SA regering ontken ‘geheime vergadering’ om Basjir te beskerm

Omar al-Basjir, president van Soedan

Omar al-Basjir, president van Soedan

Die regering het Maandag berigte ontken dat ministers in die veiligheidsgroepering ʼn geheime vergadering gehou het om die Soedannese president Omar al-Basjir die kans te gun om Suid-Afrika veilig te verlaat.

“Die regering ontken ten sterkste dat daar ʼn geheime vergadering in Kaapstad plaasgevind het deur die ministers in die veiligheidsgroepering, insluitend die minister in die presidensie en die direkteur-generaal van die presidensie,” het die regering se kommunikasie-afdeling GCIS in ʼn verklaring gesê.

Na bewering is die vergadering gehou om Al-Basjir se veilige vertrek uit Suid-Afrika op 15 Junie te verseker, ondanks ʼn hofbevel wat hom verhoed om die land te verlaat. Die internasionale strafhof het twee lasbriewe vir sy inhegtenisneming uitgereik in verband met oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom, en volksmoord in Darfoer in Soedan. As ʼn lid van die strafhof is Suid-Afrika verplig om hom in hegtenis te neem en oor te gee.

GCIS het reageer op ʼn berig in die Sunday Times dat die ministers by die Taj Hotel in Kaapstad vergader het, vyf dae voordat Al-Basjir geland het. Volgens die berig het ʼn senior regeringsbron met “direkte kennis van die vergadering” gesê daar is ingestem dat Suid-Afrika Al-Basjir op enige moontlike manier sal “beskerm” selfs al moet hofbevele geminag word en die grondwet ondermyn word.

Volgens GCIS steun die berig egter op anonieme bronne om die bewerings te maak. “Die regering bly toegewyd om die saak deur die hofprosesse af te handel,” lui die verklaring. “Die regering moet ʼn verslag aan die hof voorhou om te verduidelik hoe Al-Basjir die land verlaat het.”

Die Suider-Afrikaanse Litigasiesentrum, ʼn nie-regeringsorganisasie, het ʼn aansoek voor die Pretoriase hooggeregshof gebring om die Suid-Afrikaanse regering te verplig om aan sy verpligting teenoor die strafhof te voldoen.

Basjir was in Suid-Afrika om die 25ste Afrika-unie-beraad in Johannesburg by te woon.

GCIS het op 15 Junie gesê hy sal ondersoek instel oor die omstrede omstandighede rondom Basjir se vertrek.

Lees alle vorige berigte oor Omar al-Basjir op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

jacob se vyand ·

Verskoning onnodig man, julle sal mos nie iets so agterbaks en skelm doen. En die maan is gemaak uit kaas.

George ·

Wat kan ‘n mens verwag van ‘n regering met geen integriteit en ‘n verwronge waardestelsel? Outokrate wat demokrasie slegs voorhou as dit voordelig is. Hulle sal dit natuurlik ontken want hulle is nie gebonde aan hulle gewete nie.

Berhalet Beukes ·

Natuurlik ontken hulle dit. Hulle is te dom om te besef ons almal kan twee en twee bymekaar sit en weet wat die waarheid is!

nico ·

Ag moenie worry nie die regering gaan se dis sy tweeling boetie

Winston ·

Erken??? Wat is dit in SA se regering. Hulle erken absoluut niks en maak asof niks gebeur het nie. Onderskat heeltemal die mens se IK.

Franscois ·

SA loop met die hand om die blaas saam met die duiwel, dalk hou daar meer in vir JZ en sy comrades as net n klomp snert praat en giggle, wie weet wat alles agter geslote deur gepraat word, al wat ons moet doen is betaal en betaal vir weelde, en die massas is happy want ons kry KFC en T-shirt as ons wen!!!!!!!!!

Tienie ·

Ons sit met geweldige misdadige regering. Hulle voel duidelik nie n flenter vir die mensdom en so ook nie vir die mense van SA of enige wetgewing nie. Hulle dreun net voort en gooi dan hande in die lig!!! Hulle is n skande vir die land en sy mense!!

neelsie ·

Die magsbehepte Anc met Zuma aan die voorpunt is n beginsellose organisasie. Dit gaan oor MAG.
Ons moet wakker word!
Anc sal enigiets doen om die blanke te vernietig.
Die kapitalistiese geld word gebruik om n sosialistiese staat te stig (Ons belasting!)
Lees George Orwell se boek met die titel – 1984-

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.