SA regering kap terug ná Trump-twiet

Pres. Donald Trump se twiet.

Die Suid-Afrikaanse regering het Donderdag teruggekap ná pres. Donald Trump van die VSA se “ongevraagde” voorstel dat sy regering ondersoek sal instel na Suid-Afrika se grondhervormingsprogram, asook die hoë vlak van plaasmoorde in die land.

Die Suid-Afrikaanse presidensie het in ʼn verklaring gesê Trump se twiet is “oningelig” en het ten doel om Suid-Afrikaners te verdeel.

Trump het vroeg Donderdagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) aan sy sowat 53 miljoen volgelinge getwiet dat hy Mike Pompeo, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, gevra het om die grondkwessie en “grootskaalse moord op boere” in Suid-Afrika te ondersoek. “Die Suid-Afrikaanse regering gryp nou die grond van wit boere,” het Trump getwiet.

Die Suid-Afrikaanse regering was duidelik nie gelukkig met dié stelling nie. “Suid-Afrika verwerp hierdie eng siening wat net ten doel het om ons nasie te verdeel en ons aan ons koloniale geskiedenis te herinner. Suid-Afrika sal die grondhervormingsproses bespoedig op ʼn versigtige en inklusiewe manier wat nie ons nasie verdeel nie,” lui die verklaring.

“Suid-Afrika het reeds ingrypende stappe gedoen om aandag te gee aan die koloniale en historiese onregte van die verlede, insluitend die onteiening van grond, en om ʼn inklusiewe en stabiele samelewing in Suid-Afrika en die wêreld te bou. Die regering ondersteun grondrestitusie en herverdeling, wat aandag sal gee aan die onregte van die verlede deur mense toegang tot grond te gee op ʼn manier wat die ekonomie laat groei, voedselsekuriteit verseker en landbouproduksie verhoog.”

Intussen het David Mabuza, adjunkpresident, ook weer die sensitiewe grondkwessie aangeraak tydens sy toespraak vanoggend by die opening van die grondberaad buite Bela-Bela in Limpopo wat deur Agri SA en Landbouweekblad aangebied word.

Adjunkpresident David Mabuza by die grondberaad in Limpopo wat deur Agri SA en Landbouweekblad aangebied word. Foto: Verskaf

Mabuza het gesê grond is nog altyd ʼn sensitiewe saak omdat dit die kern is van mense se daaglikse stryd om bydraers tot die ekonomie te word en maatskaplik bemagtig te word. Mabuza het gesê daar is talle mense wat pleit om grond sodat hulle hul lewenstandaarde kan verbeter en ʼn geleentheid het vir ʼn volhoubare lewensbestaan.

“Toegang tot grond is nie net ter wille van toegang met geen doel nie. Dit gaan daaroor dat daar grond beskikbaar is vir die mense wat die grond wil bewerk, sodat die grond produktief aangewend kan word sodat die produktiewe kapasiteit van die land tot die maksimum benut word.”

Mabuza het gesê die ANC en die regering wil nie hê dat die implementering van grondhervormingsmaatreëls moet lei tot rasse-polarisasie of verdeeldheid in die samelewing nie. “Die grondhervormingsproses waarmee ons besig is hou geen direkte bedreiging vir die landboubedryf of die ekonomie in sy geheel in nie. Ons boere moet aanhou om hard te werk, om in hul plase te belê en om produksie te vermeerder, terwyl hulle terselfdertyd ʼn hand van samewerking na die regering reik om te verseker dat meer en meer Suid-Afrikaners deur georganiseerde en sistematiese toegang tot grond deel van die bedryf kan word.”

Adjunkpresident David Mabuza by die grondberaad in Limpopo wat deur Agri SA en Landbouweekblad aangebied word. Foto: Verskaf

Mabuza het die uitsprake van pres. Cyril Ramaphosa herhaal dat grondhervorming binne die raamwerk van die Grondwet gedoen sal word. “As die ANC ondersteun ons nie grondgryp-prosesse wat ten doel het om die ekonomie en die werk van die landbousektor te ondermyn nie.

“Ons wil diegene wat die sensitiewe en emosiebelaaide grondkwessie gebruik om Suid-Afrikaners te verdeel ontmoedig om dit te doen en hulle vra om op te hou om valshede te versprei dat ons wit boere deur hul eie regering geteiken word. Dit is ver verwyderd van die waarheid. Ons sal ons bes doen om die geraamde R460 miljard se beleggings in landboubates te beskerm sodat ons dit kan gebruik om nog groter beleggings na die sektor te lok.”

Mabuza het gesê die regering se benadering tot grondhervorming is gegrond op drie aspekte, naamlik vermeerderde sekerheid oor die termyn van eienaarskap, grondrestitusie en grondherverdeling. Hy het ʼn beroep op boere en alle ander betrokkenes in die landboubedryf gedoen om deel te wees van die oplossing om grondhervorming te laat slaag.

Die grondberaad duur tot môre.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Lize ·

Goed en wel om die grond kwessie sonder vergoeding te verdedig, maar die regering sê niks oor Trump se twiet met betrekking tot die plaasmoorde nie. Hoekom nie?

B ·

Hahaah – nou is die skoen aan die ander voet :)
(Verwysend na ANC sanksie veldtogte van destyds.)

Adrie Hoffmann ·

Produktief is die kern woord?? Is dit moontlik ??? Ek twyfel

Anoniem ·

Oops, kyk wie’s nou op Hulle agtervoetjies ! Beleggings kry klaar ‘n pakslae ! Niemand wil in ‘n 2de Zim belê nie !

Al ·

Die ANC praat met gesplete tonge. Hul staan nou nakend internasionaal en gryp angstig na verskonings en verduidelikings om hulself te bedek.
News 24 probeer Afriforum diskrediteer – siestog!
Die beeld van die Regering moet nou gepoets word deur hul puppets.

Meneer ·

Ek verstaan nie waaroor die bohaai is nie? As alles dan leuens is het die SA regering mos niks oom oor bekommerd te wees nie?
VSA het nie aangekondig dat hulle SA gaan aanval nie, net dat hulle die situasie in SA gaan dophou?

gatiep ·

Ja Meneer net soos jy daar se.
Dink die ANC dink wat hulle doen sien niemand raak nie.

Thinus ·

Tipiese reaksie van ‘n regering wat onkant gevang is. Hulle sal se wat die gehoor wil hoor en aan wie hulle die toespraak lewer om hulle heuning om die mind te smeer. Maar agter die skerms is hulle hard aan die werk met agterbakse planne. Hoekom se Ramaposa dan in die openbaar dat onteinening met vergoeding sal geskied nie. Hy sal nie want hulle weet wat hulle beplan. En om niks oor plaasmoorde te se nie, wys weereens dat die ANC plaasaanvalle steun deur dit te ignoreer. Ek hoop Amerika slaan die regering hard as hulle nie gehoor gee nie. Baie interresant wat hulle gaan wys word indien die Amerikaners plaasaanvalle gaan begin ondersoek. Wonder hoe die ANC dan op en af gaan spring.

Rynhardt ·

Mabuza,dit gaan vir u en Anc net daaroor om blankes van hu eiendom en voortbestaan te beroof.Ek sien baie plaas hul geloof in VSA,my geloof is nie in hulle of enige organisasie nie.Die VSA het n geskiedenis dat hy vennote in die rug steek!SA en wereld is besig om lelik onstabiel te raak.Onthou dat die SAKP en Anc is baie uitgeslape en weet hoe om ander lande te paai!!

Adam ·

Soos altyd leef ons regering in n Staat van ontkenning en kom die waarheid maar altyd uit Die liberale pers sal weer eens floreer op Trump se boodskap maar sal stil raak namate die verhaal ontvou maar soos gewoonlik sal hulle net soos die regering nooit erken hulle was verkeerd nie Hopelik is Amerika ons redding

Alicia ·

Ek reken die grond wat die beheerende ANC alreeds besit is heel wat genoeg vir verdeling. Hoekom plase neem? Want hulle wil wit mense uitwerp. Dit gaan nie oor grond ten volle benut nie want dan sou hulle die grond wat die regering reeds in besit het ten volle kon benut en verdeel. En dink bietjie hoe gaan elke “tribe” dan grond onder hulle verdeel kry as blyklik ons wit mense se geskiendenis boeke vol leuns is? Ek sien net n groot baklei oppad. Wat hulle nie besef nie is dat die wit mense die geskiedenis geskryf het as ‘n rekord, nou dink gou gooi daai dan uit. Beteken dit ook dat Engeland en die VSA en Spanje ook hulle geskiedenis moet uit gooi en land weg neem van mense en terug gee aan die gene wat verower is of selfs nomadies getrek het agter reen en vee en oorlag aan? Gits. hoe werk die tamaties?

Lappies ·

“Trump se twiet is oningelig en het ten doel om SA’s te verdeel.”

Almal wat grond besit sal se sit is die grootste BS en die wat nie grond besit nie, sal se dit is presies so…

Santjie ·

Ek sou ook graag wil weet hoeveel van die destydse mense aan wie die plase “verkoop” is, het wel geboer en die plaas in stand gehou?

Mattheus Zaaiman ·

Lappies, is jy op hoogte wat in wereld aangaan en hier in jou eie land? Word wakker!!!

Marius ·

Suid Afrikaanse regering julle speel met vuur moenie ‘n Leeu in sy hok steek met ‘n skerp stok as hy uitkom gaan dit nie mooi wees.
Hy gaan alles stop na SA kom ons kyk jy skop nie die hond wat jou oppas.

Linda ·

Grondhervorming moet plaas vind sodat die Regering kan bewys dat hul meer mielies, koring en groente kan plant OF die sogenaamde minderbevoorregtes vrek van die honger !!! Ja niks word deur die Regering oir plaasmoorde gese nie, omdat ons regering se grense oop is en ons buurlande se mense kom maak ons boete hier dood !!! Maak die grense toe en stuur die onwettige immigrante terug na hul eie lande toe waar hulle hoort !!! Meeste plaasmoorde en gewone moorde word deur buurlande hier in ons land gepleeg !!!!! Yrump is heeltemal reg en moet nou ondersoek en reuse sanksies teen Suid Afrika instel !!!!

Blommie ·

ONS IS tog so slim dat ons die belangrikste MIS, Press Trump het gese hy gaan die saak ondersoek… So hoekom se sy twiet is ONINGELIG… Hy gaan homself net ingelig maak met julle gretige onderduimse aktiwiteite dis al. RELAX……
NIEMAND geen INGELIGDE mens sal toelaat dat julle hulle geld UITPUT in belegings nie.
LMGA

Gertryda ·

Nou lag my dogter al die pad bank toe met die dollar wissel koers
Kon nie eens ncwerk in SA in onderwys kry nie
Nou werk sy oorsee en verdien 4350 dollars per maand
Hoop sy bly daar

Theresa ·

Fantasties – mal daaroor om te hoor van sukses (almal vat ‘n reuse kans om so ver weg te gaan werk) dus baie bly vir haar.

Hanna Hoekom ·

Ek werk ook oorsee nadat ek, as n gegradueerde, skaars n lewe in Suid Afrika kon maak. Ons raak opgewonde wanneer ons salarisse “styg” agv die swak rand, maar ook net so bekommerd oor ons geliefdes wat in daardie helhool vasgevang is en nou finansieel skaars kop bo water kan hou.

Ons Familie ·

Ons familie grond is jare terug deur die regering gekoop en aan die Lebowa groep gegee. Is jul verbaas as ek se daar is niks van die plaas oor nie. Net soos die citrus op Zebedelia wat nou weer in opbou is deur nuwe beleggers wat die grond huur van die regering. Jaag ons uit die land en wie gaan jul leer om te werk en op te bou. Vra maar net

Ray ·

Ek kan nie sien waaroor hulle so ge-afronteer is nie. Dis nie die eerste keer wat ander lande ondersoek instel of nader kyk na wat SA of enige ander land in die wereld doen nie.
Die SA regering het tog destyds ook in Zim hulle draai gaan maak en doen nogsteeds so in ander Afrika lande.

Meer interessant sal die vraag tog wees hoe is eienaarskap huidiglik in Amerika? Tog was hulle ook ‘n Kolonie in die begin jare en hulle ekonomie werk. Hulle het ook verander in ‘n Demokratiese land waar almal ‘n stem het. Ek het nie gehoor dat die Rooi Indiane Manhattan Eiland terug vra nie. Maar weldra is almal daar deel van die ekonomie. Persoonlik dink ek ons kan baie leer by lande wat Demokrasie ten volle aangegryp het.

Natuurlik sal daar altyd probleme wees, maar op een of ander manier/ tyd moet ons almal ophou vinger wys en begin saamwerk. Maar miskien moet ons so oud soos hulle word voor dit gebeur? Nog so 200 jaar?

Wa ·

Ai ai ai, se die poedel vir die rottweiler. Oningelig…….miskien want julle doen alles wat julle kan om die situasie in die land weg te steek maar nie meer vir lank nie. Trump het sy mense gevra om ‘n studie te doen van wat hier aangaan. Die wereld is besig om regop te sit met gespitste ore.
PS: dis nie hy wat die nasie verdeel nie……julle doen dit sommer self!!!

HESTER ·

Ek stem saam jou , ons het buitelandse hulp nodig om mense te verdeel nie. Die Regering het dit sommer self reg gekry. Ek wonder wat sal CR doen as hulle sanksies teen ons in stel.

Gerda ·

Die Here verhoor ons gebede Hy gaan Pres Trump gebruik. En Pres Trump is nie iemand wat gaan nonsens vat nie hy gaan net mening toeslaan.

Kriekie ·

Ek hoop hy maak deure oop vir Suid Afrikaners wat wil gaan. Ek kan nie sien dat hierdie kwessie in ons leeftyd uitgesorteer sal word nie. Northern Territories in Australië soek tans mense. So deure gaan oop.

Pieter ·

Kom ons wees eerlik met mekaar, SA is al van 1652 verdeeld.

Judge Dredd ·

Verkeerd – SA was lankal voor 1652 verdeeld, of verbeel jy jou dat die onderskeie stamme nie mekaar voorheen uitgemoor het?

SouthAfriTexan ·

Soos n stout kind wat bang is hy word gevang skarrel die ANC nou rond! Pres.Trump is een van die TOP leiers wat die aarde al geloop het. O Captain, My Captain!

Ronel ·

Sorry maar ek kon nie verby “Voedsel sekuriteit en verhoogde landbou produksie” lees nie. Wie try hulle fool?

Theresa ·

Ja. Leef hierdie mense met hul voete plat op die aarde of wat veroorsaak hierdie tipe antwoorde wat regtig ‘n mens laat snak na jou asem??

hoog tyd ·

Begin met sanksies teen SA.
Hoog tyd dat die ANC ‘n les geleer word.

Johann Fourie ·

Oeps nou kom partymense agter iemand anders hou hulle fyn Dop, nie waar nie ANC ?

Lana ·

Mabuza sê dat Trump se siening “ten doel het om ons nasie te verdeel en aan ons koloniale geskiedenis te laat dink”.
1. “Ons nasie” was voor Trump se twiet al so verdeel soos wat dit nog nooit in die verlede was nie.
2. Mabuza, kyk net na jou eie lyf. Die klere en die skoene aan jou lyf laat dink jou aan ons koloniale geskiedenis. Jy sal nooit daarvan wegkom nie.

Theresa ·

Netso. En moenie tee vergeet nie. Eg koloniaal.
Skink vir my ‘n koppie Boeretroos sommer nou dadelik.

Marius ·

Nou wat van die produktiewe plase wat reeds gevat is en in die grond bestuur is. Hoekom nie onbenutte grond aan hulle gee Om te boer nie. Dit maak net Nie sin Nie.

Mening ·

As hulle so graag die grond wil he moet hul tog seker bewyse gee dat die sekere grond wat hul wil he aan hul in die 1st plek behoort het. As daar geen bewys stukke is nie, Ons Afrikaners Wit boere het hard gewerk en met swaar geld die lande gekoop niks was vir ons gratis gegee nie. ANC weet niks wat aangaan nie. TRUMP PLEASE HELP !!!!

hendrik ·

Wat praat hierdie ou van Trump wat Suid-afrikaners wil verdeel. Die ANC is meesters op die’ gebied en doen dit al vir die afgelope 25 jaar.

PLP ·

Mnr Mabusa, my ou maat, met die baie moed. Kom ek se jou iets en jy hoef my nie eers te betaal vir die inligting nie. Kolonialisme het hierdie land gebou. Jou Zulu konings het net so veel grond gevat sonder vergoeding en nog gemoor daarvoor. Ek stel voor jy speel nie met Amerika nie. Jou regering is in n heeltemal te ligte gewig om met Trump skoor te soek.

Theo ·

Ons is nou opgewonde oor grondhervorming en plaasmoorde en dit is goed so maar wat van al die ander gemors waarmee ons moet saam leef. BEEE, SEB, kwotas, ens. ens.?

Theresa ·

Please come and do as you said.
It is most welcome by all (ALL) who feel that a lot of worse than ever things might happen as a result of the latest issues.
I for one, would love to see the so called successes by so called farmers who receive a farm in stead of buying it like it has been done for many years (and I suppose around the world)?
There should be no reason to take from others just to give to others.
People respect anything more if it is bought with respect.

PJ ·

Soos Dr. Pieter Groenewald gister in die Parlement gesè het cyril ramaphosa het vir roelf meyer en kie gemesmeriseer ek glo nie hy gaan dit regkry met Donald Trump nie

Judge Dredd ·

Maar hy kry dit reg met Agri SA – vetrou die liberale Afrikaner om sy eie mense in die rug te steek.

Paul ·

As ek reg het is dit die eerste keer dat ‘n politikus nie doekies omdraai nie en dit in die parlement sê, nou weet almal daarvan, die hele land, ek sal graag Roelf se reaksie wil hoor.

Ander Annie ·

Dear Mr Mabuza, can you please enlighten all South Africans about all the land that was returned to people who have lost their land as a result of discrininatory legislation? How many hectares of returned land are still sustainable and productive? Can you also enlighten all South Africans of what amount of taxpayer’s money was spent thus far on the land reform programmes of government. We would be thrilled to hear about the percentage of success rate.

PJ ·

Was hierdie david mabuza ook nie alreeds bespreek in Amerika se Wall Street Journal oor sy korrupsie toe hy een of ander Provinsie regeer het nie ?

Elvira ·

Baie baie bly dat hierdie kwessie nou so vinnig oor die wereld versprei. Die ANC het meer as 20 jaar tyd gehad om vir die mense wat vir hulle gestem het te help. Daar word baklei om President te word en daarom stroom die lee beloftes van hulle kant af. Nou moet die boere wat jare hard gewerk het daaronder ly. Daars baie staatsgrond. Gee vir elkeen n stuk.

Judge Dredd ·

Die ANC is nie my eie regering – Wanneer julle praat van ons mense – dan voel ek nie dat wit mense ingesluit word.

KP ·

Die ANC het al lankal begin om ons te verdeel. YOU ROCK TRUMP stop dadelik alle noodleneging en bevries buitelandse bankrekeninge groot asb.

Judge Dredd ·

Aangesien die ANC so verantwoordelik is – Dan kan hulle mos onteien met regverdige markwaarde, of hoe dan nou ?

Petro ·

Enige land wat in Suid Afrika wil bele moet sy of haar kop laat lees dit is net die Sjinese want hulle gaan nog eendag die land kom vat

Edd ·

Moenie jouself onnosel hou nie! Die mense soek HUISE en BLYPLEK! Nie plase nie! Hulle wil nie boer nie hulle soek dit wat deur hul regte moes nou gewaarborg is! So hou op om jul tyd te mors met produktiewe plase en sit daai grond wat jul tot vernietiging gewanbestuur het om in woonplek!

Awie Du Plessis ·

Mar Trump wil nog “ondersoek” dan spring hulle op die agter pote. Seker bang oor wat sal uitkom? Die anc regering noem nie eers iets van plaas moorde nie en bly stil daaroor. CR praat van “our people ” wat die blankes uitsluit. Dit is absolute mags vergrype ten koste van die blankes wat volgens hulle nie deel van die land is nie. En dan staan Agri SA hand om die blaas met hulle soos wat Roelf, Pik en FW gedoen het. Hulle is net so blind vir realiteit soos juju en sy mob. Ons blankes moet WEET en besef dat daar n regverdige Vader daar bo is wat al baie deur hierdie kommuniste en leberale gekoggel was. Hulle tyd kom en ons blankes moet glo en vertrou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.