SA regering gee R3,5 miljoen uit op arbeidskonferensie in Switserland

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Suid-Afrikaanse regering het R3,5 miljoen bestee om 37 departementele amptenare en leiers van die vakbonde Cosatu en Fedusa vir 12 dae op belastingbetalerskoste Genève toe te stuur om die Internasionale Arbeidsorganisasie se jaarkongres by te woon.

ʼn String ander hoogwaardigheidsbekleërs wat poste beklee aan entiteite soos die Kommissie vir Bemiddeling, Mediasie en Arbitrasie (CCMA), die Werkloosheidversekeringsfonds, en so meer is ook saamgestuur teen verdere koste vir die belastingbetaler.

Suid-Afrika se afvaardiging was een van die grootstes ter wêreld en het pres. Cyril Ramaphosa én die minister van arbeid en werkskepping, mnr. Thulas Nxesi, ingesluit. Die direkteur-generaal van arbeid en verskeie van sy topbestuurslede was saam, en selfs die minister se persoonlike assistent het nie agtergebly nie.

Die inligting kom uit ʼn skriftelike antwoord op ʼn parlementêre vraag van DA-LP dr. Michael Cardo.

Cardo is woedend dat die regering in ʼn tyd van rekordwerkloosheid in Suid-Afrika (die syfer het vir die eerste keer in die geskiedenis die 10 miljoen-merk oorskry) sowat R100 000 per persoon kon uitgee op wat hy as ʼn 12 dae lange uitstappie na een van die duurste stede ter wêreld bestempel.

Hy het dus versoek dat Nxesi dringend voor die parlementêre portefeuljekomitee oor arbeid en werkskepping gedaag word om te verduidelik presies wat elkeen daar gedoen het, presies wat hul bydrae was en presies hoe dit gaan help om die 10,2 miljoen werklose Suid-Afrikaners weer aan die werk te kry.

“As die bywoon van hierdie jaarvergadering nie lei tot tasbare resultate vir die verlaging van werkloosheid nie, was dit geldmors en is dit reeds ʼn klad op die naam van die nuwe minister,” het Cardo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Nxesi ken nie eers die verskil tussen ‘n swembad en ‘n firepool nie. Wat het hyself in elk geval daar gaan soek. Hy het geen idee van wat om hom aangaan nie, allermins wat sy portefeulje behels.

Gert van Wierdapark ·

Die uitgesoektes ampte-narre moet besig gehou word, want tuis is nie veel te doen nie!!!!

Johan Swart ·

Waaroor huil julle ?
Hierdie is sente in vergelyking met die R100 000 000.00 discount wat die ANC-regering kastig minder betaal het vir Cyril se tweede Presidentiële inhuldiging…imagine wat dit gekos het as dit nou slegs n honderd miljoen rand minder is…..

Koos de Meyer. ·

Nee, geld val mos uit die lug uit. Dis lekker om op die belasting betaler se geld vakansie te hou.

Michelle ·

Sal graag wil weet wat staat doen as alle suid afrikaners vir 1 jaar nie taxes betaal nie!

Theresa ·

Die meeste Suid Afrikaners sukkel om kop bo water te hou en di regering blaas miljoene op n konferensie dis n skreiende skande geen wonder di land is in sy kanon nie

Johan Swart ·

Michelle….. Dubai ,Frankryk en Italìë se eiendoms-mark sal n negatiewe groei toon.

Rinkhals ·

Wat ‘n sirkus die gestelery gaan net ophou as die geld op is. Dan begin die genocide.

jennefer ·

Die amptenare het seker net gou oorgegaan om n buitelandse rekening oop te maak. Dit raak tyd dat politici en regerings amptenare van alle lande( veral Afrika) nie n buitelandse bankrekening mag he nie.

Emma ·

Geld kan hulle mors nie n idee van geld nie. Hoeveel monde kon hulle nie voer nie. Skokkend om sulke nuus te lees.

BlinkStephaans ·

Te heerlik… Cardo jy kan mos maar sommer self jou vraag beantwoord… jy weet mos die hele uitstappie gaan nie een enkele werk/pos by die ekonomie voeg. Sal my gladnie verbaas as meer as nie helfte van die wat saam op vakansie was niks wat aangebied was eers bygewoon het. Laat elkeen van hulle maar kom sê wat hulle daar geleer het en wat hulle sover hier by die huis gedoen het om dit in werking te stel. Dit sal nou vir jou n aardige keel skoonmakery en rond froetelry wees.

Johanna Botha ·

So word die geld vermors en niks gebeur nie ! Alles wat moet OP gaan af en alles wat moet af gaan OP …die nuwe SA ! Petrol, krag, verkloosheid en en en ….OP. Rand , sakevertroue , diense en en en ….AF !

humor ·

OB hier is nog n saak teen CR. Hy met sy ekonomiese agtergrond moes sekerlik besef het die huidige stand van sake kan nie so iets bekostig nie.

CFS ·

Ons wou net ñ bietjie gaan holiday hou,ons werk so hard.Dit is om van naar te word,onbevoegde klomp narre.

Skoolgeld ·

Praat van geld wat geen Suidafrikanse burger ooit sal sien of verstaan nie? Wat kan so duursaam wees vreet Hull diamante vir ontbyt?

SjN ·

Hoogwaardigheidsbekleërs, lmga, n plaaslike shebeen party sou goedkoper gekos het.

George in Bloem ·

Pettycash as jy die ANC se norm en geskiedenis aangaande die die vermorsing van die belastingbetaler se geld in ag neem.

Sarel ·

Cocatu & Fedhusa moet aan verduidelik hoekom julle op Bstastingbetalers se geld gaan vakansie hou.

Pieter ·

Ek stem saam ons moet net een jaar se tax nie betaal nie dan sal die anc regering sien die blankes in die land het ook n se ons moet op hou praat en doen

John ·

… soos menige Afrika-ouens graag sal wil doen wat sò vreeslik lief is vir werk dat hulle baie myle en ure en rande sal insit om te gaan kyk na video’s en luister na lesings oor arbeid.. oor wat ander mense elder wil en gaan of gedoen het. Onthou luister na ander is baie harde werk, terwyl die pragtige natuurskoon buite roep. Soveel lyding kos mos… en van kos gepraat… En sommer by my bank ‘n draai maak… hoor of my beleggings…

Diefie ·

Lekker man lekker. Hier moet ons bly. Werkloosheid sal ook baie verminder as al die al die onwettige buitelanders terug gestuur word na hul land van herkoms.Maar nou ja wie gee om?

Johan ·

Hierdie was ‘n goed deurdagte plan van die minister. Hy het sy top amptenare in luukse getreat en nou sal hulle soos een man agter hom staan. Maak nie saak wat hy doen of nie doen nie.

Johan ·

Dit is deel van ‘n meesterplan. Die minister het sy top amptenare in weelde getreat en daardeur hulle guns gewen. Nou kan hy doen of nie doen met wat hy wil

Willie ·

Hulle het seer sekerlik nie gaan hoe betoog mens nie, hulle is meesters hierin..

Wonner ·

En so het almal gedink Ramaphosa sal die antwoord wees maar nee net nog ‘n Zuma wat niks daarvan dink om ander se geld te mors nie!!!!

jakes ·

CR se optredes deesdae is skokkend. Soos lankal vermoed , is hy maar net nog n ANC kader wat op n onbevoegde wyse probeer om die land te regeer. Hierdie belaglike optrede wat in hierdie berig uitgebeeld word is weereens n bewys dat die regering se geldmorsery geen perke ken nie en dat die sogenaamde staatspresident voor in die koor staan.

Anna ·

Ons staatsamptenare (wit) wat vir jare op dieselfde Level bly, kry geen bevordering nie, want daar is nie geld nie. So ons bly maar teen die plafon. Maar daar is geld vir uitspattigheid!!! PATETIES!!!!!

Anni ·

Nee Nee Anna, dis ni die rede dat daar nie geld is nie. Ek Glo J weer Wat die regte rede is. Ek is omtrent die Oudste in my werkspkek. En my junior “comrades” het my almal Al verby gegaan. Als is Maar politiek. En weet Jy Wat, ek Stuur nie meer my siel hel toe nie. Ek werk rustig, praat met myself oor die onredelikheid, en die land Wat hul opmors. Maar kruip, kruip ek nie. So Sterkte vir jou vorentoe.

Ans Watkins ·

Net nog ‘n vakansie met belasting betalers geld. Intussen skuld die land miljarde. Waar kom die geld skielik vandaan? Ek wens ek het daai geld gehad vir vakansie.

MW ·

Liewe lulu Maar Denel se mense & kie sit sonder salaris. Wat het van die checks & balances in die regering geword? So die vakbonde is eintlik totaal regerings verwant ????? Het nog altyd gewonder

fred ·

met die “regrukker” cr voor in die tou….
wat n voorbeeld stel die man, nou verstaan ek waarom die staatsamptenare so moerig is..
En dan nog Geneva,één van die duurste stede in die wêreld…Skande

nannie ·

@anni ek stem saam jou, werk jare en die nuwe kry , meer salaris as ek, bonus elke jaar – ekke nee. Maar doen ook deesdae net die nodigste per dag, staan maar oor tot more so n houding het ek.

Nel ·

Konferensies sal hulle hou en bywoon tot in lengte van dae, want al wat dié spul kan doen is praat – hulle dink mos jy hoef niks te doen nie, want praat maak alles reg.

Gerhard Bezuidenhout ·

Die ANC regime is niks anders as n klomp plundelaars nie . Waarom hulle vir Cosato wat einlik n klomp moeilikheid makers is saamgeneem het op belastingbetalers se koste weet net Ramaphosa en onbevoegte Nxesi.

ne ·

En so stoom die soustrein voort. Hulle moet mos praat en praat om die probleempies op te los. Wonder nou net is die Switsers nie meerendeels BLANK nie?

A Mac ·

Vergadering op vergadering, kongres op kongres, konferensie op konferensie – and non the wiser!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.