SA regering kap na Strafhof oor Gaza  

Mediakonferensie van die regering se interdepartementele groep belas met justisie, misdaadvoorkoming en veiligheid

Ronald Lamola, minister van korrektiewe dienste en justisie. (Foto: GCIS)

Daar is vinnige vordering deur die Internasionale Strafhof (IS) gemaak rakende die voortslepende Rusland-Oekraïne-konflik, maar daar blyk ʼn traagheid te wees om dieselfde te doen rakende die “voortslepende volksmoord” in Gaza.

Só het Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, namens die Suid-Afrikaanse regering gesê tydens die 22ste sitting van die vergadering van staatspartye van die IS.

“In hierdie diep ontstellende tye waarin ons daagliks die ontstellende verwoesting aanskou wat deur gewapende konflikte in verskeie wêrelddele veroorsaak word, is dit egter noodsaaklik dat geregtigheid geskied en dat al die slagoffers sien dat geregtigheid geskied deurdat diegene wat verantwoordelik is tot verantwoording geroep word vir die oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en volksmoord wat in hierdie konflikte gepleeg is,” het hy gesê.

“Suid-Afrika se standpunt rakende die konflik in Palestina en Oekraïne was om konsekwent en onomwonde te vra vir die onmiddellike staking van vyandelikhede, onbelemmerde humanitêre toegang tot geaffekteerde bevolkings en gebalanseerde en onbevooroordeelde ondersoek onder die howe se jurisdiksie rakende misdade wat moontlik gepleeg is.”

Volgens Lamola is die Suid-Afrikaanse regering egter baie bekommerd oor die gebeure in Gaza.

“In hierdie opsig is dit opvallend dat wanneer ons na twee groot huidige en voortslepende gewapende konflikte kyk, in Oekraïne en in die staat Palestina, waar beide situasies deur die kantoor van die aanklaer ondersoek word, ons baie vinniger vordering en aanklagte in die Oekraïne-ondersoek waargeneem het as in die ondersoek na die voortslepende situasie in die staat Palestina.”

Lamola het gesê die waarheid moet altyd prioritiseer word, selfs wanneer dit teen die IS se belange inwerk. “Dit is wat integriteit vereis. Binne hierdie gees spreek ons ons kommer uit oor die aanklaer se gedrag rakende Palestina.

“Daar behoort geen onduidelikheid te wees nie – die tragiese optrede deur die staat Israel wat ons in Gaza sien, voldoen aan die definisie van oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom, en selfs die misdaad van volksmoord.”

Volgens Lamola moet die IS bydra tot die voorkoming van misdade onder sy jurisdiksie en die behoefte om blywende respek vir internasionale geregtigheid te verseker. “Vir internasionale strafreg om geloofwaardig te wees, moet dit eenvormig toegepas word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Raadsman ·

Die mense van Palestina het ‘n terroris organisasie ingestem om hulle land te regeer. Hoe kan mense sulke dwase besluite neem. Nou gebruik Hamas dieselfde burgers as lewendige shields teen Israel se aanvalle teen Hamas. Tragies, maar dieselfde tyd is bybelse profisiee besig om uit te speel.

Pierre ·

en Suid Afrikaners wag jare op geregtigheid, vervolging is op die laaste vlakke ooit en hy rek sy bek oor internationale sake, skaamte jou eie land lei onder jou en die ANC maar ons kan niks minder verwag van n onbevoegde regering nie.

Wit Leeu ·

Hou liewers jou neus uit die saak Ronald Lamola ! Kry eerder dinge in jou eie veradderlike land reg voor jy jou uitlaat oor goed wat niks met jou te doen het nie !

Fran ·

Ag tog ek wens dia ANC wil hulle monde hou! Hulle is die VROTSTE regering in die wêreld en sal jou werklikwaar hulle monde uitspoel oor ander lande!

Alta Alleman ·

Vee eers voor jou eie deur en hou op om in te meng met ander lande se doen en late.

Cherokee ·

Waar sou hy winkel- en stasiebomme plaas, wanneer oorlogsmisdade ter sprake is.

Stompie ·

oooohh please – dink hy nou rerig enige iemand stuur hulle aan wat n useless minister van n land se wat self in duie stort in alle opsigte. So voorspelbaar die clowns. Meeste townships lyk soos Gaza strook nou lyk en het ook geen water en krag en mediese sorg en wet en orde ens ens en daar is nie eers een bom gegooi nie. Maar hanswors wil iets se oor ander lande.

AREND1 ·

Hy weet glad nie waarvan hy praat nie.Solank Israel se mense vermoor word is dit niks,maar as gaza se mense geraak word dan is dit nie reg nie en wat hulle doen by gaza.Hulle kruip agter die burgers weg.Dis dieselfde in SA.

Riaan ·

As jy ‘n byekorf skop, moet jy nie huil as die bye jou begin steek nie. Hamas het eerste aangeval, punt.

Marius ·

Soos die engelse se “Practice what you preach” jou sot. Hier word meer mense op n daaglikse basis dood gemaak as in n oorlog sone en jy wil vir die wereld vertel wat om te doen ??
Dit dra maw jou regering se goedkeuring weg dat vroue in die strate verkrag en vermoor word saam met hul kinders ???? Ek vra maar net.

Bekkie ·

Dink hulle nou Israel moet net sit en toekyk, soos ons Suid Afrikaners wat koelbloedig gemoor word en niks word daaraan gedoen nie? Israel het die reg om hulself te verdedig en Hamas uit te roei!

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Ek het geen respek vir enige ANC-minister nie. Finish en klaar.

Republikein in die Wes Kaap ·

Raadsman, Fatah is die gematigde nie-sekulêre regering van die groter Palestina met Wes-Oewer as basis. Abbas is die president. Fatah bevorder gesprek met Israel. Daar is darem gereelde verkiesings in die Wes-Oewer. Hamas is ‘n militante organisasie wat die Gaza streek na ‘n verkiesing in 2007 oogeneem het. Hamas het Fatah daar uitgeboender en ‘n korrupte terroriste staat gevestig. Geen verkiesings het sederdien in Gaza plaasgevind nie. Hamas leiers woon in weelde in Katar. Hamas voer nou ook ‘n oorlog teen die Wes-Oewer, met Israel in die middel. Hamas se doel is om Israel en die Wes-Oewer by Gaza in te lyf. Om te beweer dat gematigde Palestyne in die Wes-Oewer ‘n spul terroriste in Gaza ingestem het is verkeerd.

Lettie ·

Lamala hou jou by jou lees. As jy dit nie verstaan nie, hou jou neus by jou eie verrotte land. Soek uitkomste.

Waarheid ·

Lamola, sê vir Palistyne om op te hou vuurpyle te skiet na Israel en om ALLE gyselaars vrytelaat. Al hoekom daar nie skade is in Israel is omdat hulle “iron dome” en “david sling” het. Dit het Israel omdat hulle verstandige slim volk is. Israel is 0.24% van wereld se bevolking en sit met 22% van die nobel prys wenners. Terwyl Palistyne hulle tyd verkwis aan terreur spandeer Israel dit aan wetenskap. Daar is nie apartheid in Israel. Arabs en Jode het ewe veel regte…anders as by ons.

Leendert ·

Lamola, jy sien die misdaad in ander lande raak maar nie in jou eie land nie.
Sou jy dit nie ook oorweeg om hammas aan te kla in Den Haag nie? Het jy nie gesien wat hammas gedoen het nie? Maar jy kyk ander kant toe…

Drikus ·

Haal eers die BALK uit jou eie oog, voor jy die splinter uit ‘n ander se oog wil haal. Wat van die tragiese optrede van die ANC in ons land, al die dooie semi-staat instansies, en erg gewonde ekonomie … Wat van blatante rasisme met BEE ens ens. Die ANC Regering is die laaste entiteit wat kan vinger wys na ander !

Jacobus ·

Nou wanneer gaan Afriforum of Solidariteit Suid Afrika se terroristiese anc verkla by dieselfde IS oor misdaad teen die mensdom in SA?

Catherina ·

Gebruik Strafhof net wanneer hulle pas. Nie lank gelede wou hulle onttrek!

Martie Smartie ·

If you look at the guy’s photograph and you think, a minister? Government minister? Really? Vader tog behoede ons. ANC kader. My son in Grade 7 talks more sense.

Frances ·

En die Guptas sit tog te lekker in weelde na hulle gestelery in ons land en die geagte Minister se poginkie om hulle uitgelewer te kry het klaaglik mislik of was dit met n rede??

Niklaas ·

Die berigte en informasie wat ek al gelees het insake die Gaza konflik , verskil verskriklik baie van die Minister Lamola se inligting. Dalks is hy maar net baie beter ingelig as ons almal of sonie is hy net ‘n spreekbuis vir Hamas . Maar sy stellings kom daarop neer dat Israel graag buurlande wil aanval en grootskaalse moord wil pleeg.Wel, ek glo hom nie.

Renier ·

Dit is n ou Zuma taktiek, by die russe geleer, herlei die aandag van jou eie foute af…

Jakes ·

Agbare minister, jy is nog n bogsnuiter. Praat asb sin en nie snert nie. As ek jy is sal ek liewer solank n ander joppie soek want na die verkiesing gaan jy werkloos wees.

Sê maar net ·

Jy praat nie namens alle Suid Afrikaanse burgers nie, Lamola. Daar is baie Christene wat saam met God se volk, Israel staan en vir hulle bid.
Kyk wat gaan aan in ons eie land!! Vee eers voor jou eie deur in Suid Afrika, Lamola.

Watsenaam ·

Genade, nie een berig hierbo ondersteun iets wat die regering doen nie, en met reg. Die huidige regering is onbevoeg, skaamteloos, stompsinnig, eiegeregtig, egoïsties, dom en elendig verby. Hulle almal besit oorseese blyplek en sal weghol die oomblik wat die Po-Po die “fan “slaan.Die Guptas sal daarvoor sorg. Heng mense wat doen ons? so kan dit nie aangaan nie. Moet ons maar soos die a en c van ouds maak en soos terroriste, stasies opblaas in spits tyd bomme in besige plekke laat afgaan opruiende vryheids liedjies sing, of net dood eenvoudig die weermag oorneem en n staatsgreep toepas? Hoor julle (die a en c) hoe die huidige verdruktes voel, en julle “worrie”oor palistina? Lamola mjy praat “bull twang”man.

Ignatius ·

Mnr. Lamola is ‘n huigelaar. Ons steier onder terrorisme in ons eie land, iets wat deur cANCer ontken word. G’n wonder hulle ondersteun terrorisme elders ter wêreld nie.

pietere ·

Kan die idioot sy standpunt verduidelik dat Hamas SA kan besoek en vergaderings bywoon en mense opsweep ens. Die armige Dalai Lama kon nie eers Tutu se verjaardag bywoon nie maar dis nou onbetrokke idiote ???

johan ·

Nou spoel die ANC sy mond uit oor terroriste maar SA het moord syfer van 70 000 per jaar. Verkragting en vroue slaners syfer is wie weet waar die hoogte in.

minnie muis ·

die knaap shame ….. sal nooit gelyk kan wees nie met daai mentaliteit nie

Michael ·

Dit voel so onwaar dat die sogenaamde leiers so dom soos grond is met die tipe uitlatings wat hulle maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.