gelê op nuwe wetgewing teen haatspraak. Ten opsigte van regstellende aksie het Jeffrey gefokus op die oorverteenwoordiging van wittes op topposvlakke.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê daar is Dinsdag ná afloop van die regering se aanbieding indringende vrae gevra oor die manier waarop regstellende aksie toegepas word.

“ʼn Komiteelid, Baron Marc Bossuyt, voormalige voorsitter van die grondwetlike hof in België, het in reaksie op die regering se aanbieding gesê dit blyk dat daar in die politieke omgewing gefokus word op kwantitatiewe eerder as kwalitatiewe uitkomste wanneer dit by die toepassing van regstellende aksie kom,” het Hermann gesê.

“Bossuyt het gesê in Suid-Afrika word regstellende aksie te rigied toegepas deur die nasionale demografie te gebruik. In sekere staatsomgewings kan dit nog geregverdig word, maar in die ekonomiese omgewing, private omgewing en sport is rigiede maatreëls absurd.  As jy mense wil help, moet mense gehelp word op grond van nood en armoede en nie op grond van velkleur nie.”

Daar is ook tydens die bespreking genoem dat die konvensie rassisme wil uitwis en dat die idee van verteenwoordigendheid teen die konvensie indruis, aangesien dit kan lei tot ʼn stelsel soortgelyk aan die ou apartheidstelsel. Die manier waarop regstellende aksie toegepas word, is belangrik, en nie net die doel nie, omdat geen vorm van diskriminasie aanvaarbaar is nie, het die komitee gesê.

“Ons is baie tevrede met ons besoek en die reaksie wat ons ontvang het,” het Hermann gesê. “Ons aanbieding [Maandag] en ʼn private ontmoeting wat ons [Dinsdag] met die komiteelede gehad het, het goeie weerklank in die vrae van die komiteelede gevind. Ons boodskap is as vars beskou en het nuwe perspektief vir die komitee gebring.”

Die Suid-Afrikaanse regering sal vandag om 10:00 vrae oor sy aanbieding beantwoord.

Die VN-komitee sal ná die sitting aanbevelings doen wat deur lidlande geïmplementeer moet word. Suid-Afrika het die konvensie vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie bekragtig en is daarom verplig om die aanbevelings te implementeer en verslag aan die komitee te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Koos ·

Ek is positief dat geregtigheid hier gaan seëvier en dit sal geregtigheid bring vir die huidige benadeelde minderheid.

JC ·

Mooi SO OUENS, VAT HUL VAS! DIT KAN NIE VIR EWIG SO AANGAAN NIE!!

Ryan ·

Baie goeie nuus. Wel gedaan sol/afri. Ook baie trots op maroela media om hieroor te skryf. As enige iemand weet van ‘n artiekel wat deur die hoofstroom “media” gedoen is hieroor, plaas asb ‘n skakel. Ek is 100% oortuig dit is teen die lingse agenda en is hoekom ons dit nie daar sal sien nie. Hoop eks verkeerd.

Wouter ·

Vat so ANC. Dankie Solidariteit en Dr Hermann vir wat julle vir ons nou benadeelde nasie doen.

Gironki ·

Dr. Dirk Hermann, Solidariteit en AfriForum moet geloof word vir die wyse waarop hulle ons land se belange op die hart dra en veg vir ons regte. Baie trots op julle!

Anti-Haas ·

Hierdie is baie goeie nuus.
My vraag is net: 1. Gaan die ANC die uitslag toepas. In die verlede het hulle letterlik hul gat afgevee aan die uitslag van hof beslissings…….2. Kan hulle na ons Grondwetlike Hof gaan en weer “appeal”?????

Pammy ·

Amen ! Uiteindelik is daar weer n vlammtjie van hoop danksy Solidariteit, Afriforum en Dr Dirk Hermann. Op die manier kan ons weer ons eens mooi land weer optel uit die stof en maar weer opbou.

Johann ·

Dit is beslis ‘n baie goeie stap van Solidariteit en Afriforum om die saak na die VN toe te vat.
En ek hoop regtig dat iets gebeur.
Maar, die waarheid van die feit is dat ons agter klein kinders nog gaan betaal vir Apartheid.
Daar is geen kans dat die regstellende aksie ooit afgestel sal word nie. Na soveel jaar van die ANC wat aan bewind is en nogsteeds misluk, sal die wit mense beskuldig word. Maatskappye gaan bankrot as gevolg van regstellende aksie en dit kos die ekonomie baie meer.
Kyk na Amerika. Regstellende aksie is wet gemaak in 1965. In 1996 het sekere state in Amerika die verbied want dit was nie suksesvol nie.

John ·

Ons land se demografie is ‘n erge muur. Aanwas word en was in die verlede aangemoedig deur die ANC en die EFF omdat dit ‘n dodelike wapen is om jou saak te wen. Armoede en ellende word in stand gehou en wie kan wen teen honger en verval? Afrika speel hierdie siek speletjie al vir eeue omdat dit vrugte oplewer en die witman die slaaf van Afrika maak en die bordjies verhang. Met 60 miljoen anderskleuriges teen 3 miljoen blankes in die land, hang die skaal so skeef, dat geen verduideliking kersvashou nie. Dan staan Solidariteit se saak teenoor die’ van ‘n ander witman wat die teendeel verkondig. Aai tog! Die wiel se draai is al wat die negatiewe siening jeens die Afrikaner sal versag en dit sal wees wanneer Europa en Brittanje ( ea soos Rusland) die probleem self aan die bas voel. Die VSA voel dit al en daar word reeds in baie Europese lande geskarrel soos talle bote vol assielsoekers uit Afrika aanland.

Henk ·

Vatso!! Ons kan mos,kom ons vereenig en staan saam teen omgekeerde rasisme

jaco ·

Rassisme is bloot rassisme. Niks is omgekeer nie. Sg. omgekeerde rassisme skep so half die indruk dat wit mense rassisme uitgedink het en dat swartes dit later by hulle gekopieer het.

Arina ·

Goed gedaan sover Solidariteit en Afriforum. Ook dankie aan die VF+ wat ook die regte van minderhede op die Verenigde Nasies se forums dryf.

jaco ·

Kan iemand aan my verduidelik waarom Kleurlinge en Indiërs ook in baie gevalle nie werk kry nie weens regstellende aksie. Hulle was dan ook slagoffers van apartheid?

Berhalet Beukes ·

Die antwoord is voor die handliggend… Maar dit mag ons mos ook nou nie verbaliseer nie of ons is kniediep in die pekel.

E ·

Jaco ek vra ook daai vraag. Gaan kyk maar op die Chineese id’s hul is almal donker? hul kry voorkeur as dit by bee kom, hoekom? hul vat ons mense se werk met hul fabriekke en goedkoop arbeid en die reg laat dit toe hoekom?

Josua Keys ·

Ek is in die bevooregte posisie om werk te hê asook my vrou en dit is baie meer as wat ander kan sê, ek hoop regtig dat die buitewereld sal of wil sien wat werklik hier in Suid Afrika gebeur, die probleem egter was juis die buitewereld wat druk op ons uitgeoefen het weens apartheid nou dat hul eie lande deur imegrante betree word nou wil hulle mure bou maar ons grense was al die jare oop vir enige een om ons land te betree mits hulle die regte dokumentasie en toestemming daarvoor gehad het, dit is waarom ons-ons lands grense bewaak het, die is n debat op sy eie. Ek hoop dat die VN nou die werkliheid sal sien maar dit gaan beteken dat groot veranderinge in die regering se beleid gedoen sal moet word en dit gaan die soustrein tenvolle tot stilstand dwing maar hulle sal dit nie doen sonder ‘n geveg nie. Sterkte aan Solidariteit en Afriforum maak SA trots!!!!!

rudi ·

Dis maklik om op ons verdraagsame Afrikaners te trap. Nie so maklik om dit te doen by VN. Dankie Afriforum

Ampie ·

In 2015 het Solidariteit dieselfde pelgrimstog ondergaan. Toe het Dr Hermann 600,000 handtekeninge van Suid-Afrikaners teen die SA rassebeleid aan dieselfde komitee oorhandig. Die ANC-regering het dit eenvoudig afgelag. My vraag is: wat het toe gebeur? Sover ek weet niks. Hoekom word hierdie feit verswyg in die berigte? Wat het intussen verander? Die VN is ‘n tandelose organisasie, soveel te meer wat minderheidsregte betref. Behalwe bietjie publisiteit is die besoek nie veel werd nie.

Johann ·

Ampie: Ek stem 100% saam met jou.
Al teken 3 miljoen wittes asook al die Indiers en al die Kleurlinge die die petisie, sal die ANC regering dit eenvoudig af lag en daar sal net mooi niks van dit kom nie.
Ons het nou al gesien dat die ANC regering maak net soos hulle wil en op die stadium gaan en sal niemand en niks hulle stop nie.

Net ekke ·

Ek stem 100% saam met Ampie en Johann. Niks sal verander in hierdie land nie dit sal net erger word want die ANC is onaantasbaar hulle kom weg met moord maak nie saak wie dit benadeel nie. Baie dankie aan Afriforum dat julle veg om dit vir ons almal beter en regverdig te maak. Hopelik is daar n vlammetjie wat brand aan die einde van hierdie donker tonnel want so kan dit nie aangaan nie regtigwaar.

Berhalet Beukes ·

Ampie, dit mag so wees… Maar ANC is nie verhewe bo God nie… En God sluimer en slaap nie… As ons enige vorm van politiek moes vertrou sou ons almal maar net skape gewees het, nie waar nie? Al probeer ons ‘n duisend keer en ons is onsuksesvol, het ons iets gedoen en probeer nie net terug gesit en gesê… Dit kan nie gedoen word nie.

Net ekke ·

Ek stem 100% saam met Ampie en Johann. En sommer almal wat kommentaar lewer oor hierdie berrig. Niks sal verander in hierdie land nie dit sal net erger word want die ANC is onaantasbaar hulle kom weg met moord maak nie saak wie dit benadeel nie. Baie dankie aan Afriforum dat julle veg om dit vir ons almal beter en regverdig te maak. Ons salueer julle!Hopelik is daar n vlammetjie wat brand aan die einde van hierdie donker tonnel want so kan dit nie aangaan nie regtigwaar!

m ·

Ja kyk regstellende aksie het ma net n fancy woord geword vir diskriminasie teen almal wat nie swart is nie. Wag in spanning om te hoor wat die regering die VN gaan antwoord……

Jan maak n Plan ·

Ampie, jy en Johann is heeltemal reg, die ANC regering het hulle self nog nooit aan enige iemand of instansie gestuur nie. Hulle is mos heeltemal te verhewe bo alles en almal. Maar soos my ouma gese het – Wat op gaan moet een of ander tyd afkom – en daarvoor kan ek nie wag nie.

Johann ·

Ek het nou ‘n vraag.
Se nou net die VN se dat regstellende aksie is nie reg nie (weet nie presies wat is die doel van die hele storie nie), hoe/ wat gaan gebeur?

Johann ·

Om by my vorige vraag te voeg.
Gaan daar iemand wees wat vir die regering se, of julle stop die regstellende aksie anders…
Ek kan regtig nie sien dat die gaan gebeur nie.
Dis seker nie toepaslik nie, maar ek persoonlik stel voor dat indien jy kan, verlaat die land. Gaan na ‘n land toe waar ‘n person nie gediskrimineer word nie.

Spioen ·

Johann…ek stem 100% saam jou siening. Die VN is regtig ‘n slapgat organisasie! Hulle het soos rotte weg gehardloop toe die Siriers hulle basis storm naby Quineitra en het hulle wapens oorgegee aan Isis. Dieselfde het gebeur in Rwanda waar genocide was en hulle het mooi NIKS gedoen nie. Dammit al bashir was hier en die government moes hom arresteer en NIKS het gebeur nie. Die VN is nie waarvoor hulle staan nie en hulle beteken absoluut NIKS!!!!

Vlermuis ·

So trots op Solidariteit en Afriforum – die wiel draai stadig. Wel gedaan manne julle maak mens trots!!!!

Tammy ·

Hoop hulle het n goeie verduideliking, alles het ten gronde gegaan, maar die mense skrik nie wakker nie. Kwotas werk nie en party mense is te onnosel om dit agter te kom want hulle word net ryker daardeur. Ons noem dit die soustrein………

jo-anli ·

Rassisme is al so afgesaagde woord net soos apartheid. Vir hoe lank gaan hulle nog rassekaart speel. Wat van blanke armoediges . Dankie Soladariteit en almal betrokke. 100 Hoeras viir julle.

SE MA NET ·

Hoop nie hulle fokus te veel op die armoede gedeelte. Glo steeds mense moet volgens hul vermoë, ondervinding en kwalifikasie (nie gekoopte of gefabriseerde kwalifikasie of graad) of opleiding in posisies geplaas word ongeag kleur. En salarisse betaal word gepas vir die betrokke amp. Dink nou net as Anna arm is moet sy as minister op bestuurder by firma aangestel word omdat sy arm is? Of skoonmaker skielik salaris van R15000 kry omdat sy/hy arm is? Die beste persoon vir die betrokke posisie. Regering moet mense probeer bemagtig met kennis nie met sakke vol geld en niks tussen die ore. Als moet regverdig geskied (as dit enigsins moontlik kan wees).

Petrus Oppiwater ·

Miskien moet “regstellende aksie” ook in perspektief gestel word by die VN. Kan daar nie gewag gemaak word van al die skole wat afgebrand word wat deur sg. “vantevore bevoordeeldes” befonds is nie en ook die verwaarlosing van grond wat die gevolg is van ondeurdagte grondeise? ens.???

Elsie ·

Almal wil ń bohaai opskop. VF+ staan vir dieselfde dinge maar hoeveel blanke Suid Afrikaners het vir hulle gestem? Dit wil ook sê as hulle nog sover gekom het om te gaan stem?! Die antwoord is saamstaan! Dit wat ons nie kan doen nie. Ons kon die VF+ so sterk gemaak het dat ons ook ń voet in die deur kon gehad het maar dit tel blykbaar nie vir die blankes nie. Met die volgende groot verkiesing is daar weer duisende wat of glad nie gaan stem nie of vir ń heel ander party. Hulle doen dit sonder om mooi te dink. Elke stem tel! Stem vir die party wat vir ONS iets kan doen!!!

Veritas ·

Selfs al stem alle Afrikaanssprekendes, blank, bruin en swart, vir die VF+, gaan dit nie genoeg wees om die ANC of DA te ontsetel nie. Die VF+ sal nooit genoeg stemme kan trek om enigsens ‘n verskil te kan maak nie. Burgerregte-organisasies het baie meer byt as politieke minderheidspartye en dit is hulle waarop Afrikaanssprekendes moet konsentreer.

Burger ·

Elsie , die vryheidsfront weet nie waarvoor hulle staan nie . Die wel en wee van die blanke Afrikaner is belangrik vir jou . In ons dorp was n bruin man die VF kandidaat . Wat het jy vir hom te se . Hy is verward oor sy identiteit ?

Ek is vanoggend genader om aan te sluit by sollidariteit . Aan die kant wil ek hulle ondersteun , aan die ander kant is daar n deel wat teen my menswees stry . Amper soos Ghandi gese het . Hy hou van Christus net nie christene nie..

Theuns ·

Elsie jy is 100% reg! Moet jou nie steur aan die wat so negatief is oor die VF+ nie!

John ·

?.. vir ons iets kan doen, Elsie? Wat het die VFPlus die afgelope 22 jaar vir ‘ons’ gedoen wat ons stemme kan trek? Tans onderhandel hulle met ander partye vir korsies onder die tafel… en so sal dit aangaan, ad infinitum. Staan saam, loop saam, vat almal hande.. saam, is niksseggend as dit net ‘n spul bang-janne impliseer nie. ‘Kom ons klein groeperinge in die land staan saam’, beteken eenvoudig net, help die arm groepe sodat die VF+-gebroeders langer in die parlement kan aanbly, want ons het amper begin dink ons moet aftree en oei, watter skok op ons gestelle sal dit nie wees nie…

Riaan ·

Ineptocracy

A system of government where the least capable to lead are elected by the least capable of producing, and where the members of society least likely to sustain themselves or succeed, are rewarded with goods and services paid for by the confiscated wealth of a diminishing number of producers

ANSIE ·

GAAN SE WAT MY 4 JARERIGE KLEINDOGTER SE HUL DOEN NET WAT HUL WIL

M A ·

Dis net verseker dat blankes in Suid Afrika te min is om as ‘n groep ‘n verskil te maak. Saamstaan met ander blankes gaan absoluut niks help nie. Wat van saamstaan met die res van die bevolking? Almal is nie dwars en onopgevoed nie. “Afrikaners” moet wegkom van die idee dat hulle uitverkorenes is.

Rina Pretorius ·

Regstellende aksie is gebore uit weerwraak en haat en as hulle geforseer word om te stop nie sal ons as blankes vergaan in die land. Ek hoop alles werk reg uit vir ons hele land se mense nou

Lizan Burger ·

Ons as volk kan slegs ‘n verskil maak deur te gaan stem vir die party van ons keuse (om die meerderheid te verminder) en om organisasies soos Solidariteit en Solidariteit Helpende Hand te ondersteun. Die Afrikanervolk het al paar keer uit die as van ‘n verskroeide land opgestaan en kan dit weer doen. Dit is net jammer dat ons elke keer in sak en as moet staan voor ons besluit om saam te staan en onsself te help……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.