SA regering bied ondersteuning vir man wat doodstraf kry

Tyrone Lee Coetzee

Die minister van internasionale betrekkinge het gesê haar departement sal konsulêre ondersteuning bied aan Tyrone Lee Coetzee se familie, nadat hy in Viëtnam die doodstraf opgelê is.

“Die departement sal die saak verder monitor en met die betrokke burger in verbinding tree wat betref die moontlikheid om appèl aan te teken teen die vonnis,” het minister Lindiwe Sisulu in ʼn verklaring gesê.

Maroela Media het vroeër berig Coetzee is die doodstraf opgelê nadat hy aan dwelmsmokkelary skuldig bevind is. Die Ho Chi Minh City Law-koerant het berig hy het nagenoeg 1,5 kg se kokaïene gesmokkel het.

Coetzee is in Junie 2016 in hegtenis geneem nadat hy by die Tan Son Nhat Internasionale Lughawe geland het en die dwelms in sy bagasie gevind is. Hy het in die hof aangevoer dat ʼn Nigeriër hom gehuur het om die dwelms te vervoer en dat hy $3 500 sou ontvang ná sy aankoms in Viëtnam. Hy het glo van Suid-Afrika na Brasilië toe gevlieg waar hy die dwelms gekry het, waarna hy na Viëtnam gevlieg het.

Sisulu het gesê sy is besorg oor die hoë getal Suid-Afrikaners wat op verskeie aanklagte, hoofsaaklik dwelmverwant, oorsee aangehou word. Daar is tans 800 Suid-Afrikaners in buitelandse tronke.

“Die departement doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners wat oorsee reis om hulself vertroud te maak met die wettige en kulturele praktyke van die lande wat hulle besoek. Suid-Afrikaners word gewaarsku teen deelname aan onwettige aktiwiteite.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Marius ·

Ek het ń mate van simpatie met die ou wat die doodstraf gekry het. Die doodstraf vir sy misdaad is oordrewe. Dit is egter daardie land se wet en dwelems vernietig lewens. Dit is egter skokkend dat die anc regering hul ontferm oor ń veroordeelde dwelem smous, maar nie lank terug het dieselfde minister gesê dit pla haar gladnie dat boere die land asgevolg van anc beleid verlaat nie.

Marius ·

Interessant, nie lank terug nie het dieselfde anc minister gesê sy voel vere vir boere wat die land verlaat agv anc beleid.

Monica ·

Ek is jammet, maar hierdie is nou een waarvoor wk nie simpatie het nie, het hy gedink hoeveel lewens indirek deur sy gierigheid geraak sou word? Jammer my maat, ek het ‘n kind verloor agv mense soos jy. Nou moet jou familie ook suffer soos myne moes. Gelukkig spring ‘n paar Vietnamese jou besending nou vry…ongelukkig is daar net weer 10 ander wat jou plek sal neem!

Marietjie ·

Shame, nee wat, kry vir jou my vriend. Jy verwoes genoeg lewens indirek. Een minder sal ongelukkig. Ke ‘n verskil,aak nie, want 100 ander “Pop”net weer op……

Monica ·

Ek dink die beste alternatiewe straf vir jou sal wees hulle moet een van jou kinders ‘n addict maak dat jy kan sien deur watse misery familie van addicts lewe!!

Ben ·

Jy, wat gesien het waardeur jou kind gegaan het, wens dit op n ander (onskuldige kind) toe?

Annakapat ·

Sjoe Monica, sy kind is onskuldig! Dis n oordrewe stap wat jy voorstel … miskien moet jy weer daaroor dink!

Monica ·

Ja. Soos my kind onskuldig was en deur drug dealers gebreinspoel is…. en sy lewe verwoes en verloor het….

PJC ·

Waar dwelms ter sprake is is daar altyd ń Nigerier betrokke. Gewoonlik laat hulle een ou vang om as afleiding te dien vir ń ander ou wat dan ook dwelms in die bertrokke land insmokkel. Ek verstaan nie hoekom mense hulle gewetenlose Nigeriers laat vang nie.

Realis ·

“If you do the crime, you do the time. ”
Sy dade kon baie lewens verwoes het. Die meetsnoere waarmee hy andere se lewenswaarde gemeet het, was nou gebruik om sy lewenswaarde te bepaal. Ek kry net sy familie jammer.

Wilma ·

Wys jou net. ANC regering nie gepla oor misdaad. Wil misdadiger beskerm. Laat dai land voorbeeld van hom maak. Guts gehad vi drugs hukom ni guts die punch te vat ni

jaco ·

mark my words: hier kom GROOT reën. Damme in die Wes-Kaap gaan binnekort almal 100% vol wees.
Dis ‘n absolute wonderwerk dat ons anti-wit regering ‘n WIT suid-afrikaner help. Gewoonlik word niks gedoen nie.

Karolis ·

Monica, ek voel ook hy verdien sy straf.
Ter selfder tyd hoop ek jy vind vertroosting vir jou groot verlies. Sterkte.

JAN ·

Ergste van alle verslawings is tabak. Meeste siektes en kankers.
Moeilikste rehab. Absoluut geen nut behalwe teen halitose.. Stink asem. WGO SERT.
sowel as ook mees polities gelaaide vervloekte landbou produk ooit.

Faan Bothma ·

Tipies anc. Op die manier werf hulle sy naasbestaandes se stemme en miskien syne ook, indien hy gedepporteer word

Henk ·

Ek bly in die Filipynse eilande want ek is met n’ filipynse vrou getroud. Vandat pres Duterte oor geneem het is meer as 6 000 drug pushers dood geskiet. Die mense in die ooste voel vere vir drug pusher en drug mules. Dit het al 2 keer gebeur dat die polisie se hit squad lyke in die veld so 200 meter van my huis aflaai met 2 gate in die kop. Die locals het gese hulle ken die mense en hulle het dwelms verkoop. LAAT EK JULLE DIE WAARHEID VERTEL OP DIE SAGSTE MANIER. AS LEE SE VONNIS VERANDER WORD NA LEWENSLANK SAL HY WENS HY WAS DOOD. DIE OMSTANDIGHEDE IN DIE TRONKE IN DIE OOSTE IS SUB HUMAN. HY SAL WENS HY WAS DOOD. LEE SE OUERS SE N LEWENS GAAN N LEWENDE HEL WEES VIR DIE RES VAN HULLE LEWENS.AS HULLE HOM BESOEK SAL HULLE SIEN HOE HULLE SEUN SE VOORKOMS VERVAL HET AGV DIE TRONK LEWE DAAR. Ek hoop nie julle gee om as ek julle die waarheid vertel nie. Die lughawens soos Singapore en Maleisie het groot kennis gewings borde wat aan dui dat POSSESSION OF DRUGS IS A CAPITAL OFFENCE AND PUNISHABLE BY DEATH .

Katerina ·

Ja nee kyk om in daardie lande Enigiets met dwelms te doen te he is soos om n swart Mamba op te tel. Hulle speel nie as dit by dwelm smokkelaars kom nie. Ek sou dink mense die wereld oor, Weet dit tog nou al by hierdie tyd. Waarom die kans vat, ek vetstaan dit nie. Ek het baie medelye met sy ouers darem, dit moet hel wees vir hulle.

gatiep ·

Henk ek het Duterte al gehoor praat.
Hy is n Trump. Baie goeie man daai julle is gelukkig om hom te kon kry.
Jy het baie goeie keuse in jou lewe gemaak.

Anoniem ·

Se weer die wet moet toegepas word in SA ook. Het geen simpatie as hy my seun was ja ek sou ook hartseer wees maar hy is n groot man het sy keuse gemaak en weet wat die gevolge van dwelms is.

Johan ·

Hy sal darm nie weer dwelms smokkel nie. Goeie regering daar anderkant.

Colleen ·

Waarom geld mors op iemand wat nie sy medemens in ag geneem het toe hy weet hy mag nie dwelms smokkel nie. Nee wat, die land se belange is defnitief nie by burgers wat ondersteuning regtig nodig het nie.

marous ·

siesulu moet haar neus uit Vietnam se sake hou en eerder sorg dat dieselfde strawwe hier ingestel word .

christa ·

Hy verdien wat hy gekry het. Die regering wil optree op plekke waar dit ongehoort is. Hulle gryp nie in, in hulle eie land se moord en doodslag nie.

bgj van der westhuizen ·

hy het geweet wat hy doen en hy het geweet dit is teen die wet dis hy moet maar die straf kry wat uit gesit is vir hom war om is die anc regering gepla oor in drak donkie maar is nie gepla dat plaas boere vermoor word nie

maak dit saak ·

Dis baie snaaks. Die vonnis is vreemd en tog is die storie so soortgelyk aan n video wat op youtube is van die eienaar van rehabilitasie sentrum in JHB, maar hy was maar vir 4 jaar toegesluit. Dis nou die hoeveelste geval wat ek van lees wat ek so n swaar vonnis sien. Wonder dan net hoe het hy dit reggekry om net vir 4 jaar toegesluit te wees. Tensy dit maar n bemarkings strategie is om mense te lok na hierdie sentrum toe. Sy storie lui dieselfde met Nigeriers ens. Vir myself gewoner hoe hy kon terug kom suid afrika toe sonder nagevolge of so publiek sy verhaal vertel (meskien kyk ek teveel CSI want dit lyk of dealers maar erenstig is oor hul stash). Dit sal wel swak smaak wees as hy dit doen, selfs google het geen berig oor sy inhegtenis neming net sy Video??? Meskien was hy net gelukkig, maar ek stem dwelms verpletter lewens. Hy was wel bewus van die nagevolge en steeds dit gedoen. Sterkte aan Tyrone se gesin want dis hulle wat lei.

Piet ·

Wel uit al bogenoende skrywes kan ek aflei dat alle sorge en ergernis wat delms nog ooit veroorsaak het, voor die deur van die dwelm muil gegooi word, die dwelm slaaf vat geen veranwoordelikheid vir sy eie afbrekende gedrag nie, asof hy geen ander keuse gehad het nie. Die “drug lord” wat die muil mislei word skatryk net soos die “pimp” wat die straatvrou misbruik. Volgens my is hulle almal slagoffers van hulle eie verkeerde keuses. Die seun verdien tronkstraf, maar nie die doodstraf nie.

Zandra ·

Wat my stom slaan is dat n persoon weet indien hy n brandende gloeiende kool in sy hand gaan vashou kan hy 3rde graad brandwonde opdoen, maar ten spyte daarvan steeds die taak aandurf om die gloeiende kool in sy hand te hou vas…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.