‘SA regering het skouspelagtig misluk met entstofprogram’

‘n Gesondheidsorgwerker word by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal ingeënt. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Suid-Afrika het nog nie eers 1% van sy bevolking ingeënt nie en die plan om teen die einde van die jaar 40 miljoen mense in te ent, lyk in die stadium na ’n vergesogte fantasie.

Só het Siviwe Gwarube, DA-LP, Donderdag gesê tydens ’n parlementêre debat oor die departement van gesondheid se begroting vir die 2021-’22-boekjaar.

“Lande reg oor die wêreld ent daagliks honderde duisende van hul burgers in terwyl ons fees moet vier oor ’n skamele 350 000 dosisse wat binne ’n week afgelewer sal word.”

Suid-Afrika het teen Donderdagaand net meer as 455 000 gesondheidsorgwerkers teen Covid-19 ingeënt.

“Om sake te vererger is ons veronderstel om met fase 2 van die entstofprogram te begin. Dit terwyl meer as 700 000 gesondheidsorgwerkers nog ingeënt moet word. Hierdie inentingsprogram moet een van die grootste mislukkings van die ANC-regering wees.”

Philip van Staden, VF Plus-LP, het gesê die regering moet ophou om die beskuldiging van “entstof-apartheid” na ander lande te slinger.

“Daar is verlede jaar geslaap met die onderhandelings vir die aankoop van entstof. AstraZeneca is toe halsoorkop aangekoop nadat ’n nuwe variant van die virus reeds in die land uitgebreek het.”

Van Staden meen die mate waartoe die publiek sy vertroue oor inenting deur die staat verloor het, word geïllustreer deur die feit dat slegs 840 000 uit sowat vyf miljoen mense van ouer as 60 hul geregistreer het vir inentings.

“Net so is dit ʼn illusie dat 40 miljoen Suid-Afrikaners teen die einde van die jaar of vroeg aanstaande jaar ingeënt gaan word.

“Die ANC-regering is nie in staat om die land se gesondheidsprobleme op te los nie. Hy misluk klaaglik met die inentingsprogram en die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal net so ʼn groot mislukking wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

jzjz05 ·

Ek ken een ding en dit is om teen wit te diskrimineer en hulle hande in die koekieblik te steek.daarmee mislik hul nie.

Dirk Mostert ·

Noem dit onbedoelde gevolge. Omdat die ANC iets (soos entings) propageer word twee keer daaroor gedink. Vandaar die mislukte registrasie-veldtog.

Nie Verbaas ·

Om te lees van die ANC se mislukkings skok nie eers meer nie. Dit is die daaglikse norm in Suid Afrika met geen koppe wat rol nie.

annie ·

Is ons seker daar is nie ‘n plan agter die sloer met verkryging nie? Hoeveel afslag word nie dalk beding en rejects dalk teen R0,00 as geskenke gekry nie en natuurlik die groot Afrika-show oor rasisme en ‘ons is soooo arm’ word nie dalk weer opgevoer nie… en so loop die tyd uit. Menselewens? Who cares?

Dirk Mostert ·

Ek kan daarmee saamleef as die “people” voorrang geniet met die beskikbare dosisse.

Fedup ·

It was a given from the start.
No circus can govern a country, let alone planning such a big vaccination stunt.
Shame, must be sad to fail at all levels in life.

asjas16 ·

231 dae oor vir 2021
40 000 000 moet ingeend word, so
173 160 1731 moet per dag ge-ent word
Klink of daar werkskepping in die vooruitsig is

Terence ·

Is skrikwekkend, maar ek dink jou sommetjie kort n Komma na die 0.

Martie Smartie ·

Asjas, jou somme is nie so lekker nie. Vir alle praktiese doeleindes is daar nog 55.5 miljoen om in te ent. Selfs al gee ons die ANC twee jaar van nou af, dis 730 is dit meer as 76 000 per dag. Ek wonder of hulle 100 per dag inent. Ons is almal uitgelewer aan hierdie vyfderangse regering.

Misky ·

Ek dink Asjas se som was gebasseer op die 40 miljoen wat staat beoog teen einde van die jaar in te ent. Dus 173 160 mense per dag

JM ·

As die skille van vals selfversekerdheid net van die ANC se oë wil afval! Hulle besef nie dat hulle onbevoeg is om ‘n land doeltreffend te regeer/bestuur nie. Gaan ons óóit van die patetiese spul ontslae wees? Ons kan nie meer van hul gemors absorbeer nie!

Kompas ·

Inentings moet aan die privaatsektor gegee word om die proses te versnel. Teen die tempo wat die regering inentings toedien , gaan meeste dit dalk in 2030 kry.

Rosie ·

Daar is ook mense wat nie die inenting wil hê nie, onder andere ek. Dankie maar nee dankie. Ek dink dis onregverdig om vir almal te wil besluit. Elke mens het sy eie reg en is baas oor sy/haar eie liggaam.

Francois Le Cochon ·

Geen skool sal ‘n kind tot graag 1 toelaat, as die kind nie teen pokke, masels, polio ens ingeent is nie. Covid inenting mag dalk ook eersdaags verlang word, selfs bewys dat die hele gesin covid ingeent was. Wat maak ouers wat nie ingeent word nie dan?

Dirk Mostert ·

Jy glo seker ook dat die mensdom “klimaatsverandering” veroorsaak. Ek wed jy het nog skoolgegaan/gestudeer in hierdie eeu.

absoluutgatvol ·

As lid van die grootste mediese skema in die land, kan ek wraggies nie verstaan hoekom hulle en die groot apteekgroepe nie my ‘n spuit gereel kan kry nie…

Kokerboom ·

Toon net een bewys van sukses wat die kaders in 27 jaar reggekry het behalwe hul skouspelagtigte poging om land in afgrond te lei!

Jan de Bruin ·

Jip dis wat hulle se ek plaas op rekord my vrou suster Lydia Jordaan van Greys hospitaal is nou nog nie ingeënt nie wat skokkend is, is sy het haar diens ge offer na die hoof Matrone van Greys hospitaal haar om 16H30 na ‘n vol dag se werk gevra het om weer in te kom en was dus die suster wat pasiënt zero in Greys opgeneem het net na 11H00 deselfde aand en tot nou het die staat of Greys Hospitaal nie eers ‘n dankie brief aan haar gestuur nie. En sy het ook nog geen inenting gehaat nie “shame on you South Afrika and its health systems for your poor vaccination program.”

Blikkies ·

Gaan haal die Kubane, hulle kan die land uit alle probleme help.

Irma ·

Ja Blikkies die Kubane is mos die regering se helde en weet alles.

Grassie ·

Ek kan nie verstaan waarom my huisdokter en apteek nie entstof kan aankoop en my inspuit nie. Hulle weet ook nie waarom nie. Al wat ek kan dink is dat daar geweldige groot korrupsie in regeringsgeledere is daarom word die verskaffing gemonopoliseer. Waarskynlik is gunsloon (kick backs) die rede daarvoor. Toe die pes aanvanklik uitgebreek het het die regering mos miljarde rande daarvoor opsygesit. Dit is algemene kennis dat die grootste deel van daardie geld voete gekry het. Nou, skaars ‘n jaar later werk dieselfde regeringsamptenare met die entstof. Hulle het sekerlik nie almal tot bekering gekom en hul ou gewoontes laat staan nie.

Erika ·

Incompetent Fools we “are not” I am Going to kill Myself Laughing

Jacobus ·

Twee probleme:
Met die gemengde boodskappe oor veiligheid van entstof kom hulle nie juis versekerd oor nie.
Dan is daar die ingebore onvermoë van ANC om enigiets te beplan waar daar nie massale geldelike voordeel vir kaders en vriende en familie van kaders is nie.
Meeste denkende mense wil dus maar verby hou.

Saartjievandiebosveld ·

Misluk met alles …hoekom. sal die inentings suksesvol wees. Dis hulle ”track history”

pompies ·

Ek dink dat ou zweli ook nou maar die hek gewys moet word. Hy is net so useless as al die ander.

Linda ·

Maar vanoggend kan RSG net hammer op die VF+ leier wat nie die in enting wil neem nie…Maar van hul geliefde mislukte ANC berig hulle niks! Kan ons land nie wakker skrik en besef die ANC dink ons is n dambord speletjie ( Skaak is te ingewikkeld vir hulle klein breintjies) vir hulle nie?

Dirk Mostert ·

My agting vir die VF+ leier styg nou nog meer. Hy het wel ter verskoning gese griep-entings het nie met hom geakkordeer nie.

Pieter ·

Kannie verstaan hoe kan mense wat brein dood is die land best nie.

Dirk Mostert ·

Die kiesers van 1989 en 1992 het beheer na die “people” oorgedra.

Kokerboom ·

‘n Joenalis by ‘n bekende instelling het die ANS regering gepas as volg beskryf:” Ineptocracy with devious political agendas making illogical, irrational,and idiotic decisions”!

Dirk Mostert ·

Net een uit ses ou mense het geregistreer. Die wysheid van die grysheid!

Jaco ·

Ag siestog, blameer dit net op apartheid. Dan verstaan ons almal. Foitog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.