SA regering by VN verkla oor gebrekkige droogtehulp

Monique Taute en Henk Maree, AfriForum se verteenwoordigers in die VN

Monique Taute en Henk Maree, AfriForum se verteenwoordigers in die VN

AfriForum het die Suid-Afrikaanse regering se onvermoë en onbereidwilligheid om voldoende hulp aan droogtegeteisterde kommersiële boere in Suid-Afrika te verskaf, aan die groot klok gehang.

Die burgerregte-organisasie het ’n voorlegging oor hierdie onderwerp gedoen tydens die Verenigde Nasies (VN) se negende Forum vir Minderheidsaangeleenthede.

“Die reën wat die afgelope paar weke geval het, is nie voldoende om die nood te verlig nie,” het Henk Maree, woordvoerder vir AfriForum, gesê. “Die realiteit is dat sekere streke jare laas behoorlike reën gekry het. As dit reën, beteken dit ook nie outomaties dat weiding beskikbaar is nie. Selfs gedeeltes waar dit wel gereën het, het tyd nodig om te herstel voordat vee daarop kan wei of dit vir saaidoeleindes gebruik kan word.”

Die voorlegging in Genève, Switserland het ’n skakeltoer wat twee weke lank geduur het, afgesluit. Tydens die toer het verteenwoordigers van AfriForum talle organisasies en parlementslede van die Nederlandse en Belgiese regerings ontmoet om die omvang en verwagte impak van die droogte te bespreek. Sekere organisasies het aangedui dat hulle dit sterk oorweeg om bydraes te maak ten einde verligting vir bedroefde boere te bring.

“Altesaam 38 000 Suid-Afrikaners het reeds hul werk weens die droogte verloor. Basiese produkte soos mieliemeel se prys gaan die hoogte inskiet. Die impak van die droogte van die afgelope paar jaar gaan nog in die voorsienbare toekoms ’n effek op die Suid-Afrikaanse ekonomie hê,” het Maree bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jan ·

Die regering doen hiermee presies dieselfde as wat hulle met die boere se veiligheid en plaasaanvalle doen. Hulle wil nie aandag gee nie, omdat die meerderheid boere wit is, al ly swart boere ook daaronder. Dit is vir die ANC ‘n beginselsaak, ‘n rasse saak. Hul hele uitkyk in die lewe is om die witman ten alle koste te veg.

Jakes ·

Jan, met alle respek, ek sal waardeer as iemand hul beginsel kan vind! Daar is geen, tog voel hul hul saak is onmenslike vernietiging en uitwissing?

Jan ·

Jakes, ek verstaan nie wat jy sê nie, jy sê vir my “met alle respek” dus verskil jy van my dat die ANC die boere teiken en als in hul vermoë sal doen om die wit mense te vernietig???

An al ly hul self daaronder?

Jan ·

Jakes, o’ja en dan sê jy vir my jy sal waardeer as ek my beginsels vind.

jr ·

Dankie Jan, nader aan die waarheid as dit wat jy se kan niemand kom nie. Mense wat nie in die posisie is of was nie kan nie saam praat nie !

Jakes ·

Dankie vir jul voortgesette deursettingsvermoë.
As aangehegte klagte dalk die wêreld attend gemaak op volksmoord ook? Vir elke Zimmer wat oorloop word twee wittes tuis vermoor, honger in Afrika so moord voed hom in die Reënboognasie?

Esta ·

Dankie Afriforum. Die regering gaan met hulle beperkte intellek redeeneer dat dit niks met die VN tedoene het nie, want hulle gaan nie insien dat hulle self die VN hulp gaan vra as daar hongersnood kom nie.

Hein ·

Ons word uitgemoor. Binnekort maak die droogte nie meer saak nie want ons gaan uitgewis wees. Prioriteite asseblief. Die situasie is ernstig.

FM ·

Manne en vroue: Afriforum doen die regte ding. Ons moet soos foxterriers wees. Ons moet net aanhou om aan te hou. Die wiel sal draai!!!!!Ons durf nie sit en niks doen nie.Vir al die lesers:ONDERSTEUN ASB VIR SOLIDARITEIT, AFRIFORUM ENS!!Hulle veg vir minderheidsgroepe!!!!

Afriforum lid ·

Ek verstaan nie lekker nie. Mense in Allepo word ge bom. In Suid Sudan word mense vermoor. In Sirië word mense vermoor. Om te dink droogtehulp gaan die UN laat regop sit is ‘n droom. Gebruik jul toer geld vir droogtehulp.

Kaufman ·

Goeie punt. Ons moet nie staatmaak op VN nie, gladnie. Ons moet self voorbereid wees.

Maria Van Dieweeck ·

Dit vernietig verseker vinnig die “skattigheid” van die anc in die oe van die wereld, baie nb! Hulle moet dit ‘warm’ kry van alle kante voor hul sal spring.

GES ·

Wat gaan gebeur as SA ontrek van die internasionale strafhof? Die VN gaan seker totaal irelafant word vir cANCer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.